Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -5 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -5 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -9 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -13 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -14 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -14 hours ago

Lapskag se Krugerwildtuin kuier toer

Jeffreys baai
Submitted by Lapskag on
Forums

Goeie dag julle almal wat nie saam op toer is nie, maar wat ook iewers 'n beurt gehad het of dalk weer ene gaan kry. Met die wat Len en Chris so baie gespog het om te kom toer het ek en Nellie ook die gier gekry om saam te kom toer en het toe ook so bespreek om op 'n paar plekker te kan kom kamp. Met die doel om vir Len en Chris Boucher raak te kamp. 

Ons het toe bespreek en begin by ;

Malelane hek die 6de (reeds verby en kuier oor 'n wyntjie saam Len en Anetjie)

Berg en dal van 7Mei tot 12de

Skukuza van 12 Mei tot 19de

Onder Sabie van 19 Mei tot 24ste

Krokodil brug van 24ste tot 1ste Junie

Ons sal saam Len hulle kuier op Skukuza en wou saam Chris hulle kuier op Onder Sabie, maar toe kry die ver kinders voorkeur (wat reg is) en ons gaan nou maar alleen daar kuier. In Krokodil brug sal ons saam met swaer van Mosambiek kuier en hoop om dalkies 'n vissie te braai.

So hier is ons program vir die volgende paar dae en sal probeer om fotos by te sit sodra geneem is.

Jeffreys baai

Lapskag

Mon, 20/05/2024 - 20:16

Hier is ek darem weer so op'n manier terug op die lug. Die netwerk hier in Ondersabie is maar vrotterig en is maar hier en daar. Maar ons kla nie en is lekker stil hier en die weer baie lekker.

Aan 'n gebrek aan verskillende wild kyk ons nou maar rond wat gaan op ander plekke aan en daarom die fotos van voeltjies en bome en so aan. Hier by Ondersabie is die olifante en kameelperde baie vrugbaar want hier is baie van hulle.

Ek plaas maar 'n paar fotos vir die wat daarvan hou en die ander kan ook maar kyk en dan verder lees.

 

 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 20/05/2024 - 21:27

Klink my die ou sukkel met die datasein in Onder-Sabie en het gevra ek moet die volgende namens hom plaas.

Lapskag

Lapskag

Lapskag

Lapskag

Lapskag

Lapskag

Lapskag

Lapskag

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 21/05/2024 - 09:02

Jou vertel en fotos se net oom paul se tuin bly n wenner geniet hom Lapskag

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 21/05/2024 - 14:39

Ook nie 'n paling nie, hulle is in die water. Die outjie was in die pad en iemand het hom raak gery. So mooi koper bruin kleur, maar so 'n bietjie plat gery. Beslis 'n slang gewees op sy tyd. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 21/05/2024 - 14:44

Baie interessant dat die seekoeie buite rond geloop het in die middel van die dag. Ons het een op die wal tussen die bome ook gekry, seker honger gewees. Die ander het in die rivier bedding geloop en party net in die son gelê. Ek ken nie die gedrag nie, dog hulle wy net in die nag oor die son hulle vel kaiings braai. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 21/05/2024 - 20:27

Sjoe, dit is weer 'n gespook en spartel om netwerk te kry wat werk. Wil 'n paar fotos laai maar kom glad nie reg op die rekenaar nie. 

Behalwe vir olifante en kameelperde is die ander wild maar skaars hier in Onder Sabie. Wel kat spore gekry maar geen katte nie. Die inligting bord noem dat 'n luiperd wel daar opgemerk is.

Dalk moet ek meer oplet in die klas. 

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 22/05/2024 - 07:06

As ek so na die fotos kyk is julle mos tog ook gelukkig om mooi wild te sien al is die katte skaars, net om in die natuur te wees is 'n swak dag beter as 'n goeie week by die huis.

Geniet die toer verder.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 22/05/2024 - 15:19

Oom Ollie het my nou al 3 keer gestop, saam met slurpie en trompettertjie, dan vra hulle met trane in hulle oë en so verleë glimlag, "Nou wanneer kom oom Wessel met die lap hoedjie en grompie vir ons kuier". Die klompie verlang regtig. Hulle loop so duskant oom lang nek wat ver kan sien en heeltyd oorvertel wat gebeur. wink

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 22/05/2024 - 20:20

Vandag was maar 'n stil dag vir wild hier by ons om Onder Sabie. Ons het maar Krokodilbrug se kant toe gery, piekniek daar gehou en koffie gedrink. Oppad soontoe kry ons 'n jong moeder met 2 kinders langs die pad met 'n pap wiel. Stop toe maar, keer nog 'n voertuig voor om te help kyk en ruil die wiel binne 6 min om, so 2 manne se samewerking. 

Opad terug, by dieselfde aansluiting, draai ons af op die gruispad en so 200 m verder kry ons 'n leeu wyfie in die droë rivier loop. Nou wonder ek waar was sy toe ons die wiel omgeruil het. 

Wat is die regte prosedure in so 'n noodgeval in die wildtuin, sonder om uit te klim, weet iemand? 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 22/05/2024 - 21:02

Nog iets wat ek opgemerk het nou in die wildtuin is hoe onoplettend mense kan wees, soek net die groot wild en mis al die klein dinges om hulle. 

Soos die groen wild kyk bakkies, ry amper die patrysie in sy kanon en ek wou hom nog afneem om mooi te bekyk. 'n Ander ou omie trap amper boop 'n akkedis, gelukkig sien sy vrou toe die akkedis beweeg en keer die omie.

Ek kan my maar ner verkyk hoe die mense optree, selfs stop of net jaag van punt A na punt B.

En dan die vuilgatte wat net stort en loop en sy modder voete net so los en of die wasbak vuil los. Dan moet ek byvoeg dat Onder Sabie ook maar laks is om mooi skoon te hou soos Berg en dal en by Skukuza. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 23/05/2024 - 07:27

Jy praat my taal Lapskag. Ons die klein goedjies is lekker om te soek. Kyk bv die Karoo N Park se " Potlekkertjie" ja die pas is daarna vernoem.  Ons het lank gesoek om een raak te sien. So groterige akkedis, en net so vaal soos due klippe waar hy wegkruip. 

Ander pragtige een is ń Lewerik met die kroos voetgangertjies agterna. Hulle is wragties so klein soos albastertjies. Te pragtig draf hulle op die lang dun beentjies.

Die gedrag van mense is hoekom ek nie graag in besige tye parke besoek nie. Die selfsug van dwars in die pad gaan staan by ń Leeu waarvan net die ore uitsteek, en so jou laat wag vir ń ewigheid om net verby te kom, is bitter swak gedrag.

Die vuil leef in ablusies is seker maar net dieselfde gedrag as tuis vir hulle. Skud maar die kop, en gaan soek ń mop.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 23/05/2024 - 10:11

Die gedrag van mense is hoekom ek nie graag in besige tye parke besoek nie. Die selfsug van dwars in die pad gaan staan by ń Leeu waarvan net die ore uitsteek, en so jou laat wag vir ń ewigheid om net verby te kom, is bitter swak gedrag.

Dis hoekom ons nie meer Suide toe gaan nie. Ons is genoop om in skoolvakansie te gaan, en ek sien eerder minder wild in die Noorde in vrede en geniet die stilte in die natuur as om my siel te versondig in die Suide. 
 

Ons is ook lief daarvoor om na alles te kyk, nie net die groot vyf nie. Dis hoekom dit so lekker was om staptoere in Botswana te lei. Jy sien wel die soogdiere (selfs die groot vyf) maar kan stop en luister en voel en ruik en kyk na al die ander wonders sonder die gedreun van ‘n dieselenjin. 
 

Geniet elke oomblik Mnr Lapskag!

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 23/05/2024 - 19:36

En so kom ons kuier op Onder Sabie ook tot op 'n einde. Môre skuif ons na Krokodilbrug toe vir die volgende week wat dan ook ons laaste been is in die wildtuin. Ons was maar rustig vandag, net melkskommel, wafel en roomys gaan geniet met 'n kort draai daarna. In die kort stokkie darem 'n mamma patrys gesien met 'n string kuikens by haar, maar heeltemal te vinnig oor die pad vir 'n foto. 

Laat middag die nodige afgeslaan en is reg vir vroeg tandeborsel, koffie en ouma Nannie se beskuit, dan kan ons dit pad vat Krokkies toe. Hoop vir 'n lekker staanplek soos wat ons nou gehad het.

Die klomp seekoeie hier by Sunrise dam kerm 'n hond uit 'n bos uit vanaand. Klink soos 'n redenaars vergadering. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 24/05/2024 - 11:05

Ag dankie Herman en kié, ek het geleer by die ou KNP kampeerders, hulle standaard is maar hoog. So ek probeer ook by hou. 

So het het ons vroeg koffie en beskuit gehad, tande geborsel en 10 oor 7 toe vat ons die pad krokkies toe. Moes eers langs die pad stop vir olifant brigade wat rustig is en veilig hier aangekom. So in die laaste kilometer heelwat wildebeeste, rooibokke en 3 jakkalse gekry. 

Lekker koelte staan plek gekry en begin opslaan. So terwyl ons besig is sien ek baie karre hier buite op die pad, maar klaar gemaak en toe gaan kyk. Tannie leeu het gou kom draai maak en toe weer geloop. Gaan inboek en toe sommer gou ontbyt aanmekaar geslaan. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 24/05/2024 - 11:28

vat ons die pad Rokkies toe

Iewers in die wildtuin? Ek dog jy sou Krokodilbrug toe "verhuis"?? devil 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/05/2024 - 11:40

....ek hoop jy het vir oom Ollie gejok, en gesê ----eers baie later sommer Augustus!!!!

0
Jeffreys baai

Lapskag

Fri, 24/05/2024 - 12:13

Jammer Chris, my vinger het so 'n bietjie verdwaal op die telefoon, sal mmy bes probeer om reg te tik. Ek was so opgewonde om goeie sein te hê,  dat ek nie gekyk het nie. 

Wessel, ek verstaan ou Kaspaas en Kees het afgeloer en vir oom Ollie genoem jy is oppad. Daar was groot vreugde gisteraand by die dam, oom Ollie was juigend gewees saam met die trompettertjie en seekoeie het ook lekker saam gesels. Hulle sê"mmin dae dan kom om. Wessel met die lap hoed kuier. 

Jy sal hulle maar vriendelik moet kom groet hoor. Ek kan mos nie vir hulle jok nie, sit dan voor in die kerk en hulle het mos ook 'n binneste. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus