Goeie dag julle almal wat nie saam op toer is nie, maar wat ook iewers 'n beurt gehad het of dalk weer ene gaan kry. Met die wat Len en Chris so baie gespog het om te kom toer het ek en Nellie ook die gier gekry om saam te kom toer en het toe ook so bespreek om op 'n paar plekker te kan kom kamp. Met die doel om vir Len en Chris Boucher raak te kamp.
Ons het toe bespreek en begin by ;
Malelane hek die 6de (reeds verby en kuier oor 'n wyntjie saam Len en Anetjie)
Berg en dal van 7Mei tot 12de
Skukuza van 12 Mei tot 19de
Onder Sabie van 19 Mei tot 24ste
Krokodil brug van 24ste tot 1ste Junie
Ons sal saam Len hulle kuier op Skukuza en wou saam Chris hulle kuier op Onder Sabie, maar toe kry die ver kinders voorkeur (wat reg is) en ons gaan nou maar alleen daar kuier. In Krokodil brug sal ons saam met swaer van Mosambiek kuier en hoop om dalkies 'n vissie te braai.
So hier is ons program vir die volgende paar dae en sal probeer om fotos by te sit sodra geneem is.
Heerlik gekuier. Hoop nie…
Heerlik gekuier. Hoop nie julle het te veel skade by die huis gekry met hierdie verspoelings in die Oos-Kaap. Veilig terugkeer huistoe.





Veilig reis
Ek het heerlik saam getoer en die vertellings en foto’s baie geniet. Julle moet aanhou veilig ry en die kuier by familie geniet.