Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -1 minute ago
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago

Geert - KNP Trip 2023

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ons is gereed om te vertrek op ons KNP trip. Dit gaan wees Krokodilbrug, dan Lower Sabie, dan Satara, dan Skukuza en laaste Berg en Dal. 

Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 14/07/2023 - 10:08

Dankie Geert...,................vir die terugvoer van julle wiltuin vakansie.

Weereens bewys dat dit maar net regte tyd op regte plek is vir wild besigtiging. Geniet die tyd wat julle nog daar is en nog vele goeie besigtings want dan sien ons dit ook.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/07/2023 - 14:49

Daar het ek nou 'n staanpleknommer om te onthou vir indien ek plek kry in OnderSabie. Dit is wat forum mededelings so lekker maak. 

0
Pretoria

Geert

Fri, 14/07/2023 - 21:43

Hi Wessel. Ongelukkig kan mens nie spesifieke staanplek bespreek nie....1st come 1st serve basis. No3 sal miskien nie almal se gunsteling wees nie omdat hy bittermin skaduwee bied....maar vir ons pla dit nie, want ons is deur die dag heeltyd uit op wildsbesigting. Ons geniet no3 omdat ons kampeer setup sò kan maak dat dit baie privaat is vir ons en dis naaste aan ablusie, maar ver genoeg om nie almsl se badkamer gewoonte geluide te moet aanhoor nie

0
Pretoria

Geert

Fri, 14/07/2023 - 21:53

Ons het stiller dag ervaar, maar steeds 4 van Big5 kon sien. Ons het onder andere S36 naby Tshokwane gery, maar nie veel opgelewer nie. Luiperd het net buite Tshokwane 5 meter vanaf pad geslaap 8n langerige gras....so was nie moeite werd vir foto nie. Ons het 3x sightings gekry waar leeus op sand in rivierbeddings lê vir hiite.....vandag was koeler dag.  Was bietjie ver vir selfoon foto

Sommer n paar natuur fotos aangeheg

0
Pretoria

Geert

Sat, 15/07/2023 - 02:49

Dis hoe Donderdag 12 Julie se kaart gelyk het by kamp....dit wys hoe baie aktiwiteit wat daar was

0
Pretoria

Geert

Sat, 15/07/2023 - 03:03

Om terug te kom na Krokodilbrug toe. Hulle het ook daar n nuwe wasmasjien en tuimeldroeer en dan oues wat mooi opgepas is....almal in werkende toestand.

Dan die werkers in karavaanpark. Braaiers word vroeg leeg gemaak en dan kom hulle later met emmer met warm water en was rooster en braaier mooi skoon. Hulle is ook gedurig besig om staanplekke skoon te hard van blare. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 15/07/2023 - 06:17

Miskien moet daar nog n Kruger toer beplan word...... Die lekker lees en kyk maak dat ek dink dalk volgende jaar as die tyd gegun word om ou Jurg te haak en vir die Groot 5 te gaan soek.

Hoe gereeld kry julle Renosters, of word dit nie sighting-kaarte aangedui nie. Hier in Karoo N Park word hulle nie gemerk nie, inteendeel, daar word nie eers oor hardop gepraat van sightings nie.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 15/07/2023 - 07:58

Ek sien Neef Herman kry nou dieselfde gevoel wat ek ook gekry het en nou is ons ook gehoor om Mei'24 'n draai daar te gaan maak. Dalk met julle daar 'n draai kom maak saam met Len en Chris. Sorry Geert ek knoop jou draad so 'n bietjie, maar is 'n lekker opgewonde knoop. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 15/07/2023 - 07:59

... toe ek daai opskrif sien "Kyk daai plooie" - dog ek jy plaas seker nou 'n gesigfoto van jou.

0
Pretoria

Geert

Sun, 16/07/2023 - 04:20

Die garage is nog nie klaar nie. Ook nie gesien dat daar werkers was afgelope week nie. Wonder wie is verantwoordelik vir herbou en kostes daarvan....Sanparks of Total?

0
Pretoria

Geert

Sun, 16/07/2023 - 04:25

Daar is van hierdie stasies opgesit in Lower Sabie kamp. Skuus....sien stelsel het fotos weer 90⁰ gedraai

0
Pretoria

Geert

Sun, 16/07/2023 - 04:45

My jonger broer is tans by Maroela kamp en het gisteraand hierdie foto in kamp geneem

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 16/07/2023 - 06:46

Mooi foto van die Grootkol Musseljaatkat.

Vir die wat dalk nie weet nie, die grootkol se stertpunt is swart. Die Keinkol  Musseljaatkat se stertpunt is wit. Daar is nog ander verskille, bv op die kolle, maar nie so maklik om uit te ken nie. Pragtige diere.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 16/07/2023 - 07:48

Môre Geert

Julle sien omtrent mooi wild. Daai leeutjies lyk maar lekker bedremmeld, so asof hulle nat is.

Waar gooi jy brandstof in, moet jy na ander kampe ry daarvoor??

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 16/07/2023 - 08:11

Mooi foto's....................................en lekker om te sien dat wild besigtiging vir julle mooi loop. 

Soos Herman noem dit maak dat ons ander ook deel wil wees. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 16/07/2023 - 08:37

Neef is 100% korrek met die identifikasie van die muskeljaatkat op die foto. Ek wonder of die kleinkolmuskeljaatkat ook daar voorkom, want al my muskeljaatkat "sightings" saans in kampe was nog almal grootkolmuskeljaatkatte. Ek lees dat daar selfs 'n sub-spesie van die grootkolmuskeljaatkat erken word, naamlik die rooikolmuskeljaatkat. 

Hier waar ons woon het ek nog slegs die kleinkolmuskeljaatkat gesien. Ek het jare gelede gelees van 'n boer in die Overberg wat 'n muskeljaatkat doodgery het. Hy't gestop om seker te maak dit is dood en toe opgelet sy was dragtig. Omdat sy dood was, het hy die maag oopgesny en kon een kleintjie red. Ek het destyds foto's gesien van die "kat" wat hulle hans grootgemaak het en beskryf het as 'n wonderlike troeteldier.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus