Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -4 hours ago

Namibië toe

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek is nog besig om weer my voete hier by die huis te vind na die afgelope kort wildtuin-vakansie. Maar die beplanning vir die komende kort Namibië-trippie kan nie agterweë bly nie want dit is om die draai. Ek het skaars uitgepak en ek is al weer besig om my inpak lys agtermekaar te kry. Amper al wat bykom op die lys is paspoorte. Hierdie keer kan ek die 40 liter Waeco (wat intussen herstel is) saamneem, want ek kan maar net vir die eerste 4 aande vleis saamneem. Met Suid-Afrika se bek-en-klouseer status mag ons nie vleis oor die grens  neem nie (en ek wil nie kanse vat nie).

Ons vertrek (DV) op 20 April. Ons reisplan sien as volg daarna uit:

20 Apr: Donkieshoek (Lekkeslaap) - Calvinia

21 Apr: Kalahari Guest Farm - 51 km noord van Upington

22 & 23 Apr: Twee Rivieren, Kgalagadi Oorgrenspark

24 Apr: Plaas Kowes (Lekkeslaap) - 30 km suid van Gochas, Namibië

25 Apr: Casa Amico Mio (Lekkeslaap) - Windhoek

26 & 27 Apr: Quivertree (Lekkeslaap) - Swakopmund

28 Apr: Hudup Guest House (Lekkeslaap) - Maltahöhe

29 & 30 Apr: Villelodge (Lekkeslaap) - Lüderitz

1 Mei: Grünau Chalets - Grünau

2 Mei: Maskam Guest Farm (Lekkeslaap) - Vanrhynsdorp

3 Mei: Tuis

Ek sal seker maar eers na die toer kan terugvoering gee, want datasein sal seker maar 'n probleem wees aangesien ek nie oor "roaming" beskik nie en dit sal buitendien maar duur wees. My skoonseun en kleindogter was nog nooit in Namibië nie en my dogter was 38 jaar gelede laas daar. Dit is eintlik maar om hulle onthalwe dat ons die toertjie doen - en vir eers dan platsak is wat vakansie-begrotings aanbetref.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 21/04/2024 - 21:50

Die Windpomp

Die Windpomp

Ons is na ons Windpomp-brekkie vort tot Kenhardt. En daar het ons vir Oma Miemie gaan kuier. Ook nie 'n plek om te mis nie. 'n Fantastiese  (reuse) skyf wortelkoek en 'n lekker koppie Americano het ons krag gegee vir die 36° C wat ons vandag moes trotseer.

Oma Miemie

Oma Miemie

Daarvandaan was dit tot by ons aandbestemming vanaand - Kalahari Guest House & Farm Stall - netjies!! En 'n uitstekende gasvrou - Riana Loots. En hierdie kalahari-plaas beskik ook oor kampeerplekke. Lieflike plek!!

Kalahari

Kalahari

Kalahari

Kalahari

Kalahari

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 21/04/2024 - 22:19

Ons het in 2009 ook by Paul en Riana Loots se Kalahari Guest House gekamp  -  oorkant die pad by hulle kampeerterrein.

.

Met die uitkomslag het ons 'n bietjie in sand vasgesit en Paul moes ons met 'n stokou Isuzu kom uitsleep !

.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/04/2024 - 07:25

... is ons baie rustig. Ons het slegs sowat 150 km voor tot by Askham waar ons beplan om te gaan "brunch" by Diamond T - 'n lieflike ou restaurantjie waar ons 'n paar jaar gelede hulle tuisgebakte melktert geniet het. Daar sal ook diesel by die Agrimark vulstasie ingegooi word. Ek vermoed dit sal goedkoper wees as in Twee Rivieren. Van Askham af is dit 'n skrale 75 km tot Twee Rivieren waar ons buitendien eers 14:00 kan inboek - dus geen rede vir haas nie. Ons beplan om sommer ook ons paspoorte klaar te laat stempel aan die SA-kant vir Woensdag se ingang na Namibië by Mata Mata.

Ons staal onsself vir 'n paar dae van warm kry. Die voorspelling vir vandag en môre in Twee Rivieren is beide 34°C en Woensdag by Gochas 35°C. Donderdag voorspel YR darem ' 'n meer genadige 31°C vir Windhoek.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 22/04/2024 - 14:41

Na 'n lekker ontbyt by Diamond T Coffee Shop in Askham het ons in 'n byna onsmaaklik warm Twee Rivieren aangekom. Ek kom tot die slotsom dat April nog nie die aangewese tyd vir hitte-gevoelige sissies soos ek is nie. Gelukkig is die chalet heerlik koel, maar o donkie ek is bly dat ek nie tans hier kamp nie. Hier is nogal heelwat kampeerders in die skadu-arm kampeerarea.

Ai - hier sukkel dit weer om foto's gelaai te kry. Verskoon dus hierdie fotolose plasing. 

Ons beplan om teen ongeveer 16:00 'n "game drive" te vat.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 22/04/2024 - 14:52

Ons was in 'n Mei-maand daar. Oggende het begin op -3 C, en dan teen 11h00 het dit gestyg na 33 C. ek het nog nooit weer so 'n drastiese skommeling beleef nie.

Gelukkig 'n koelteboom gehad, met lugreeling.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 22/04/2024 - 20:03

Ek het 'n bietjie "leeswerk" gehad om in te haal hier, en is so dankbaar vir goeie nuus vandag. Die oornagplekkies, padstal/restaurante wat julle tot dusver besoek het lyk alles so gesellig. Selfs 'n hondjie het (soos die gewoonte julle tref) kom pose vir die fotolaugh

Die temperature waarvan jy praat is vir seker ook heelwat bo my gemaksone - egter nog 'n entjie van die 44C wat twee dommies (en ons dogter) eenmaal beleef het tydens 'n paar dae se tent- kampering in Rooiputs. Dit was Desembermaand.........

Geniet die res van julle vakansie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 23/04/2024 - 06:45

Die familie Boucher glo ek stellig sit op hierdie oomblik voor die hek. Reg vir ń wild rit. 

Genoeg rede vir my koffie om suur te proe. Geniet dit.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/04/2024 - 07:31

....daaraan dat hulle moontlik lekker gaan sit en skud en ratel op 'n sinkplaatpad.laugh

Wag so bietjie, teen die spoed wat ons vrind Chris in 'n wildtuin ry, ry hulle spreekwoordelik elke hobbeltjie af en op, amper soos Jan Spies se hond die grasspriete beruik het. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 23/04/2024 - 09:33

Ons het 'n draai gaan ry - tot Rooiputs en terug (gistermiddag dieselfde). Nog niks opwindends gesien nie, maar uitstekende voël "sightings" gehad. Beide gompoue en Ludwig se poue reeds gesien asook roofarende, bleeksingvalke en edelvalke. Die volstruise beleef 'n uitstekende broeijaar - ons het al vele broeipare met hul kuikens gekry. Rooihartbeeste is meer algemeen as wat ek met die suide van die park assosieer en gemsbokke en blouwildebeeste is ook redelik algemeen. Springbokke was nog maar skaars. Ook al 'n hele klompie rooijakkalse gesien - selfs een se vars spore vanoggend langs my bakkie voor die chalet gesien.

'n Entjie noord van Twee Rivieren is die veld plek-plek sommer wollerig groen. Die gras lyk amper soos 'n geilgroen koringland. Duwweltjies is goudgeel in die blom.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 24/04/2024 - 06:49

... vanuit 'n mooi grasgroen Kgalagadi. Vanoggend verlaat ons Twee Rivieren om later vandag by Mata Mata Namibië in te gaan. Ons het gister reeds die oorgrensformaliteite aan die SA-kant hier in Twee Rivieren afgehandel voordat ons op ons langer "game drive" (na 'n aanvanklike vroegoggend-rit) vertrek het.

Die katte ontwyk ons nog, maar wie weet - ons het nog meer as 100 km wat voorlê tot Mata Mata. Die mooi van die veld en die wonderlike voëllewe maak deur en deur op vir die gebrek aan daardie "dinge" wat ons graag wil sien. Ten minste het ons darem gister 'n groterige trop springbokke naby Melkvlei gekry. En die eerste keer wat ek 'n kleinswart ooievaar (by Kij  Kij) in dié park gesien het. Nog ' n eerste vir my was om 5 sekretarisvoëls bymekaar te sien.

Die Nossobrivierpad tot by Melkvlei is in 'n goeie toestand. Die kort duinepad is plek-plek maar sleg en die gedeelte van die Auobpad wat ons gery het ook heeltemal aanvaarbaar. Dus hoef ek nog nie die Hilux werklik jammer te gekry het nie. Dit mag dalk vandag 'n bietjie meer stamperig wees met die banddrukke wat noodwendig hoër moet wees as die 1.6 Bar waarop dit tot dusver was (ter wille van die vrag).

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 24/04/2024 - 06:59

Toe ons laas daar was, was die Mata-Mata pad 'n nagmerrie maar die beloning was groot met leeus en jagluiperds.  Hoop julle is ook gelukkig.

.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/04/2024 - 07:09

...in die boom. Oppad na Mata Mata is daat 'n boom aan die regterkant van die pad. Dit is net verby Auchterlonie se afdraai. In die boomstam is 'n nes uile, en soms is mens gelukkig dan loer hulle by die openinge uit.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 24/04/2024 - 07:25

Môre Chris.......................................................ons het nog nooit by Mata Mata uitgegaan na Namibië toe nie. Sal graag die padtoestand na Cochas en Stampriet wil weet. 

Dan kan ons die roete gebruik om eers by ons kinders in Gobabis aan te gaan in Augustus. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 25/04/2024 - 17:10

Ons is hier -in Windhoek.

Ons het gister maar 'n flouerige dag in die Auobrivier beleef. Algemene wild was maar skaars. Ons het darem 3 kameelperde en een mooi troppie springbokke gesien. Maar dit was nie die Bouchers beskore om katte in Kgalagadi te sien nie.

Ek was verstom oor Kamqua piekniekplek. Ons was in 2007 laas daar. Daar was destyds 4 groot kameeldoringbome wat lekker skadu verskaf het - en al vier bome is nou morsdood. Die atmosfeer van hierdie eens lieflike piekniekplek is beslis nie meer dieselfde nie.

Kamqua

By Mata Mata is die oorgrens-formaliteite gou-gou afgehandel. Die gruispad van daar af was so goed soos 'n teerpad - fantastiese oppervlak tot by ons bestemming - Kowes gasteplaas. Ek was verkeerdelik onder die indruk dat Kowes selfsorg was - wat nie die geval was nie. Maar ons gasheer en gasvrou (Piet en Christel Boltman) het vir ons eetgerei beskikbaar gestel sodat ons kon braai. Op die ou end het ons lekker by Kowes gebly.

Kowes

Kowes

Vanaf Gochas tot Stampriet was die pad 'n bietjie meer "uitgery" (ons gasheer, Piet Boltman se term), maar steeds lekker rybaar.

Na 'n vinnige Wimpy koffiestop en diesel-hervul in Mariental, het ons die pad gevat tot Windhoek, waar ons net na 15:00 by ons oornagplek (Casa Amico Mio) arriveer het.

Na 5 agtereenvolgende aande van braai, is daar besluit (op ouma en kleindogter se aanbeveling) dat ons vanaand gaan pizza eet.

Môre vat ons die pad Swakopmund toe vir die volgende 2 aande.

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 25/04/2024 - 21:11

Geniet die toer en drink asb ‘n Hansa draught namens my. Vrek lekker bier. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/04/2024 - 06:35

... ek het hoeka só gedoen ('n Hansa Draught gedrink) toe ons gisteraand gaan uiteet het. En ek stem saam - dit ís lekker. As ons in Hentiesbaai gaan hengel, stop ons gewoonlik by Windpomp 14 vir ons eerste Hansa Draught. En elke aand wanneer ons terugkom van ons dag se hengel af word die bakkie skoongespuit en die vis skoongemaak by die Skubbe Bar waar die droë kele verlig word met 'n Hansa Draught - of twee of drie. Ek wil juis môre gaan "brunch" by Windpomp 14. Net jammer ek het nie 'n visstok by my nie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 26/04/2024 - 06:55

ChrisB dankie.........................................vir die pad verslag van Mata Mata af. Ons gaan hom so ry in Augustus tot by Stampriet waar ons sal noord gaan tot by Gobabis. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus