Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -5 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -11 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -12 hours ago
Rona November 2026 Johann L -12 hours ago

Desember algemeen klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Kan jy glo, oor n maand sit ons al in 2024! Hoop hier is n klompie wat hul Desember kamp avonture gaan deel  sodat ons weer lekker oor kampeer kan gesels...iets wat bietjie skaars was oor afgelope paar maande. 

Desember altyd n duur maand vir werkgewers....basies 1-2 weke se inkomste met n 2 maande uitgawe....dis nou as daar bonusse uitgedeel word. Goeie maand vir werknemers....2 weke se werk, 2 maande se inkomste🤣

Hoop elkeen het n mooi feesgety saam met familie en vriende

Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/12/2023 - 08:29

More Hennie

Dis lekker vinnig gewees, wat het jy verkoop en waar ge-adverteer.??

Ek weet van 'n wa wat jy daar onder moontlik kan huur, indien jy dit so oorweeg. Hang natuurlik ook van die verkoper af, of hulle dit sou oorweeg. Laat jou gedagte gaan, dit was op die forum adverteer.laugh  

 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 21/12/2023 - 13:56

Ek het 'n Gypsey Raven gehad en sommer op FB geadverteer. My voertuig was binne 'n dag verkoop. (Chev Trailblazer 2017 2.5LTZ).

Sal onthou van die verhuring. Dankie

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 21/12/2023 - 14:27

Sit ek nou hier op my stoel in die Pretoria bedompigheid met 'n gedagte....

Pak 'n klein seil tentjie, stoel en tafel en slaapsak, gryp my hond en vat die pad Kaap toe om my ouers te gaan varras op kersdag.  Net ek en die hond en los vir vroulief en die kinders by skoonma-hulle op die plaas.

Of is dit nou moeilikheid soek?  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 21/12/2023 - 14:37

Hennie.....................................................ons het bietjie begin rondkyk in Knysna en Sedgefield terwyl ons hier is. 

Sodra ons noem dat ons kontant kopers is verander die agente se houding en sê ons kan heelwat laer aanbod insit. 

Een huis in ons prysklas geval ons nogal maar is nie haastig nie. Glo die regte een sal op die regte tyd kom. 

Gelukkig help ons besluit om eers te toer en die geld trek goeie rente in die bank. laugh

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 21/12/2023 - 15:00

Jan, jy moet nie George skeef kyk nie. Daar is pragtige stil voorstede, hanetree van see of Karoo, en als wat n groot stad het. Van lughawe tot uitstekende medies, goeie malls en spesialiteitswinkels net soos ń stad, maar meer gemslik.   Ons het baie jare in Knysna gewoon, die ou daw was bitter aangenaam. Ongelukkig gaan dit nou geweldig agteruit, ek het nog baie vriende daar, en hulle kla baie. Sedgefield het my nooit aangetrek nie, kan nie presies my vinger op die rede druk nie, ek dink dit het te min , wonder of daar n tandarts en Gp is. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/12/2023 - 15:28

moet nou nie bollie aanjaag nie. Daar is 'n tyd vir alles, seg die Prediker. Jou tyd is om nou by die huis te bly tot daai 2 dogtertjies hulle opwagting maak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/12/2023 - 15:37

Dit lyk so iddillies so langs die see af tussen bv Glentana tot by Mosselbaai, maar sekere dele is op gevaarlike laagtes en hellings gebou. as die groot reen kom, wil ek nie daar 'n huis besit nie.

Mens moet tyd spandeer om George, of dan enige plek deur te kyk. Moontlik is pryse effe laer in George self, sal nie omgee om daar plekkie te he wat berg toe kyk nie. Nou net nie Blanco nie.

Iets trek my na die kusgedeelte tussen PE en Oos London, seker maar die temperatuur.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 21/12/2023 - 15:52

Knysna?...................................................het lank genoeg in 'n plek gebly waar vakansie gangers die plek oorneem. 

Hier in Knysna is tans soveel verkeer en met beperkte strate vir deurverkeer is dit 'n nagmerrie.

Stap waar ek wil wees dit gaan gouer. 

 

 

 

 

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 21/12/2023 - 15:54

Wessel ek sal so graag my ouers gou weer wil sien.    My Pa word nou 82 en hy alleen sien om na my ma wat gevorderde dementia het saam met hulle aangenome gestremde dogter van 35 jr.

Ek het net vanoggend hier gesit en so gewens ek kan weer een lekker lang en diep gesprek met my ma hé, maar dit sal nooit weer gebeur nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 21/12/2023 - 16:10

.... ek was gelukkig om so 'n gesprek met my Ma te he, en gelukkig was sy by haar positiewe denke tot op 99jr 11maande.

Ek is seker jou pa sal verstaan dat jou plek nou by die huis is, en dan gaan wys julle die tweeling vir hom en die dogter. Ek dink hy veral sal graag die tweeling wil sien!!! 

Vasbyt, wanneer is verwagte datum, binnekort?? 

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Thu, 21/12/2023 - 16:44

Ja Anton. Dis moeilik.

My Pa is nou amper 85. Hy is al so 6maande bedleênd en het 4 weke terug massiewe beroerte gehad.Die spesialis het ook die aanvang van Demensia bevestig

My ma moes na amper 62 jaar se getroude lewe en 2 jaar na hom kyk die moeilike besluit neem om hom in Frail Care te plaas.  Die ou man lê net daar maar reageer niks nie en jy kan sien hy sukkel.

Dinsdag middag het hy weer beroerte en 'n hartaanval gehad en is weer hospitaal toe gehaas. 

Ek het vrede gemaak en gevra dat Hy hom liewers moet kom haal. Die ergste van alles is om my ma (nou 80) so te sien swaarkry maar nie moed opgee op die onvermydelike nie.

Wens ek kon nog weer net 1 keer sinvol met hom praat oor die Blou Bulle, die weer en golf

As jy moet ry, ry voor dit te laat is. (Wens ek het)

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 22/12/2023 - 06:06

Môre Anton, ons kan jou nie werklike adviseer nie, as dit ek was, sou ek deur ry. 

Hoe is Jonika se gesondheid en hoeveel tyd is daar voor die geskatte datum, neem dit in ag en bespreek dit met skoonma en Jonika.

My ma is twee weke na ek 'n spesiale trippie gemaak het om haar te gaan sien, oorlede. My pa is vier dae na ek ook vir hom gaan kuier het oorlede. My ma was maar 64 jaar en my pa 91 (amper dertig jaar van eensaamheid na my ma se dood)  vandag is ek so dankbaar dat ek daai twee trips gedoen het.

Net my siening!

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 22/12/2023 - 08:02

Sodra ons noem dat ons kontant kopers is verander die agente se houding en sê ons kan heelwat laer aanbod insit. 

Jan, dit is 'n feit. Die verkopers is dan bereid om te onderhandel.

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 22/12/2023 - 08:03

Môre Anton, hier stem ek saam met Johann, as dit is wat jou hart vir jou sê, bespreek dit met jou huisgesin en besluit dan saam. Dan besluit jy as hulle met jou saam stem. Ek besef dat dit nou 'n baie ongemaklike tyd is vir julle om saam te wees. Maak dit 'n saak van gebed, bespreek dit met hulle en as hulle jou ondersteun soos ek hulle ken en sal doen, veilig ry Mater. 

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Fri, 22/12/2023 - 08:32

Môre sê.

Lê ek al van 4 uur af en luister na die verkeer op die N3 Durban toe en dis Nag Nella. 

Hier by 06h00 was die verkeer al amper 2km opgedam by De Hoek. Baie bly ek is nie op die pad vandag nie.

As jy ry erens heen, wees veilig

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 22/12/2023 - 09:10

My pa was aan die herstel na ‘n operasie, en ons het verwag dat hy die volgende dag ontslaan sou word. Dit was in 2007, en ek het die gewoonte gehad om my selfoon snags af te skakel. My blyplek het nie ‘n landlyn gehad nie. 01:00 die oggend besef Eugene Marais hospitaal se nagpersoneel iets is fout. Te laat diagnoseer hulle erge inwendige bloeding, en ‘n uur of wat later is my pa oorlede.
 

My ma en sussie kon my uiteraard nie in die hande kry nie. Toe ek die volgende oggend my foon aanskakel kry ek eers hulle dringende boodskappe dat ek hospitaal toe moet kom, en toe dat my pa oorlede is. Gelukkig het ek hom die vorige dag besoek, en ons laaste woorde aan mekaar was dat ons vir mekaar lief is. Gaan gesels met jou ouers, mens weet nooit wanneer dit die laaste keer is nie. As die bevalling kom vlieg jy terug op die eerste vlug.
 

My sussie het oor die afgelope twee dae van Pretoria af gery na ons toe en sy sê die N1 is vol vragmotors weens Transnet se ineenstorting maar die klomp stop/ry wat ek verlede maand getref het is weg en die pad in goeie toestand oor die algemeen. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/12/2023 - 13:23

............is almal vanuit die oogpunt van 'n kind oor hul ouers, en waarmee ek natuurlik saamstem.

Maar as jy bejaard is en self in 'n erge mediese toestand in 'n hospitaal of elders lê of gelê het, is die verlange en behoefte na jou kinders om jou bed geweldig.  Selfs al is jy nie bedlêend nie maar die jare het al ver aangestap, dan is die nabyheid van jou kinders 'n baie groot behoefte.

Anton, los die tent en die kar-ry idee, bespreek 'n vlug en gebruik elke moontlike beskikbare uur om by jou ouers uit te kom en by hulle te kuier.  Jou ouers verdien dit.

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sun, 24/12/2023 - 08:55

Môre almal.

Na aanleiding van my vorige pos wil ek maar net sê dat dit die Here behaag het om my ou Pa vanoggend 02h50 te kom haal in die ouderdom van 84 jaar, 7 maande en 2 dae 😪

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus