So het Mei maand aangebreek. die maand waarna 'n klomp uitgesien het. Hoekom???? Ons is oppad na Krugerwildtuin toe!!!! Ander sleep weer KarooNP toe.
Kuier en klets gerus saam asb.
Kampmaters in die Kruger Wildtuin se............................
....................terugvoer is maar skraps deesdae - party probeer darem, terwyl ander lekka-slaap in Nelspruit tussen witlakens. Gelukkig kom dit ook tot 'n einde.
Laat waai weer asb manne !
Skoolreünie
My matriekmaats trek vandag saam vir ons vyftigjaar-reünie by Muldersdrift en ek kan dit nie bywoon nie - "sad". 'n Ontmoeting met Chris realiseer ook nog nie. Verstaan nie waarom dinge meermale seepglad verloop en ander kere is dit die een haakplek op die ander. Ai!
Rona, nou weet ek hoe oud jy is !
Ons matriek 60-jaar reünie was ook hierdie jaar en is in Pretoria gehou - ek was ook nie daar nie.
Ek is nou 78 minius 10 = ± 68 jaar !
Goeie berekening, Len
Ek was egter die heel jongste in die klas - laaste vraestel ook op my verjaardag geskryf - so trek nog 'n jaar af! "Spring chicken" met nog vele dinge om te moet doen, o.a. baie kampering![]()
Dan verjaar ek en Rona baie…
Dan verjaar ek en Rona baie na aan mekaar, en ook ewe oud. 17 geword tydens eindeksamen 11 November 1974. 68 volgende verjaardag.
1974......
Toe is my oudste kind al 1 jaar oud ! Julle is nog soos Rona sê, spring chickens.
Matriek deurgekom....
.....ek het sommer kortpad deur Robertson, na Stellenbosch gevat.![]()
Wes-Kaap bes kaap
Ek en die kinders het gisteraand Lanseria toe gevlieg waar Salomien ons kom haal het. Sy het Dinsdag al deurgekom. Haar pa is verlede week oorlede, en die begrafnis is vandag. Toe ons van Carletonville se kant af aankom, sê ek vir haar mens sal nie in die Wes-Kaap ‘n provinsiale pad in so ‘n swak toestand en van so ‘n swak gehalte sien nie. Sy sê toe ek moet sien hoe lyk die dorp.
Dit is iets verskrikliks. Mens vleg heen en weer om slaggate te vermy, en van die strate is so flenters dat mens nie meer met ‘n platkar daar kan ry nie. Ek is baie dankbaar dat die provinsiale- en plaaslike regering waar ons woon nog goed funksioneer. Dis ‘n skande dat party ander dele van die land so agteruit gegaan het.
Dis ‘n skande dat party…
Dis ‘n skande dat party ander dele van die land so agteruit gegaan het.
Jy behoort dit in elk geval jaarliks te sien met jou reis deur die Wes Transaal oppad Kruger toe. Jou skoonouers woon mos in Potch.
Dis waar, maar
Jy behoort dit in elk geval jaarliks te sien met jou reis deur die Wes Transaal oppad Kruger toe.
Mens vergeet seker maar, of dis nou baie erger. Ons het ook gisteraand met ‘n Polo gery, dis anders met die Ranger. Hier is egter strate wat nou toe is wat nie Julie toe was nie. Die hoë reenval help natuurlik nie.
Volgens Tshwanetoria se …
Volgens Tshwanetoria se (Action SA) burgemeester is daar glo nog net 5 slaggate oor in die stad wat reggemaak moet word...snaaks, ek het gisteraand van Centurion se kant af UP toe gery met Bothalaan na Fonteine sirkel se kant toe, orals is daar letterlik stringe slaggate, party duidelik onlangs opgevul, ander (die meerderheid) bloot net so gelos toe die sg "herstellers" kamtig die slaggate reggemaak het. mens moet seker dankbaar wees vir klein seëninge...Tshwanetoria lyk nog goed in vergelyking met my tuisdorp Vandervuilpark (onder Emfuleni stadsraad beheer)...strate waar ons as kinders resies gejaag het met fietse is nou meer grond slote en gate as teer....miskien moet ek myself ook as "vlugteling" na Trompie se land laat repatrieer? Bedoel mos dat soveel slaggate 'n lewensgevaar inhou![]()
Hoe verder jy noord wes…
Hoe verder jy noord wes beweeg hoe erger raak dit. Ons gaan baie Klerksdorp toe om vir skoonpa te gaan kuier en sien die agteruitgang. Carltonville is sleg maar magtig manne Klerksdorp se paaie lyk vreeslik. Nog verder wes Wolmeranstad en Lichtenburg nog erger. Sommige plekke is dit beter om aan die kant van die pad te ry want die grond oppervlak is beter.
So jaar of twee gelede was daar `n helse storie oor die hoofpad deur Klerksdorp wat in `n toestand was. die hoofroete is baie besig veral vir swaar voertuie vanuit die kaap se kant.
Ons eerbare Cyril moes daar deur en moes dit eerstehands beleef. Skielik was daar fondse om die pad te herstel maar dit is weer oppad na verval.
Ek sien dit nie gou beter word nie.
ChrisS............
...............my innige simpatie aan jou, Salomien en die kinders met die afsterwe van jou skoonpa. Ek vertrou julle sal die nodige vertroosting ontvang.
Wat die padtoestande daarbo betref, is dit ook maar nog 'n rede hoekom ons eerder op die N-snelweë vanaf die Kaap Wildtuin toe ry. Behalwe vir somtyds erge trokverkeer, is hierdie snelweë oor die algemeen in 'n baie goeie toestand.
Chris S....
..ek vertrou julle gesin en familie sal die nodige vertroosting vind.
Sterkte
Pilanesberg - paaie
Liewe land! Hoe op aarde moet mens daar ry? Ek het nie só lus om my bussie af te skryf nie. Die pad (teer) lyk vir my onherstelbaar - grondpad soos wat dit nog 60 jaar gelede was sal beter wees - of dalk ook nie, want in die reëntyd en met baie verkeer gaan dit lol. Ai, mens kan maar net wonder wat van hierdie wildtuin gaan oorbly met geen onderhoud.
Weet nie hoe Wessel nog diere kon soek as mens so op die pad moet konsentreer nie. Definitief nie op my wenslysie om ooit weer te besoek nie.
Pilanesberg
Alhoewel ek nog nooit in Pilanesberg oorgebly of gekamp het nie, was ek al vir 3 dagbesoeke daar in die tyd toe ons nog tyddeel by Sun City Vacation Club gehad het. Dié park kon nog nooit onder my vel inkruip nie. En as dit is hoe die paaie deesdae lyk, is dit onwaarskynlik dat ek ooit weer daar sal kom - "never mind" daar gaan kamp.





Ba’aka pigmeë
Dankie vir die Afrikaanse woord. Dit was ‘n wonderlike ervaring om ‘n dag saam met hulle deur te bring. Ons het vir vier ure gevlieg waartydens ons niks behalwe die reënwoud se bome onder ons kon sien nie. Toe land ons op ‘n modderige oop strook. Ons het ook een dag tussen ‘n trop gorilla’s gestaan wat deur navorsers gewoond gemaak is aan mense, en ek het al vertel dat ek twee dae in ‘n skuiling by Dzanga bai deurgebring het.
Op die dag saam met die pigmeë het ek saam met hulle agter op ‘n Landrover gery. Hulle het die heeltyd gesing (chant). In die reënwoud het hulle met ‘n baie lang net wat uit bas gevleg is in ‘n lang horisontale linie beweeg en aanhou chant. So het hulle ‘n blou duiker gevang en die klein bokkie opgewonde verdeel. Alhoewel hulle nog toegelaat word om so kos te versamel bly hulle in ‘n “dorpie” en is blootgestel aan Westerse klere en produkte. Selfs doer in die reënwoud het dit hulle bereik deur die meule wat daar gevestig is. Dis wat ek nou kan onthou, amper 20 jaar later.