6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Ons driehoek-toer

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Soos reeds op ander gesprekslyne genoem, gaan die Boucher's op 'n "driehoek-toertjie" gedurende Mei. Ek noem dit 'n driehoek-toer omdat die beplande roete min of meer 'n driehoek vorm. Hier van die huis-af is dit eers so te sê reguit oos tot by Ebb & Flow by Wildernis. Daarvandaan noordoos tot by die Bergkwaggapark en vandaar so te sê reg wes tot by Karoo Nas Park alvorens ons suidwes-waarts terugkeer huistoe.

Ek tob nog die hele tyd of ek nie Bontebokpark ook by die toer moet insluit nie. Ons is vanaf  Sondag 7 Mei by Ebb & Flow bespreek waar ons vir al drie nagte 40% afslag kry. Sou ek egter die voorafgaande Vrydag- en Saterdagaand in Bontebokpark oorbly, gaan ek vol-tarief van R1 560 per nag betaal. Sou ek besluit om my 69ste verjaarsdag in dié park te vier, sal ek darem 40% afslag kry vir Donderdag 4 Mei. Terloops, ons kry vir 2 van die 3 aande by Bergkwagga 20% afslag en vir 2 van die 3 aande in Karoo ook 40% afslag.

Maar vandag sien ek toe op die forum "anderkant die draad" dat iemand navraag doen namens haar suster oor die moontlikheid om 'n vakansie-woonstel in Groot-Brak te adverteer. Om 'n lang storie kort te maak, ek het nadat die eienaar foto's en videos gestuur het van die woonstel, besluit om my 69ste in Groot-Brak te gaan vier. Ons is nou vanaf 4 Mei vir 3 aande bespreek in dié woonstel @ R800 per nag - darem aansienlik goedkoper as Bontebokpark en in 'n deel van ons land waarvoor ek baie lief is.

Worcester

Wildehont

Wed, 17/05/2023 - 11:43

Ek raai dit is 'n onvolwasse bleeksingvalk, maar sal my forumvriend Chris WH, se inset waardeer om dit te bevestig al dan nie.

Ek stem saam. Roofvoëls verveer ‘n hele aantal keer voordat hulle die volwasse kleure aanneem. Al is die lyf reeds so groot soos ‘n volwasse voël bly die kleure vaal vir tussen vyf en agt jaar by die groter spesies. 
 

Dankie vir die vertelling. Dis lekker om te lees, want al was ons nog net een keer daar het ons dieselfde paaie gery en plekke besoek. Dis moeilik om dit in te dink met al daardie water en selfs by Rooivalle! 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 17/05/2023 - 14:33

Met die koue wat nou reeds onder my vel inkruip en die krag wat baie dae vir vyf ure tydens kantoor ure af is, moet ek dalk ook in ‘n gas verwarmer belê. Klink of julle s’n hard gewerk het daar in Karoo NP. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/05/2023 - 15:48

Karoo

Ongelukkig lê die foto alweer op die sy. Ons gebruik dit al baie jare in ons badkamer tydens die koue wintersoggende, maar het geleer om dit saam te neem wanneer ons in die koue tyd van die jaar in vaste akkommodasie kuier. In die karavaan gebruik ons 'n elektriese waaierverwarmer. Maar met die huidige vlaag van beurtkrag mag die waaierverwarmer dalk van min waarde wees.

By die huis gebruik ons ook uitsluitlik gas vir verwarming - 'n paneelverwarmer wat vanaf 'n 9 kg gasbottel werk.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/05/2023 - 17:21

Ons het eers lekker ontbyt geëet in die restaurant voordat ons in die pad geval het. Omdat tyd aan ons kant was, het ons eers weer vir 'n laaste keer Lammertjiesleegte gaan ry. En ons was gelukkig om op twee verskillende plekke groepies van 7 elande elk te kry.

Omdat ons eers 14:00 kon inboek, het ons rustig gery. Eers gou by Leeu-Gamka ingedraai sodat Ralie weer 'n paar herinneringe kon opdiep van haar kinderdae. Hulle was lidmate van die NG gemeente Leeu-Gamka. Ek het darem self 'n paar eredienste en selfs 'n kerkbasaar daar bygewoon in my vryersdae. Pas nadat ons in Kleinmond ingetrek het, het ons eendag 'n koorsboom by die kerk se kwekery (wat nie meer bestaan nie) gekoop. Dié boom is sonder twyfel nou die grootste koorsboom in Kleinmond.

Nadat ons in ons gerieflike en netjiese Lekkeslaap-plekkie (Koppie Cottage) ingeboek het, het ons die dorp te voet gaan verken. Die mense wat jy raakloop is deur die bank almal vriendelik, maar seker 80% Engelssprekend. Ralie sê dat haar kinderherinneringe in Prins Albert is slegs dié van Engelse periodes in die skool. Engels was 'n rariteit in hierdie boere-Karoodorpie. Die dorp het verander in 'n ware toeristedorpie. Ja Len - hier's nog baie eetplekke en oornagfasiliteite.

Ons het juis vanmiddag by die Swartberg Hotel se bistro gaan eet. Hulle lamspastei is 'n wenner.

Karoo

Karoo

Daarna het Ralie gou haar ou skoolmaat, Das Olivier, eienaar van die dorp se bekende Karoo Slaghuis, gaan groet in sy besigheid wat grens aan die hotel. En weggestap met 'n klompie mahala droëwors.

Haar ou skoolkoshuis, waar sy haar volle 12 skooljare gebly het, het ook nostalgiese herinneringe opgediep. Ons het o.a. ook gaan inloer by Olienhof kampeerterrein - klein en netjies.

Een van die hoofredes hoekom ons hier is, is om te poog om haar grootword-plaas te besoek. Na drie ander eienaars sedert haar pa die plaas verkoop het, het die laaste eienaar die plaas aan die staat verkoop vir SEB-doeleindes. Met 'n hengse gesukkel kon ek vandag die reëlings getref kry om môre op die plaas uit te kom. Die hekke, wat andersins gesluit is, sal môre vir ons oopgelaat word. Ek hoop nie daar wag 'n onaangename verrassing op ons nie (soos wat ek al van ander SEB-plase gelees het).

Intusen het die mooi sonskyn-herfsdag plek gemaak vir bewolkte weer. Ons sit al weer knus voor ons "life saver". Vanaand is daar van Rietfontein padstal (tussen Leeu-Gamka en Prins Albertweg) se skaapwors saam met pap & sous op die spyskaart.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/05/2023 - 19:23

... dat die weer ons gaan toelaat om Vrydag oor die Swartbergpas te ry. Dan kan ek by Neef gaan inloer. Volgens YR wys hulle tans nie reën nie, maar indien wel sal ons eerder teerpad langs hou via Meiringspoort na Oudtshoorn. Maar dit sal lekker wees om Neef en Yvonne weer te sien na net meer as 'n jaar sedert die Herfsblare-saamtrek. Ai - waar's die ander ou lotjie van die Herfsblare-groep. Ek sal hulle darem graag weer wou sien. Ek dink aan Lapskag, Len, Wessel - en ja, natuurlik vir Neef (en hulle gades).

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/05/2023 - 19:49

Hierdie ongekruide ongespeseryde Herfsblaar sal DV in KarooNP wees  van 20  tot oggend van 24 Augustus.

Dit kan maar effe koel wees, maar net nie so nat soos nou toe julle daar was nie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 17/05/2023 - 20:33

................ek hoef jou seker nie te herinner aan die gevare van so 'n brander in 'n beperkte vertrek nie  -  veral binne-in 'n karavaan of tent.

Ons het net so 'n ene in ons karavaan, maar het dit nog selde gebruik.  Die elektriese kombers in die bed verrig darem wonders (as daar krag is !).  Ons kinders wat graag met hulle boswa kamp waar daar nie krag is nie, glo vas in outydse warmwater-sakke.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 17/05/2023 - 21:29

... dit word glad nie in die karavaan gebruik mie. Daar gebruik ons slegs die waaierverwarmer.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 19/05/2023 - 16:02

Karoo

Neef Herman in al sy glorie!!! Synde ons toe nie oor die Swartbergpas gery het nie a.g.v. reën die vorige dag - en dus nie knap by Neef se plaas verby is nie, is 'n ander plan gemaak. Ons het Meiringspoort-langs gery en Neef moes dorp toe kom. En dit werk toe net lekker uit dat toe ons in Oudtshoorn arriveer, is hy reg om terug te ry plaas toe. 'n Lekker koffie en 'n vinnige geselsie kon darem ingepas word.

Ek vertel verder van ons laaste dag in Prins Albert - toe ons wel op Ralie se pa se gewese plaas kon uitkom.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 19/05/2023 - 17:25

Jis julle manne lyk in 'n goeie kondisie. Duidelik het julle se vakansies wondere gedoen na siel en liggaamlaugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 19/05/2023 - 20:49

...............en na 'n jaar sien julle mekaar wraggies weer !  Herman, daardie baard en hare is amper al weer soos van ouds !

ChrisB, ek het gister op FB fotos gesien van rots en modderstortings in Meiringspoort, maar lyk vir my julle het dit darem gemis.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/05/2023 - 10:48

Ja Len, ons het gisteroggend in Prins Albert verneem dat Meiringspoort blykbaar Donderdag vir 'n tyd gesluit was weens rotsstortings. In die poort is twee "Stop/Go's" a.g.v. konstruksie aan die pad. Ons kon egter geen teken sien van waar die rotsstortings plaasgevind het nie.

Die rivier loop lekker en ons het, afgesien van die bekende waterval waarnatoe jy kan stap, 'n pragtige (baie hoë) waterval gesien wat bo uit die berg stort. Ons kon ongelukkig nie 'n foto neem nie, want ons was in 'n tou voertuie wat by 'n "Stop/Go" voorgekeer was en daar was geen stilhouplek nie.

Meiringspoort bly darem maar een van ons land se asemrowendste roetes.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/05/2023 - 15:18

Ons datasein hier in Oudtshoorn is baie op en af. Ek sukkel om foto's te plaas en sal dus weer probeer as ons môre by die huis kom. Intussen kan ek net sê - as oud-inwoner van Oudtshoorn is ek teleurgesteld in die onderhoud van dié dorp se strate. Mens kan amper glo jy ry in 'n Noordwes-dorp.

Ek lees die afgelope week dat ons dorp se munisipaliteit, Overstrand Munisipaliteit, is aangewys as die beste munisipaliteit in die Wes-Kaap. Ek dink 'n mens kan met redelike sekerheid aanneem dat dit inderwaarheid die beste munisipaliteit in die land is.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 20/05/2023 - 16:07

Daar is probleme, maar die hele dorp se strate is omgewoel met die "fibre" netwerk. Sommige gedeeltes nog nie voltooi  nie. 

Al waarmee ek baie te doene kry, is die ekektrisiteits afdeling, die lisensieërings afdeling,  voertuie en rybewyse, rekeninge afdeling, toetsgronde en ek verneem die hospitaal ook, is almal puik.

Of die tegniese kant tov slagggate nie die beste diens lewer nie, glo ek nie ons moet die hele dorp as rubbish afmaak nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 20/05/2023 - 20:08

Die hoofpaaie deur die dorp is in 'n goeie toestand. Maar die ander strate laat plek-plek veel te wense oor. Ek ken dit glad nie in my ou dorpie, of ander Wes-Kaapse dorpe waar ek gereeld kom, nie. Amper eienaardig om dit wel in 'n Wes-Kaapse munisipaliteit teen te kom. 

Nee, ek maak beslis nie Oudtshoorn as rubbish af nie. Ek's te lief vir dié plek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus