Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -6 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -6 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -6 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -6 hours ago

Mei 2025 saamgesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So het Mei maand aangebreek. die maand waarna 'n klomp uitgesien het. Hoekom???? Ons is oppad na Krugerwildtuin toe!!!! Ander sleep weer KarooNP toe.

Kuier en klets gerus saam asb.

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 31/05/2025 - 10:05

se Pinot Noir verkieslik. Blonde kamermeisie ingesluit sal bonus weesdevil

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 31/05/2025 - 19:12

... ek vertrou Daan se prosedure sal net so suksesvol soos myne verloop. En jy mag maar piep en pamper. Ons manlike geslag voel mos gewoonlik baie meer siek. Kyk nou maar vir Ralie - met 'n verkoue sal sy nie 'n woord rep nie, ten spyte van die feit dat ek kan sien sy voel nie lekker nie. Ek voel weer na doodgaan en laat dit ook duidelik verstaan. Nou't ek al by ander getroudes gehoor dat dié scenario is nogal algemeen.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 31/05/2025 - 21:55

Sedert Salomien se eerste swangerskap toe dit aanbeveel was weens ‘n swanger vrou se swak immuniteit, kry ons en die kinders elke jaar ‘n griep inenting. Ons was gister vir die jaar s’n na dit vir weke uit voorraad was plaaslik. 
 

‘n Paar kennisse was al bitter siek die afgelope paar weke, en met ons Krugerwildtuin toer oor minder as ‘n maand wil ek nie hê een van ons moet hondsiek raak nie. Ek weet baie mense glo nie aan inetings nie, maar in ons amper 11 jaar hier het ek nog nooit so siek geraak dat ek nie kon gaan werk nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 31/05/2025 - 22:13

Baie dankie, ek is vol vertroue dat die operasie ook goed sal afloop. Oor die "algemene scenario" waarna jy verwys gaan ek liefs niks verder uitbrei nieindecisionlaugh

Gaan aan julle dink Maandag - geniet dan die laaste wildtuindag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus