Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -5 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -10 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -16 hours ago

Desember algemeen klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel  sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande. 

Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣

Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende

Brits

Wessel Strydom

Sun, 31/12/2023 - 17:18

....dankie vir jou klippie boodskap. Ek is maar te deeglik bewus dat ek nog net 1 klippie oor het. Gelukkig ken ek mense wat nog voluit lewe sonder daardie kosbare laaste klippie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 01/01/2024 - 09:43

Ek het die klippies ding in ‘n mooi lig gesien, nie bedoel om iemand te herinner aan hulle sterflikheid nie. Lg is wel ‘n gegewe. Die lewe is kort, mens moet dit geniet en die meeste daarvan maak. Mens weet ook nie hoe kort dit is nie. Lewensverwagting is net ‘n verwagting, nie ‘n waarborg nie. 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 01/01/2024 - 10:37

Aan die gang.

Herman, ek het ook gister die "peach flavourewd" Bavaria gedrink terwyl ons by my skoonsus was. Wou nie eers slukkie wyn vat aangesien ek nie wou moeilikheid optel oppad huistoe nie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus