Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -5 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -10 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -16 hours ago

Desember algemeen klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel  sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande. 

Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣

Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 24/12/2023 - 09:53

Ek het gister my pa gebel en my begeerte om hulle te besoek met kersfees gedeel.    Ons het toe saam besluit dat dit beter gaan wees as ek hier bly a.g.v swangerskap.

Nog een van die bekommernisse was dat my ma baie onsteld gaan wees as daar 'n vreemde man in haar huis is, want sy herken glad nie meer haar kinders nie...

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 24/12/2023 - 11:25

Dis baie moeilik om ‘n ouer te verloor. Baie sterkte vir jou en jou familie in die tyd. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/12/2023 - 11:43

....nadat ek jou inset hierbo, gedateer 21/12/2023 weer gaan lees het, is ek oortuig dat dit 'n gebedsverhoring was.

Ek glo dat jy en familie vrede in julle gemoed het, en mag julle vertroosting vind

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 25/12/2023 - 06:49

Stephen baie sterkte vir julle, mag die Here jul vertroos in die die tyd, nooit maklik om 'n ouer te verloor nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie.🙏

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/12/2023 - 09:39

Môre vriende

Julle moet nou so bietjie bykom, en begin gesels. 'n Paar is besig om bakkies in te rig, trekstange se hoogtes reg te kry, ander speel met knormoere, ander probeer hulle knormoere vermy en ons met Jan tuisbly se karretjie het niks meer interressant om te lees nie.

Ons het 'n nat Kersdag gehad, heerlike 45mm van gisteroggend tot vanoggend. Boonop was ek bederf met varkboud in prutpot, en bykosse. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 26/12/2023 - 11:19

Net ouma en ek, Giep en die 5 katte was hier vir gister se feesmaal. Soos van ouds. Gebraaide skaapboud met vars aartappels, gem squash, groenbone en rys met so olierige sousie.

Lyk my jy is beïndruk met neef se Afrikaanse woordeskat Wessel. Dalk is knormoer nou in onbruik? Dink dit is nou ń aansitter. Vir my is ń " aansitter" ń persoon wat voorgee dat sy slegte wyn lekker is.

In my dae was starter ń Knormoer, en cubby hole was mossienes!! Sal dink, daar was nog so paar kleurvolle name in die st 6 motor mekanieks se handboek. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/12/2023 - 12:33

Middag Herman, ek hou van my taal, maar is ongelukkig nie te gatvas daaroor nie.

As ons dit gaan afskeep, of verwater, gaan dit moontlik verdwyn. My arme een kleindogter is nou reeds blootgestel aan engels [1], pools[2] en dan eers afrikaans. 

Dan natuurlik die gebruik van idiome, dit loop so lekker saam met sarkasme. 

Ongelukkig het my 30 jaar in die kernbedryf, saam met meestal engelse kollegas, sy tol ge-eis en kom tegniese terme makliker as die afrikaanses. Klink ook beter voor dames, kan jy dink wat is die keurige woord vir "core box"!!!!laughdevil 

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Wed, 27/12/2023 - 09:09

So bietjie Useless info

2023 Nuwe lede (so ver)

 

141 nuwe lede

 

Per Provinsie:

Oos Kaap – 8

 

 

Gauteng – 54

 

 

Limpopo – 8

 

Vrystaat – 7

 

 

Natal – 5

 

 

Mpumalanga – 9

 

Noord Kaap – 1

 

 

Noordwes – 11

 

 

Wes Kaap - 28

 

VSA – 2

 

 

Onbekend - 8

 

 

 

 

Maand

Jan – 15

 

Feb - 9

 

Mar - 23

 

Apr - 14

May – 9

 

Jun – 13

 

Jul – 8

 

Aug - 7

Sep - 6

 

Oct – 8

 

Nov – 21

 

Dec - 8

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 27/12/2023 - 18:40

Besig om kamp te maak vir die oujaars kuier.  Jurgie vir my en ouma, en tente vir dogter en kleindogters. Die ander bring hulle tented saam.

Teen Vrydag gaan dit woelig raak, maar ons sien uit na die kuier. Verlede jaar se big bash het gesneuwel, en nou is dit opvang. Lam hang al, die inspuit marinde is 3 weke gelede gemaak.

6 voersakke wilde olyf houtskool gemaak vir die okasie. Nou moet ek ń dosyn Heineken 0% gaan koop vir die 6-7 uur braaityd. Anders bliksem neef om voor die lam reg is.

Kamp

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 19:22

Naand Herman, jis maar dit lyk sommer lekkerrrr en baie mooi daar. Jurgie blink soos laasjaar in KarooNP. 

Lieflike koelte vir tente en nog wat, MAAR jy moet die tente se stormseile oorsit voordat dit inreën by boonste lugluike.

Ek het ook die afgelope naweek maar Heineken 0% gedrink, omrede ek moes terugry van Pretoria af. dit smaak nogal baie naby aan die ware Jakob.

Geniet die samesyn

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 27/12/2023 - 20:43

Ons ou Chopper tent, is meer as 30 jaar oud, en nog nooit ń druppel in gelek nie. Dit is die ou stowwerige een links.  Die tent is nie rip stop canvass  wat se gram weave nie, nee, Heavy duty military forever grade.

Die tent het, ek dink seker al 6 voertuie oorleef, en neef raak skoon nostalgies waneer ek ons ou voetspore oortrap. Mamili, Kaudom, Miribab, Skedelkus, Sossus vlei, wie ken Dopsteek se aftrekplek ?

Moremi, Savuti, Chiefs Island, Kasane, Cubu Island. Drotsky's caves, Etsa 6.

En al die plekke naby. Gamkaskloof, Baviaanskloof, Zebraberg,  Net met die tent,

Zimbabwe, lake Cariba, Vic Falls. Zimbawe ruins.

Tent, Engel yskas en ń roofrack. Priceless.O ja, a goeie companion.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 27/12/2023 - 23:25

.............dit lyk sommer baie spoggerig !  Ek kan sien hier gaan dinge gebeur.  Moenie vergeet om ons ou klompie op hoogte hou van die gebeure daar by jou nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/12/2023 - 10:02

Môre Hennie

Ek laai die fotos sommer vir die mooi daarvan.

MP3

MP2

MP1

Volende keer Kaap toe, gaan ek poog om Seweweekspoort deur te sleep. Dalk is dit net so mooi.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus