So het Mei maand aangebreek. die maand waarna 'n klomp uitgesien het. Hoekom???? Ons is oppad na Krugerwildtuin toe!!!! Ander sleep weer KarooNP toe.
Kuier en klets gerus saam asb.
Ai toggie!!!
Ek het vir julle 'n laaang briefie getik en toe ek dit wou stuur was die sein net weg! Sal môre weer 'n poging aanwend (verkorte weergawe)
Verkorte weergawe (die spasie)
Daan het gister'n drs, afspraak gehad in Nelspruit. Die verwagting was dat hy vandag geopereer sou word, waarna ons dan môre weer huiswaarts sou keer. Ons het besluit om met my bussie te gaan en die twee aande by Benmari (nuwe naam nou) te kamp met eie ablusie. Bloedtoetse het egter anders besluit en die operasie is vir 'n paar dae uitgestel. So wie wil nou in Witrivier sit terwyl ons vir kampering ingerig is.......
Eet vanaand lekker skaap "ribbeljies" en groente sosaties. Vertel netnou verder......
Witrivier
Ek het daar gewoon vir ‘n tyd. 2002/3. Een van die meer as dertig adresse wat ek al gehad het sedert ek my ouerhuis verlaat het. Dis juis toe ek in die Krugerwildtuin gewerk het. Ek weet dus hoe naby dit aan drie van die hekke is. Numbi is net deesdae nie meer so lekker om te gebruik nie. Maar ek raai dat julle in Skukuza of Pretoriuskop is. Julle, die Strydoms en Bouchers kan môre saam by Afsaal brunch geniet. Ek kan nie onthou waar Maurits en Goeie Hout hulle tans bevind nie - dalk ook nog binne bereik?
Afsaal, Kruger Wildtuin
So van Afsaal gepraat, vandag, presies 'n jaar gelede op 7 Mei 2024 sit ons ou tweetjies en drink 'n melkskommel by Afsaal.
Ns. Jammer as ek dit al iewers reeds genoem het, maar hier is die bewys. :

Maurits in Kruger2025
Vandag het ons n pragtige maanhaar en wyfie op die teerpad buite Berg en Dal gesien. Ook 4 Bromvoels bymekaar gesien . Lekker ontbyt by Afsaal gemaak. Vanaand n Blou Kuif Loerie bokant my op n tak gesit terwyl ek braai.
Die res....
Kort na drie-uur gistermiddag stap ek toe by die parkeraad se kantoor op Nelspruit in. 'n Bietjie asem opgehou, maar is daar uit met 'n bespreking vir twee nagte - een in Malelane kamp en die ander, wat dan vanaand is, in Pretoriuskop. Soos 'n warrelwind deur die Spar en Tops, en ons was op pad. Met geen tyd te spaar nie moes ons nog hout en water kry in Malelane (dorp). Waarskynlik laaste in by die hek het ons twee minute laat in die kamp gekom - die rede: ons eerste dier - een van die mees bedreigde spesie!! Verder net nog 'n enkeke rooibokram gesien.
Die veraf gedreun van die suikermeule het nie gepla nie. Dit is net een groot lekkerte en voorreg om hier te kan wees. Alles ruik anders, smaak anders en mens kan nie genoeg daarvan kry nie. Iewers uit die weste het 'n leeu van hom/haar laat hoor - daardie "uh uh" geluid (weet nie hoe om dit anders te stel nie, maar jy weet waarvan ek praat). Bosveldnagte in die buitelug het geen gelyke nie (eie opinie). Wagter het nie kom groet nie.
Vanoggend.....
Vanoggend....
Lekker vroeg uitgerus wakker geword, reg om die dag aan te pak, toe ek besef my haardroër het nie saamgekom nie. Jare gelede was daar 'n uitdrukking "soos 'n ontploffing in 'n matrasfabriek". Dit was toe presies hoe my hare gelyk het. Hoe gemaak? Dorp toe, maar in geen toestand om by Clicks in te stap nie, tree ek die Chinese shop aan, en kom nogals reg ook.
Pas terug en nie ver binne die wildtuin nie, vang my oog iets wat taamlik vinnig aangestap kom langs die pad in ons rigting. Ry nader, en hier kom 'n pragtige luiperdmannetjie aan, oop en bloot. Ons het hom seker vir so 30m gesien stap voordat hy net skielik in 'n sloot weggeraak het. Kon ons geluk kwalik glo.
Teen een uur vandag het ons in die paar ure wat ons hier spandeer het dan ook reeds vier van die groot 5 gesien - leeu kort nog, ons het hom darem al gehoor.
Verder kon ons nog 'n nag in Pretoriuskop kry (môre-aand). Gaan probeer kyk vir meer, maar weet nie hoe lank ons geluk gaan hou nie.
SO: as ons 'n kuier kan reël, moet julle praat. Ek weet dis baie moeilik om 'n spesifieke tyd in die wildtuin vas te maak, maar môre kan nog vir ons werk. Kort kennisgewing, maar laat weet die plek en tyd, ons is in.
Magtag Rona, dis nie fair nie !
Hemel, julle is skaars daar en sien 4 van die 5 grotes !
Wow, geniet daardie vinnige trippie en maak dit sommer nog 'n langer een.
En moenie vergeet nie, ons wag vir daardie lank beloofde foto van jou bussie - en verras ons sommer met 'n foto van mnr & mev Du Plessis daar in die Wildtuin. Die twee van julle met in die agtergrond die bussie sal wonderlik wees.
Mooi Rona en Daan. Wys jou…
Mooi Rona en Daan.
Wys jou net hoe gelukkig mens kan wees om op die regte tyd en plek te wees.
Hoop julle kom reg met nog blyplek.
Voordeel van ‘n bussiehuis
Gelukkig het Rona-hulle nie ‘n vreeslike kamp wt hulle hoef af- en op te slaan nie. So as hulle nie in dieselfde kamp plek kry nie skuif hulle maklik na ‘n ander.
Dis sekerlik die meeste forumlede wat nog op een slag in die Krugerwildtuin was. Ek sien uit na ‘n foto van almal saam.
Wessel, julle moet ‘n haardroeër gaan koop by die Sjinese in Malelane. Dalk dop die katte dan uit.
Julle moet almal julle besoek geniet. Ek kyk deesdae maar YouTube video’s om my lus vir die bos te tem. Dit maak dit eintlik net erger. Oor twee maande is ons DV darem in Shingwedzi.
Een van my skoolvriende trek…
Een van my skoolvriende trek ook vanoggend in by Punda.
Rona...
... het jou gaan soek in Pretoriuskop. Seker so 11hoo daar gewees. Een massiewe MB ryhuis en kleiner ene met 4 wiele agter. Het n FS nommerplaat, en aanvaar dis nie julle nie.
Ook ontbyt ge eet by Afsaal, geen ryhuis gesien nie.Net 'n plaat groen toeriste trokkie gatvliege.
Probeer almal antwoord.....
Ek is jammer dat ons niemand van die forumvriende kon ontmoet nie. Dit sou ook 'n hoogtepunt van ons kort kuiertjie hier gewees het, maar ons laaste aand het nou eers aangebreek. Kampe in die suide is wat kampering betref "vol" bespreek, alhoewel hier vanaand ook weer 'n paar oop staanplekke is.....verstaan nie, maar nouja.
Die verloop van ons dag: ons het maar teerpad-langs gehou Skukuza toe, waar ons by ontvangs gaan vra het of ons vanaand se verblyf moontlik kan uitruil en nog 'n nag iewers kan kry - onsuksesvol. Daarvandaan is ons na Nkuhlu toe vir 'n geroosterde broodjie en koffie. Dit was vars en heel lekker - ek het my ook verstom hoe goedkoop alles op die spyskaart is. Ons het al 'n hele paar maal hier ons eie piekniek uitgepak, maar die ape is onhebbelik en laat my kwaai voel. Net toe ek gedink het dat ons hierdie keer geen waterbokke gaan sien nie, kom stap hulle so wei-wei op die wal by die parkeergrond verby.
So is ons groot 5 lysie dan ook vandag voltooi. 2x leeus gekry. Dit was ongelukkig nie "eie" leeus nie, maar die verkeer was heel ordelik. Weereens het ek my hoë bussie vreeslik baie waardeer. Met die baie lang gras kon mense met die platter voertuie niks sien nie. Ons het maar weer met dieselfde pad teruggery kamp toe (H1-1). So 100m voor die afdraai na die Shitlhave dam kry ons toe die grootste verrassing van die dag - 'n hele troppie (ek het 9 getel) Swartwitpense!! Pragtige diere. Ingedraai by die dam, en dit was lekker om die olifante dop te hou wat in die water baljaar.
Al was die veld baie ruig het ons steeds baie diere gesien - meestal dan ook in of naby die pad. Die gelukkiges wat langer kan kuier, maak die beste daarvan, en vir ander wie se vakansies binnekort om die draai is, die wildtuin staan nog, hier is baie diere en die veld en bome is iets om te waardeer, kom net!
Dis jammer.
Ongelukkig kon ons nie vandag Nkuhlu toe gaan nie a.g.v. 'n noodsaaklike medikasie-voorskrif wat ons in Komatipoort moes gaan kry. Dit het tot gevolg gehad dat ons vir Rona en Daan gemis het. Ek het só gehoop dat hulle 'n addisionele nag vir môre-aand kon kry - met die hoop dat ons mekaar in persoon kon ontmoet. Dit is, volgens haar mededeling hierbo, nie vir ons beskore nie.
Swartwitpense in die wildtuin tel vir my baie meer punte as enige roofdier. Hoekom is mense so ingesteld op roofdiere? Om baie van die algemene wild te sien is vir my baie meer bevredigend as om 'n lui leeu te bekyk wat lê en slaap.





Nou ja, ...
... dalk ontmoet ek nóg iemand van die forum. Klink na 'n baie geheimsinnige besigheid wat daar in Dullstroom beplan word.