6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -12 minutes ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -31 minutes ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -7 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -10 hours ago

Limpopo na Plettenbergbaai en terug

Vaalwater, Limpopo
Submitted by Josef Willem on
Forums

Goeie more mede kampeerders, my roete is uit gewerk maar is oop vir voorstelle en chalets wat sakpas is, gaan nie die keer kamp nie want dit is ver met die karavaan kanopie en die dae is min. my roete is soos volg:

Vaalwater na Bloemfontein of Colesberg Saterdag 22 Julie, 873 km

Colesberg by Merino Inn Hotel

Ek moet dalk in Bloem slaap dan is die eeste twee dae omtrent ewe ver uit mekaar.

Bloemfontein of Colesberg na Graaf-reinet of Aberdeen 23 Julie, 261 km

Aberdeen self catering.

Graaf-reinet of Aberdeen tot by Plettenbergbaai 24 Julie, hier gaan ek die Prins Albert pas ry. 285 km

Forest Gate Estate

Sal seker die Dinsdag of Woensdag Mosselbaai toe gaan vir die Boot Museum.

Harkerville Forest lodge.

Gaan die Vrydag die Quteniqa power van trein ry.

Plettenbergbaai tot Oudtshoorn 30 Julie, hier ry ek die Outeniqa pas of is dit nou die Monteque pas?,180 km

Weet nog nie waar ek hier gaan slaap nie.

Oudtshoorn na Drie Susters 31 Julie, Hier gaan ek die Swartberg pas ry, 300 km

Uitkomst Self catering

Drie Susters na Vaalwater 1 Augustus, 1136 km, sal dalk in Parys oornag.

Hoor graag julle terugvoering.

 

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/07/2023 - 12:00

Middag vriend

Jy wil nou rerig 'n mooi deel van die land aframmel!!! Paar opmerkings;

1] maak seker van Montaque-pas, dis die grondpad pas wat 'n nasionale erfenis/museum is. Outenikwa pas is die nuwe dubbelbaan teerpad wat jou Oudshoorn toe neem van George af. Eersgenoemde gaan jou tyd vreet.  

2] Gaan slaap in die Hel, net voor Swartbergpas. Volgende dag is jy naby Swartbergpas oppad Beaufort toe. 

 3] maak jou pad korter spronge van Drie Susters af huistoe. Slaap oor by Riverside in Ritchie as jy N12 ry. Of soek blyplek by Orania of Van der Kloofdam.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 18/07/2023 - 13:37

Josef, die pas wat jy kry vanaf Graaf Reinet, Aberdeen, Willomore, Uniondale waar jy links draai is die Prins Alfred pas.  Deur de Vlugt wat in Knysna uitkom. Halfpad in die woud draai n pad regs, "Kom se pad". Ry hom, die woud is pragtig, en kom aan die weste kant Knysna in.

Waneer jy van Plett af kom draai net na Knysna se Witbrug reg, eerste is Phantompas en ry die 7 passe tot in George. So ent buite George , op pad na die Outeniqua pas, draai die pad regs oor die Montagu pas by Harold, en die N 9. As jy daar links draai is die N12 Oudtshoorn toe net n entjie weg. Die is omtrent n hele dag se sight seeing.

Self sal ek vanaf Oudtshoorn Meiringspoort deur ry na Prince Albert, pragtige pad tussen die kranse. Die Swartbergpas vanaf Prince Albert dorp ry tot by die "Top", die mooiste deel. Jy kan verder aangaan en dan regs draai Gamka Kloof toe. Dit is ook n dag uitstappie heen en weer.

Geniet die beplanning. Ek ken die wereld hier rond taamlik goed, so vra maar.

 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Thu, 20/07/2023 - 14:37

Ek het n bietjie raad nodig,

Ek moet van Uniondale na Plett toe ry maar ek kan nie meer die Prins Albert pas ry nie, ek sleep nou n 6 meter trailer, enige ander voorstelle hoe om ek moet ry.

Uniondale - George - Plett?

Sodra ek die trailer af gehak het in Plett dan sal ek n dag spandeer om die Prins Albert pas te gaan ry en ook die 7 passe pad.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/07/2023 - 14:51

Middag JW

Kyk wat is die kortste, jou eie voorstel of;

Uniondale na Joubertna, na Kareedouw, dan Plet toe.

ek dink nie jy het baie opsies nie. 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Thu, 20/07/2023 - 14:57

Ek bekyk die kaart ook nou so en dit is of Kareedouw toe of George toe, sal maar sien as ek op Uniondale kom watter kant ek wil omry.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/07/2023 - 16:07

...kom ons kyk wat beveel Neef Herman aan.

Is daai sleepwa swaar gelaai??? Ek kan nie opinie waag oor die sleep deur Prins Albert pas nie.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Thu, 20/07/2023 - 16:14

Die sleepwa is leeg maar dit is n 6 meter lange wa maar dit is n dubbel as wa en weeg leeg 720 kg, so Prins Albert pas is verseker uit vir my met die Wa

 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 20/07/2023 - 20:47

Ry eerder George om. Die Prins ALFRED  pas!!! lw...pas is nie geskik vir sleepwaens nie, en tydsgewys dalk langer as om George om te ry.

Jy kan van Plett ry na Witterdift en tot by die Vlugt wat in die middel van die Prins Alfred pad sit tussen Unindale en Knysna. By de Vlught is n Forelplaas met lekker Cottages, ook n eetplek genaamd "Angies G Spot". Die wereld daar is vol paaie, en kan jou dae lank besig hou.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/07/2023 - 07:13

Goeie môre Herman

Ek sal nie my gat wip oor die teregwysing rakende die spelling van die oom se pas nie. U moet dan asb. daarop let dat die ander genoemde plek se spelling inderwaarheid UNIONDALE is. laughdevil Daar waar die spook met die truitjie in voertuie klim.

Daardie eetplek is seker lank vooruit vol bespreek, wonder wat is die "special" op die spyskaart. wink 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 21/07/2023 - 09:58

Nie die spelling nie, ons praat van twee verskillende passe. Ek glo om die rede dat jy voorgestel het dat Jan Willem die "Hel" moet besoek waneer hy die Prince Albert pas ry .devil

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/07/2023 - 10:06

....verwarrend die verskillende plekke/passe en die subtiele spelling verskille daarvan.

Ry mens agter die Prins Albert aan, kan mens dalk in Die Hel eindig. 

Soos die komma fout op die grafsteen;

Hier rus my vrou Griet, in die Hemel is sy niet, in die Hel dit weet ek wel.

Die komma moes eintlik voor die woord "niet" gewees het.   

Ek ry daai pad baie na my huis toe in Keurboomstrand, werk partykere van daar af ensomeer.

Beste en vinnigste en mooiste pad is N1 van jou af, reguit tot in Colesberg, draai af N9 en slaap die aand in Grafies. Koop vir jou lekker braaivleis by Chargo in Colesberg vir die aand. Ons bly altyd in Karoorus in Grafies want hy kan groot waens vat en is veilig, asook hondjies. Volgende dag na heerlike braai en rus slaan jy die pad na Plett toe, tjop, tjop.

En terug ry ons PE om, Cookhouse ens want dan staan ons vroeg op en klap die pedale, die stuk tussen Plett en Gearge kan nogal lank vat en jy maak redelik op met die N2 verbu PE want jy kan stoot.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Thu, 03/08/2023 - 14:41

Ek is veilig tuis,

Gaan op een van my vorige plasings nou weer vrae vra, het nou redelik baie inligting nodig, dink die plasing was tent, trailer of Karavaan.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus