6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Ons driehoek-toer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Soos reeds op ander gesprekslyne genoem, gaan die Boucher's op 'n "driehoek-toertjie" gedurende Mei. Ek noem dit 'n driehoek-toer omdat die beplande roete min of meer 'n driehoek vorm. Hier van die huis-af is dit eers so te sê reguit oos tot by Ebb & Flow by Wildernis. Daarvandaan noordoos tot by die Bergkwaggapark en vandaar so te sê reg wes tot by Karoo Nas Park alvorens ons suidwes-waarts terugkeer huistoe.

Ek tob nog die hele tyd of ek nie Bontebokpark ook by die toer moet insluit nie. Ons is vanaf  Sondag 7 Mei by Ebb & Flow bespreek waar ons vir al drie nagte 40% afslag kry. Sou ek egter die voorafgaande Vrydag- en Saterdagaand in Bontebokpark oorbly, gaan ek vol-tarief van R1 560 per nag betaal. Sou ek besluit om my 69ste verjaarsdag in dié park te vier, sal ek darem 40% afslag kry vir Donderdag 4 Mei. Terloops, ons kry vir 2 van die 3 aande by Bergkwagga 20% afslag en vir 2 van die 3 aande in Karoo ook 40% afslag.

Maar vandag sien ek toe op die forum "anderkant die draad" dat iemand navraag doen namens haar suster oor die moontlikheid om 'n vakansie-woonstel in Groot-Brak te adverteer. Om 'n lang storie kort te maak, ek het nadat die eienaar foto's en videos gestuur het van die woonstel, besluit om my 69ste in Groot-Brak te gaan vier. Ons is nou vanaf 4 Mei vir 3 aande bespreek in dié woonstel @ R800 per nag - darem aansienlik goedkoper as Bontebokpark en in 'n deel van ons land waarvoor ek baie lief is.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/05/2023 - 15:53

...onthou dat Chris B gesê het die staanplekke is na aan mekaar, en hy het mos 'n klein waentjie, wat oral inpas.laugh

Jou foto lyk vir my geheel aanvaarbaar.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/05/2023 - 15:53

...onthou dat Chris B gesê het die staanplekke is na aan mekaar, en hy het mos 'n klein waentjie, wat oral inpas.laugh

Jou foto lyk vir my geheel aanvaarbaar.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/05/2023 - 17:22

Ons het gou vanmiddag deur die kampeerarea gaan stap en plaas 'n paar foto's:

Bergkwagga

Kyk hierbo. Nie eens plek vir 'n voertuig tussenin nie.

Bergkwagga

Bergkwagga

En skuinserig en klein. Ja - daar is enkeles wat groter en meer gelyk is. Maar ag jou baie gelukkig om een van hulle te kry.

Die ablusies is baie netjies.

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

As mens nie so vol stront is soos ek om 'n langerige sinkplaat-gruispad te sleep met 'n 1993 padkaravan nie, of bereid is om selfs jou buurman se poep te ruik (nie net te hoor nie) - dan sal jy nie probleme ervaar om hier te kom kamp nie.

Ek geniet die park. Dit is geleë in 'n uiters mooi gedeelte van die Karoo. Ek sal beslis weer kom kuier, maar kampering hier is nie na my persoonlike (vol stront) smaak nie.

Wessel - jy behoort geen probleme te hê met jou Kavango op die gruispad nie. Moenie dat my fiemies jou afsit nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/05/2023 - 19:17

Naand my vriend

Daai ablusieblok is werklik spoggerig, ek sal tuis voel.

Die staanplekke in 3de foto lyk darem effe groter, en as wind reg waai, behoort mens nie mekaar te ruik nie.

Marie wil weet of jy al ander diere behalwe berg kwaggas gesien hetlaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/05/2023 - 19:19

Na aanleiding van 'n ander gesprekslyn t.o.v. primaatprobleme.

Hierdie is in ons wooneenheid opgesit. Jammer, ek kry nie die foto reggedraai nie - ek weet Johann Lock help graag hiermee. Kom dus in Johann - as jy hier lees.

Bergkwagga

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/05/2023 - 19:35

Ons het vanoggend van die mooiste Karoo-natuurtonele gesien. Ons het die 2 wyfieleeus kort buitekant die ruskamp gemis omdat ons die verkeerde rigting gery het (gewoonlik Chris Boucher se "luck of the draw"). Kennisse wat hier kamp het gister 3 maanhare by 'n "kill" gekry en vanoggend 'n bruin hiëna by die karkas. Ek wil so graag 'n bruin hiëna sien. Verder het ons mooi koedoes, elande en rooihartbeeste gesien afgesien van bergkwaggas en springbokke. O ja, en gister het ons 'n mooi klompie swartwildebeeste in die park gesien toe ons nog buite die park teen die grensdraad langs gery het.

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

Bergkwagga

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 11/05/2023 - 19:43

Ek het amper ‘n kwarteeu gelede net vir een aand daar aangedoen. Die geriewe was toe baie skraps en die staanplekke sommer net so op ‘n gras plato. Daardie kampterrein lyk amper soos Karoo NP. En die landskappe lyk pragtig. Ek hoop julle raak nog gelukkig met ‘n bruine voor julle daar weggaan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 12/05/2023 - 07:58

Môre Chris B

Dit is mooi daar, nou vir die dom vraag-----is daar olifante ook?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 14/05/2023 - 12:53

Waar begin ek? Waar ek my nou begeef - in 'n uiters nat en baie koue Karoo Nas Park - of daar waar ek Donderdag my laaste inset op hierdie gesprekslyn gelewer het?

Kom ek begin by Vrydag. Die rede vir my stilwees is omdat ons geen datasein Vrydag gehad het nie en gister die grootste deel van die dag op die pad deurgebring het.

Toe ons Vrydagoggend opstaan, was dit duidelik dat die weer aan verander is - soos wat voorspel is. Dit was bewolk en 'n geniepsige windjie het daartoe bygedra dat jy nie eintlik sonder die beskutting van jou voertuigkajuit of blyplek wou wees nie. Ons het die Rooiplaatsroete deeglik gaan verken. Volgens mense bekend met dié park, is dit die beste omgewing om die vuilbaarde te vind. Ons het mooi troppe swartwildebeeste en blesbokke gesien asook heelwat springbokke en bergkwaggas - maar die katte het ons ontwyk. En ek kan maar hier reeds noem dat ons gister die park verlaat het sonder om 'n bruin hiëna te sien. En terloops Wessel - daar is nie olifante in die park nie - wel leeus, jagluiperds, swartrenosters en buffels. Ons het egter net laasgenoemde twee se mis gesien.

Die weer was darem nog genaakbaar dat ek Vrydagaand nog 'n lamstjoppie en boerewors kon braai. Maar pas nadat ons klaar geëet het, het die wind sterk begin opkom. Die tekens was duidelik dat die weer besig is om dramaties te verander.

Toe ek gister in die vroeë oggendure wakker word, kon ek hoor dat die reën val alte lekker op die dak. Dit het die inpakkery in die bakkie gisteroggend 'n bietjie bemoeilik. Ons is daar weg in die reën. Die sowat 9 km gruispad tot by die R61-aansluiting was 'n gemors. Die erge sinkplaatholtes was vol reënwater en die pad andersins 'n grootskaalse moddergemors.

Ons het egter tot hier in Karoo Nas Park in reēn gery en dit het bygedra dat die bakkie nogal redelik skoon lyk.

My suster het vanoggend 'n foto van 'n wit-gesneeude omgewing tussen Aberdeen en Graaff-Reinet geplaas. Maar toe ons daar gery het, het dit net lekker gereën. Plek-plek was daar plate water in die veld, veral tussen Aberdeen en Beaufort-Wes.

Ons het hier arriveer in gietende reën, uitgepak in gietende reën met 'n yskoue wind wat vanaf die Swartberg se rigting kom - en gaan slaap terwyl dit nog eenstryk reën. Danksy die braai op die chalet se stoep kon ek braai sonder om nat te word.

Later 'n bietjie meer oor hoe die dag tot dusver beloop.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 14/05/2023 - 17:33

Dit het vanoggend steeds liggies gereën. Nadat ons ontbyt in die restaurant geëet het (dit is mos ingesluit as jy in die chalets bly), het Patricia by Ontvangs ons ingelig dat al die wild-besigtigingsroetes gesluit is - selfs Lammertjiesleegte. Meeste riviere in die park is in vloed en oral tuimel watervalle vanaf die middelplato. Die hoogliggende dele is steeds heeltemal toegetrek. M.a.w. - wat doen ons vir die res van die dag?

Na 'n draai deur die bykans leë kampeerterrein (dit is waar my hart mos maar eintlik is), het ons maar kom sit en lees voor die gasverwarmer in die chalet. Ek het intussen vir Armond Nel (veldwagter) probeer skakel om meer inligting oor die toedrag van sake te probeer kry - maar sonder sukses. 'n Mens kan ook net soveel lees. Ons klim toe maar weer in die bakkie besluit om te gaan kyk of ons enigsins die rivier agter die kampeerarea kan sien. Maar die battery-aangedrewe hekke is met kettings gesluit en ons kan op geen manier naby die rivier kom nie. Jy hoor net die dreuning van die water. 

Net toe ek weer deur die kampeerterrein wil ry, sien ek 'n voertuig van die "Interpretive Centre" af kom wat dit wel deur die rivier maak. Die persoon klim toe uit by die hek, sluit die slot oop en maak die hek met die hand oop, ry deur  klim weer uit en maak die hek toe. En so ontmoet ek vir Riaan Nel - Hoofveldwagter, met wie ek 'n baie aangename gesprek het. Hy deel ons mee dat hulle tussen 60 en 70 mm reën gemeet het by dié reënmeters waar hulle kon uitkom. Maar die vermoede is dat dit in die hoërliggende dele meer gereën het.

Alle paaie is as voorsorgmaatreël gesluit. Hy noem toe ook van 'n paartjie wat by Afsaal heeltemal afgesluit is - en hy weet nie wanneer hulle daar kan hulp verleen nie. Hy noem toe ook dat Beaufort-Wes se opgaardam, die Gamkadam, oorloop en 'n sterk stroom water kom by die park in en weer op 'n ander plek uit. Hy spreek die hoop uit dat die matte nie sodanig beskadig is dat dit weer 'n deurglipplek vir die leeus is nie. Volgens hom het 2 wyfieleeus 'n rooihartbees en 'n koedoe kort anderkant die personeelwonings-area gevang - naby die pad (en ons kan nie gaan kyk nie😪).

Toe ry ons sommer dorp toe met die primêre doel om gou die bakkie te gaan volmaak by die Engen Truck Stop. Op die ingewing van die oomblik ry ons toe sommer uit op die Loxton-pad wat vir kilometers al langs die pad se grensdraad loop. Ons sien toe waar die Gamkarivier die park ingaan - met die draadheining wat eintlik skuins lê weens die krag van die water. Ek het nie geweet dat Beaufort-Wes se Gamkadam ook in daardie rigting is nie. Watter gesig om die massa water te sien wat oor die wal vloei - ongelukkig té ver om 'n foto met my selfoonkamera te neem.

Toe ons terugkeer, sien ons dat Lammertjiesleegte is oopgestel. Ons kon dus darem daardie draai gaan ry en soek vir 'n bietjie wild.

Nou sit ons alweer knus voor die verwarmer en gaan net-nou 'n vuurtjie aansteek vir "pork rashers" en boerewors oppie kole. Ek het ook so pas gehoor dat die Boeing is oor. Dus sal die rooiwyn bietjie nader getrek word.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/05/2023 - 17:51

Naand Chris B

sjoe, ek hoop nou net nie al die wild en katte "surf" uit die park uit nie. Ek wil darem Augustus iets meer sien as hasie, skilpad en klipspringers.

Ook maar goed julle sit nie in woonwapark nie. Lekker toegerus met onderdak braaier, geniet die nat Karoo. 

As Bergkwagga sonder olifante is, is dit net die park so na my smaak.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 14/05/2023 - 20:03

Ek het ook so pas gehoor dat die Boeing is oor. Dus sal die rooiwyn bietjie nader getrek word.

Gelukkig is ons op die roete van Ksd lughawe af, so die vliegtuie kom al vroeg hier reg bo-oor ons huis.
 

Sjoe, dis lekker dat dit so reën. Nou nie as mens wil vakansie hou nie, maar vir die omgewing. Ek hoor PE (ek weier om die ander naam te gebruik) het ook goeie reën gekry. Hier by ons is dit snerpend koud. Winter het met ‘n hengse gejuig hier aangekom. 
 

Die weer is hier verby, so julle behoort darem ook binne die volgende twee dae verligting te kry. Geniet maar die stilte. Ons volgende vakansie is eers einde Junie. Na die ANC se jongste kapperjolle met die Russe sien ek glad nie uit daarna om die Prado weer vol te maak nie. Daar is net meer as helfte van die tweede tenk oor, so hier kom ‘n R4 000 rekening. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 14/05/2023 - 22:13

...............dit moes nogal 'n gesig gewees het om te sien, al die water in en om die Karoo Nasionale Park.  Ek hou so baie van die Lannertjiesleegte omrit en ons ry dit graag meermale as ons daar is, maar ons was nog altyd ongelukkig om interessante wild te sien.

Geniet julle verdere kuiertjie !

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 15/05/2023 - 08:25

.... behalwe vir 'n onlangse geval waar ons 'n swartrenosterkoei en kalf op die Lammertjiesleegte-roete gesien het, het ons ook nog nooit watwonderse wild op dié roete gesien nie. Ons het darem gister 'n rooijakkals gesien en baie volstruise, enkele rooihartbeeste en bergkwaggas sowel as 'n steenbokkie.

Dit is steeds swaar bewolk hier. Ek hoop vir die beste dat ons wel vandag die Potlekkertjie kan ry - want dit is ons laaste dag hier. Môre verkas ons Prins Albert toe.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 16/05/2023 - 21:18

Chris, hoekom so stil in Prins Albert ?  Laat ons 'n bietjie hoor van julle verblyf daar en waarmee hou julle julle besig, behalwe vir die niks-doen nie.

Is daar nog so baie restourante of het baie van hulle seergekry met die Covid-tydperk ?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/05/2023 - 09:29

Die Potlekkertjie Loop was steeds gesluit. Ons het dus die oggend verwyl deur gou ons "life saver" se gas te gaan aanvul in die dorp. Ons het die meeste gas ooit opgebrand met ons verwarmertjie. Ons het ook die geleentheid gebruik om 'n bietjie proviand aan te vul. Jy verstom jou hoe vinnig gaan jy deur jou rooiwynvoorraad tydens sulke koue weer.

Die namiddag bel ek toe gou weer vir Riaan Nel (veldwagter) om te verneem of daar dan geen manier is om wel 'n entjie van die Potlekkertjie Loop te gaan ry nie. Hy hoor toe seker dat hy nou met 'n redelik gatvol persoon (om ingehok te wees tot sy chalet) te doen het. Hy gee my toe toestemming om te gaan ry, want hy glo ek sal nie iets onverantwoordeliks doen nie. Ons moes die laagwatetbruggie wat lei na die Interpretive Centre gebruik. Die Fonteintjieskloofrivier het nog lekker gevloei oor die bruggie.

Karoo

So is ons toe met Klipspringerpas op tot by Rooivalle. Ek ons is verstom oor die wild wat ons kry. Kort-kort kry ons koedoes, sien rooihartbeeste, 'n groot trop bobbejane, 'n enkele vaalribbokram, dassies en Ralie se gunsteling nl. klipspringers.

Karoo

Karoo

Na vele besoeke aan dié park (ek en Ralie reken dit moet in die omgewing van 70 besoeke wees) het ek vir die eerste keer water oor die Rooivalle sien vloei - weliswaar maar 'n flou stroompie, maar nogtans iets om te aanskou. Daar sien ons toe dié voël wat my in verwarring laat. Ek raai dit is 'n onvolwasse bleeksingvalk, maar sal my forumvriend Chris WH, se inset waardeer om dit te bevestig al dan nie.

Karoo

Toe ons terugkeer bo van die pas af, draai ons toe regs om 'n entjie met die Potlekkertjie in 'n kloksgewyse rigting te ry. Riaan het die vorige dag vir my vertel van die twee wyfieleeus wat 'n rooihartbees sowel as 'n koedoe platgetrek het. Ons kom toe af op hierdie karkas wat amper lyk of dit dié van 'n volstruis is. Die omgewing om die karkas bestrooi gelê met volstruisvere. Nietemin, die rooijakkals het hom geniet.

Karoo

Dit was op die ou-end 'n heel suksesvolle rit wat ons danksy Riaan se toestemming kon geniet. Ons laaste aand in dié geliefde park van ons het voorgelê.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus