6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -41 minutes ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -4 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Vaalpark

Johann L

Mon, 27/03/2023 - 07:27

Goeie môre Wessel, geniet die beplanning en die toer, dit is 'n goeie tyd vir blomme kykyes

Waar gaan julle wees tussen 23 Augustus en 1 September, ek sien geen plan van aksie daar nie?

Die beplanning geniet ek amper net soveel as die toer, veral sulke lekker lang ver paaie en draaie.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/03/2023 - 08:06

Môre Johann

Die beplanning is om Jongensfontein toe te gaan, dan Bellville toe. Ek het 'n suster in Bellville. 

 

Vaalpark

Johann L

Mon, 27/03/2023 - 08:34

Wessel, wat van Yzerfontein, dit is 'n baie lekker pleķ en die paaie is, so ver ek onthou, in 'n puik toestand.

Langebaan is ook pragtig?

Dit is mos tussen Rondeberg en Kaapstad?

'n Plek naby kaapstad is ook Ouskip, (Melkbosstrand) baie mense vergeet van die oord, seker omdat dit nie see uitsig het nie.

Of is die plekke nie op jou roete beplanning nie? 

Worcester

Wildehont

Mon, 27/03/2023 - 09:59

Ons het al twee keer by Yzerfontein, en drie keer by Jongensfontein gestaan in die laaste vier jaar. Ons het albei geniet, maar as ek een moet kies sal dit Jongensfontein wees. Uiteraard kan die weer ‘n groot rol speel, en daar is Yzerfontein meer beskut oor die algemeen. Die hele oord is agter ‘n duin van die see af. By Jongensfontein is net die staanplekke aan die regterkant langs die toegangspad agter ‘n duin.
 

As lekker weer voorspel word vir mens se besoek kan jy gaan staan waar jy see uitsig het, anders kan jy buite seisoen seker maklik genoeg plek kry by een van die staanplekke agter die duin. Wessel sal dit waarskynlik verkies, want daar is beter skaduwee. Maar einde Augustus kan die fronte nog deurkom…

Oor die algemeen is Jongensfontein se staanplekke meer ruim as Yzerfontein ook. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/03/2023 - 16:15

Ai tog mense, as jy gewoond is aan SANPARKE se effektiwiteit met besprekings, moet jy maar kners met die munisipale kantore se hulp.

Darem nou die aansoekvorm vir Jongensfontein gekry, maar ek moes ook maar weer vir Lizette bel.

Ek het plek gekry in Van Zylsrus, vir die verlangde datums. So dus ook nou uitgesorteer. Dit bly  gerieflik, want dit is net 7km van my suster se outehuis/aftree-oord. Ons sal vandaar op daguitstappies gaan.  

Brits

Wessel Strydom

Tue, 28/03/2023 - 09:30

Ons pad huistoe lyk nou as volg,

Van Kamieskroon ry ons Upington toe, slaap 'n aand by Oranjerus. 

Vandaar sleep ons verder om op Ritchie by Riverside oord te oornag. 

Dan gaan ek ou Grompie vrye teuels gee, roekeloos raak en die spoed so effe opstoot tot 104km/h op die klok, slaap weer oor by Aldam, en dan huistoe. 

Worcester

Wildehont

Wed, 29/03/2023 - 09:27

As ek so kyk is alles ‘n plek behalwe Jongensfontein. Ek moet sê, ek het nog nie gesukkel om daar plek te kry nie. Hulle is nie blitsvinnig nie, maar reageer wel op e-pos in my ondervinding. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/03/2023 - 11:03

Môre Len, en ander lede in DA-land.

Wat sal julle aanraai om van R300 in Bellville tot by N7 aan te sluit?

As oud inwoner van Durbanville het ek as volg gedink, gedagtig aan verkeer;

Ry in Paarl rigting op N1

neem Klipheuwel afrit en ry oor Klipheuwel tot in Malmesbury.

Sluit daar by N7 aan.

Hoor graag van julle

Irene

Grootwind

Wed, 29/03/2023 - 12:05

Geniet die beplanning van die toer Wessel! En onthou om te beplan vir tentpenne, die goed is soos glo soos 'n pofadder, lê doodstil gekamoefleer en wag om jou te byt. Verstaan hulle voorkeur byt area is voete!  Blykbaar ook geen teengif beskikbaar nie! devil

Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/03/2023 - 12:53

...is klaar. Alles is bespreek, en mooi volgens beplande datums. Al wat nog nie bespreek is nie, is die verblyf by Aldam heen en terug.

Verblyfkoste beloop tot hede R6947 vir 22 nagte oral in woonwa.

Ek sien nogal uit na die Namakwa onbekende.

Grootwind: Ons het reeds helder oranje poel noedel opgesny om oor penne te trek. Moet nog net 'n paar army-boots gaan bedel.laugh 

 

Florauna, Pretoria

chris dupreez

Wed, 29/03/2023 - 13:20

Hallo Wessel, gaan julle by die Goegap natuur reservaat op Sprinbok aan, dit is beslis iets om nie te mis nie. Pragtige blomme asook die tuin waar al die verskillende vetplantjies van die Namakwa uitgestal word. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/03/2023 - 13:26

Dankie Chris vir die info oor goegap tuin.

Ek sal beslis dan vanaf Kammieskroon soheentoe ry vir 'n uitstappie.

Om daar aan te gaan oppad Upington toe, met woonwa en al, gaan die dag moontlik lank maak.

Die inwonende regering het my net toestemming gegee om die heel laaste dag roekeloos te sleep. Al die ander dae sal ou Grompie maar in toomgehou word.laugh

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 29/03/2023 - 14:35

...................R300 na N7 : Ry presies soos jy uit die verlede onthou.

Ns. Die stadsverkeer is deesdae 'n nagmerrie.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 29/03/2023 - 17:55

Middag Chris B

Dalk moet jy jou Karoo datum vervroeg, dan kom kry julle saam met ons koel in die KarooNP. laugh

Ek het net te veel faktore gehad wat ek moes inpas met my blomme toer.

Wie weet dalk kamp ek, ander forumlede êrens met die toer raak.

Die res van my datums is as volg;

Jongensfontein: 24 tot 28 Augustus

Van Zylsrus- Kuilsrivier: 28 tot 1 September

 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 13/04/2023 - 15:33

... net om jou 'n idee te gee van die netjiese staanplekke by Kroon Lodge in Kamieskroon. Ek het die foto geneem toe ons in een van hulle kamers oorgebly het gedurende Maart 2019 - op pad Namibië toe. Ek het nie foto's van die ablusiegeriewe geneem nie, maar dit was uiters netjies.

Kroon Lodge

Brits

Wessel Strydom

Thu, 13/04/2023 - 15:39

Dankie Chris, ek het nou beter idee van mens se staanplek. As ek heel links kyk, wil dit voorkom of mens jou wa dwars voor die dak trek, en trokkie langsaan .

Ek gaan darem lekker beskut braai daar.wink

Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/06/2023 - 14:42

Middag Len

Ek lees julle wil toetslopie uitvoer in September. Oorweeg om dit te doen na Rondeberg-Clanwilliam, dan kamp julle saam met ons daar. Ek is bespreek van 1Sept om te vertrek 4 September.

Ander Kaapse forumvriende kan natuurlik ook dit doen.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus