Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -6 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -13 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -14 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -15 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -16 hours ago

Oktober saamgesels

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 02/10/2025 - 15:42

Ek het al ook Mazda, Volkswagen, Opel, BMW en.... en Jeep hehad. En n' Morris Minor 1956 en n' Triumph Spitfire 1959 ...my kar opbou projekte. Nou n' Pajero en n' Ford Fiesta en n' VW Caddy.

Ek vra so nou en dan as ek n' insleep diens (flat-bed) by n' plek sien...soos in die Kgalagadi of in Maun of in Kasane...wie is hulle beste kliente. Meeste het nog Land Rover eienaars genoem. Die een het tot "You only live one life - live it" op die kant van sy flat bed gehad.

Daar is geen twyfel en dit is verstaanbaar, Toyota is SA se most favorite brand en die een om te koop as jy besluitloos is. En wit is die kleur. Seeker mees prakties vir ons klimaat en stof. (my Pajero's is/was almal wit) Dan, Land Rover...die Kult kar. Ek het nog nooit een gehad nie (dankie tog) maar ek glo nie hy kan beter wees as n' Jeep nie. My Jeep het nie die werkswinkel tussen dienste ontduik nie....nooit nie. Behalwe vir die 10de radiator was dit altyd iets anders (diff bearings, head gaskets, over heating, air kon, remme, ens ens). Mar dit was een van die lekkerste karre om te ry. Hy het het jou die gevoel van "unstopable"ge gee. Soos n' tenk!

Na die Jeep het ek begin dink dat die Pajero op my pad gekom het om die Jeep se ondervinding te herstel.

Wat gaan ek na die Pajero koop......?

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 02/10/2025 - 18:07

... ek het alles gekanselleer vir die res van 2025. Ralie se gesondheid is nie wel nie. Sy sien weer 'n spesialis vir haar rugprobleme op 16 Okt en 'n uroloog op 22 Okt. Dit is die tyd wat ons in Karoo Nas Park sou wees (14 Okt - 4 Nov). Ek hou nog aan die Dwarswegstrand-bespreking vir Jan/Feb, maar het 'n groot mate van skeptisisme of dit sal realiseer. Só ook ons bespreekte bootreis in Apr. Ek kan nie met 'n ongestelde vrou sulke dinge aanpak nie. Ons is genooi om vlg Julie Noorweë toe te gaan, maar daar sal spreekwoordelike wonderwerke moet gebeur vir so-iets om plaas te vind.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 02/10/2025 - 18:23

Ek het in die vroeë 2000's 'n kollega (wat skielik oorlede is) 'n Colt 2.8 oorgeneem nadat my bestuurder my versoek het om dit te doen. Voor dit het ek 'n Ford Courier 2.5TD gery - 'n voertuig wat my uitstekende diens gegee het (so ook die Ford-agentskap in Somerset-Wes).

Die Colt was 'n lekker voertuig wat uitstekend gesleep het. Maar o donkie, die diens wat ek ontvang het van die destydse Daimler-Chrysler agentskap en die hond se agterent was pateties (ligweg gestel). Uiteindelik het die Colt sy "top gasket" geblaas - en die maatskappy het besluit om die voertuig te vervang.

Net die diens wat ek van die agentskap ontvang het (hulle was in daardie tyd 2 jaar na mekaar aangewys as die Daimler-Chrysler "dealership of the year) is ek terug na Ford toe. En ek het my voorgeneem dat (danksy die agentskap wat vandag nog Mitsubishi-produkte verkoop) 'n Mitsubishi-produk nooit weer die voorreg sal hê om in my garage te staan nie. Lekker voertuig gewees, maar ai .... as 'n agentskap jou laat voel hulle doen jou 'n guns om jou voertuig te diens.

Ek ry weliswaar nie meer 'n Ford-produk nie, maar ek sal altyd met lof praat van die agentskap in Somerset-Wes.

0
Centurion
Profile picture for user Pontius

Pontius

Thu, 02/10/2025 - 18:26

Hallo Julle,

Oktober vir my rof, besig om woonwa reg te maak vir kamp, het die a-raam cover afgehaal en is besig om die krake reg te maak, al sy ligte binne vervang met LED, nou nog net 2 x Hella plugs onder op die vloer, vir my alarms en buite ligte, nou nog net klaar skuur en raptor coat.

Nose

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 02/10/2025 - 19:00

Sterkte vir julle Mnr Boucher. Mag die oog gou herstel en ek hoop dit gaan beter met Mev Boucher se gesondheid. ‘n Vriend van my wat in Kleinmond bly en ook al aanstap in jare sê gister hy dink nie die menslike liggaam was ontwerp om langer as 50 jaar te bewoon nie. Die ou sukkel met sy gesondheid. 
 

Sterkte ook met die gemis wat die kinders se vertrek veroorsaak het. En met die weer. Ons het vir ‘n paar dae lieflike weer gehad maar die afgelope twee dae waai die wind verwoed. Dis baie onaangenaam. Vanaand drink ek maar die laaste van my bottel soetes wat ek vir die winter gekoop het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/10/2025 - 19:51

Chris B, ons vertrou dat Ralie deur daai toetse/ondersoeke sal seil, en sommer gou weer 100% sal wees. Daarna kan julle met lekker gemoedsrus weer begin kampeer ensovoorts. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 03/10/2025 - 08:01

Sterkte ChrisB met Ralie se toetse en haar ondersoek. 

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 03/10/2025 - 09:23

Goeie more Chris B.

Sterkte met die oog.  Seker weer gekyk waar ons nie moes nie.  Net n grappie.

Sterkte aan Ralie.

By ons is die afwagting ook groot.  Borskanker is in remissie en mamma moet die komende week gaan vir die toetse.

Sterkte aan die res.  Ons wil wil begin kamp.

Maar die Des/Jan kamp wag vir ons by Onrus.  Ek het aan mamma n vorrstel gemaak om einde Des 2026 by Strandfontein te kamp.  Ons oudste dogter is daardie kant van die wereld.

Enige iemand al oor Desember by Strandfontein gekamp.  Hoe is die wind...

 

Mooi naweek vir almal en ons hoop ons wen die Pumas...

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/10/2025 - 09:38

Goeie hout, praat jy van die park in Lutzville en Doringbaai omgewing.??

Daai staanplekke ondern in die A-blok is maar klein, dus opmekaar. Ek het so 'n draai deur die perdeskoen blok gery, en dit lyk nie juis groter nie. Terwyl ons daar was, het omtrent die helfte van perdeskoen se privaat-ablusies nie warmwater gehad nie. 

Ek dink mense vertrap mekaar daar oor 'n Desember vakansie. Boonop gaan al daai vakansiehuise ook propvol wees. Dan moet jy onthou, daar is GEEN noemswaardige winkels in Strandfontein nie. Ek het R30 vir 5l water betaal.  

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 03/10/2025 - 10:19

Ons kon Desember nie inkom nie en het toe by Lamberts Baai munusipaale kamp gekamp. Ons het well gaan kyk na Die Perdeskoen Kamp in Strandfontein en ook langsaan Matzikama Municipality Caravan Park, dit was stam voll en op mekaar. Ons het Lamberts Baai kampeer baia geniet en was bly ons kon nie by Strandfontein in kom nie.

Laberst Baai kamp het baia (300+) staan plekke en waar ons gestaan het was dit beskud teen die wind. Strandfontein is op n' helling en dus gaan die wind uit die weste all die staan plekke by kom.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/10/2025 - 11:25

Om aan te sluit by Paul, die Perdeskoen kamp waarna hy verwys is ook deel van die Matzikama munisipale woonwapark. dit bestaan uit 3 dele,

1]die A-blok onder letterlik teen die see. Die helfte het privaat ablusie en die ander ry gemeenskaplike ablusie. 

2] die T blok, dit lê tussen die huise met die onderpunt wat met trappe aansluit by die A-blok.

3] die Perdeskoen blok, bo teen die heuwel, in terasse wat in hoefyster vorm uitgelê is.

Minste wind, seker die T-blok. 

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 03/10/2025 - 11:46

Ek dink Lamberts Baai agter in die kamp het die beste beskerming teen die wind. Heel voor op die strand gaan jy weg waai as die wind van die suidwes tot noord wes kom.

Strandfontein is op n' helling so die wind uit daai rigtings gaan jou roer.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/10/2025 - 12:36

Paul se foto is in die Perdeskoen, myne hieronder is gedurende September [buite seisoen] geneem in die A blok. ek het op A12 gestaan, met eie ablusie. Die voorste leë ry is die reg voor op die see, met gemeenskaplike ablusie.

Die ry staanplekke  in A-blok, met eie eie ablusie, het ook hier en daar lekker koelte bome. 

Die trappe links van my Kavango gaan na die T-blok tussen die huise.

A12

voor

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 03/10/2025 - 13:17

Ons was net een keer daar einde 2020. Het in die T-blok gestaan en huis toe gevlug Oujaarsdag. Dit het te veel geraas in die huise weerskante. Die ablusie was ook vrek besig en nie in ‘n goeie toestand nie. 
 

A

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 03/10/2025 - 14:13

Hartenbos is net so gahos in Desember. Jy kan nie glo daar is so veel woonwaens in Suid Afrika nie. Ons het by Outeniqua Woonwa park gestaan. Dit was beter.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/10/2025 - 07:25

Dit lyk my almal is vreeslik besig oor 'n naweek. Chris S kan verskoon word, hy is hopenlik lekker oppad na sy Namakwa bestemming.

Almal is ook doodstil oor die rugby, en telling. Wonder hoekomwink

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 05/10/2025 - 11:20

Ek het genoeg sport gekyk die naweek....eers die krieket T20 tussen Aus en NZ, toe rugby tussen Aus en NZ, toe Bokke-Puna game en laastens Bulle teen Leinster.... Leinster wat laasjaar net 1x wedstryd in URC verloor het, het n swak begin hierdie jaar....1ste 2 al verloor. Die Bokke game was spannend aan einde, as Argentinie daai maklike strafskop 3 minute voor eind tyd oor geskop het, het Bokke 2de ge-eindig....bokke het weer te veel foute gemaak. Arg het hard gespeel en verdedig

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus