Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -5 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -11 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -12 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -13 hours ago

Oktober saamgesels

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.

Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Wed, 08/10/2025 - 08:03

Waneer die tracker (sy battery) oud raak begin die systeem alhoe meer staat maak op jou kar se battery. Waneer sy battery nuut is verskaf hy die krag en laai net van die kar. Laater werk die tracker van die kar se battery. Dit is seeker moontelik om so elke 3 jaar die interne battery te vervang?

Ek het my Jeep sin uit gehaal en toe kan die kar vir maande staan sonder om die battery pap te trek.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/10/2025 - 22:33

Geniet julle naweek by Wagondrift. Hoop julle het 'n goeie pad en dat die weer gaan saamspeel. Sien uit na foto's.

0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Thu, 09/10/2025 - 15:59

Ok hulle het hom gekry en hy is verwyder. Nou kan ek met gemoedsrus rond ry en die battery sal nie meer pap word nie. No more tracking reports to their satelites.

Die outjie het vir twee uure gesoek en naderhand n' vriend by hulle tracking kantoor gebel.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/10/2025 - 17:01

Ek wens ek kan ook ontslae raak van die 2 in my Hilux. Jy moet ook gereeld beweeg, of jy moet verslag doen dat die voertuig veilig is. 

Ongelukkig sal ek 'n ander trokkie moet koop om dit vry te spring. Sukkel om die fyn detail uit SANTAM te kry, rakende watter het nie opspoorstelsels nodig nie. 

Blykbaar is dit 'n faktor van fabrikaat, van prys en of dit 4x4 is. As voorbeeld;

'n 4x2 Triton hoef dalk nie te hê nie, maar die 4x4 model wel. 'n Goedkoop Isuzu dalk nie, maar 'n 4x4 Isuzu wel.   

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 10/10/2025 - 06:18

Wagondrift is darem lekker naby ons huis....so n uur se ry. Gister so 12uur hier aangekom. Gister aand koel gewees, met baadjies gesit om vuur...ook bietjie reen gehad. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 10/10/2025 - 06:28

Rk het nou ander afdak op karavaan gesit. Dieselfde as wat ek gehad het, maar hierdie een het die ekstra sykante. Dis lekker. Maar ook meer werk....waar ek met vorige afdak net 2x penne moes inslaan, is dit nou 8x. Mens kan hom ook gebruik sonder sykante opslaan 

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 10/10/2025 - 08:34

Netjies Geert.

Slim van jou.

Ek sal volgende naweek my fotos stuur.

Geniet die kamp.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 10/10/2025 - 09:26

Ek dink die sykante maak 'n groot verskil.

  • Die ouens met hul driehoeke en waterpasse kan maar gaan meetlaugh
0
Groenkloof, Pretoria

Paul Mulder

Fri, 10/10/2025 - 09:55

Kry vir jou inskroef penne. Dit vat enige inspanning van penne in die grond kry weg.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 13/10/2025 - 07:11

Toe ons stop en karavaan meet met waterpas, was hy 100% gelyk...so ons het nie eers afgehaak nie, net steadies uitgestoot

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 14/10/2025 - 06:59

Die SPEKBOOM (portulacaria afra) se gebruike
1. Kou blaartjies vir seer keel en mondinfeksies.

2. Mag diabetes help kontroleer.

3. Dit suiwer die lug in jou huis en jy asem skoon, suurstofryke lug in.

4. Vra amper geen onderhoud en groei in die droogste plekke.

5. Kan gebruik word as voedselbron.

6. Smeer die sap aan insekbyte vit verligting vir die gejeuk.

7. Smeer aan aknee om te genees.

8. Gebruik die sap aan vir sonbrand.

9. Les dors as water nie beskikbaar is nie.

10. Gebruik vir uitputting.

11. Behandel blase, soos wanneer jy gebrand het.

12. Enige uitslag kan hiermee behandel word.

13. Gebruik vir hitte uitputting om jou te hidreer.

14. Smeer die sap om klaar te speel met puisies.

Die blare bevat die volgende voedingswaarde: Vit. C, Proteien, Vesel, Magnesium, Manganese en Jodium.

Om die sap te verkry, druk die blaartjies fyn en druk die sap uit. Die sap bevat anti-septiese eienskappe wat genesing aanhelp.

Bron: Voortrekker resepte

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/10/2025 - 07:26

Dankie Geert, ek gaan dit beproef. 

Mens kan natuurlik lank gesels oor nr 3. Dit klink na 'n teoretiese leuen, as mens dink aan die volume lug in jou huis, en die proses om suurstofryke lug vry te stel.laugh

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 16/10/2025 - 20:21

........het hierdie Oktobermaand se Saamgesels begin.

Ek mis nogal jou daaglikse insette ChrisB, maar het deeglik begrip vir jou skaarsheid op die forum. 

Skielik weet ek ook nie nou meer waaroor om te gesels nie  -  my ou Exclusivetjie se motorhuis wat ek hier deur my studeerkamervenster bekyk, staan leeg !

Ek wil nie hê julle moet 'n traan stort nie, al wat ek wil sê is geniet elke kampervaring soveel as moontlik terwyl jy kan want die einde kan soms vinniger kom as wat jy dink.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/10/2025 - 05:07

....begrip het skielik 'n realiteit geword, selfs in ons huishouding. 

Mens leef asof alles net voor die wind is, en vergeet hoe vinnig mens se omstandighede kan verander. So graag as wat ek "begeer" om 'n ander boswa en ook 'n 4x4 te besit, weet ek dat daardie finansiële uitgawe sekerlik die domste fout sal wees, op my ouderdom, om te maak.

Len, ek weet daar is baie stories en wedervaringe en insig, wat jy steeds kan deel.  

  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 17/10/2025 - 08:46

Sien vanoggend dat NECSA, dis nou die Pelindaba spul vir wie Wessel gewerk het, het vir die 2de jaar in 'n ry 'n klein wins getoon en boonop 'n skoon oudit gekry. Gesien die treurmare wat deesdae meeste staats ondernemings kenmerk is dit werklik 'n goeie prestasie. Sien ook dat hulle ambisieuse planne het om weer met 'n korrelbed reaktor projek te begin...persoonlik het ek my bedenkinge maar minstens is daar 'n (klein) kans dat ons weer een van die kroonprins projekte sal sien herleef.

Lees gerus:

https://www.energize.co…

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 17/10/2025 - 09:15

... ja, ek hou my lyf maar "dun" op die forum. Ek het werklik niks om mee te deel of om sommer net saam te gesels nie. As ek iets te sê het gaan dit klink of ek kla (my vrou se gesondheidsprobleme) en andersins neig ek om nie appels met appels te vergelyk nie - verwysende na my inset oor voertuigverkope. Dus, soos reeds voorheen genoem, zirts ek maar die ou bek toe.

Maar 'n lekker Vrydag en naweek word almal toegewens.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 17/10/2025 - 09:39

Ons almal gaan van tyd tot tyd deur uitdagings. Ek dink nie mens moet dit sien as kla as jy daaroor praat nie. Dit maak tog die las ligter as jy dit nie alleen hoef te dra nie. Voel dus vry om julle leed met ons te deel net soos wat ons die lief graag deel. Alles is nie net maanskyn en rose nie. Dis die aard van die lewe op aarde.

Ek is tans finansieël in my kanon. My ou voertuie (en dan nog Fords ook) se herstel het my in die skuld in. Ek wag nog vir die Fiesta se rekening, maar die koppelaar was ook oppad uit en moes vervang word saam met die suiers (is dit wat mens pistons noem?) en die simpel nat tyd belt. Net die Ranger se herstel het my reeds in die rooi hierdie maand. Dan moet ek nog die Ranger en Prado se lisensies hernu, en beide moet gediens word. Besprekings vir Dwarswegstrand maak 22 November oop, en as ons volgende Desember wil gaan sal ek 40% deposito moet betaal. Ek beraam die bedrag wat ek uit my verband sal moet leen om dit alles te dek op R75000. 
 

Ek het oorweeg om een van ons drie motors te verkoop, maar ek weet nie of dit ‘n goeie plan is nie. Die Fiesta sal hopelik darem so jaar of twee ry voor dit weer breek en dis lekker lig op brandstof. Die Prado is sover nog betroubaar, maar as iets breek gaan dit duur wees om te herstel. Ek is egter huiwerig om dit te verkoop, want ek gaan min daarvoor kry en dis ‘n handige rugsteun as iets weer fout gaan met die Ranger omdat dit kan sleep. 
 

Maar ons al vier is nog gesond en veilig. Dinge by my werk is baie deurmekaar en ek word erg misbruik maar ek het nog ‘n vaste inkomste en medies. My belasting opgawe is nie ge-oudit nie en ek het ‘n volle R1283 terug gekry omdat ek eerlik is en my ware besigheidskilometers (wat maar min is) ingedien het. Dis besig om somer te raak, en ek gaan vanaand saam met my oogappel na ‘n pa en dogter dans van die skool toe. Ek het heerlike herinneringe aan die toer wat ons minder as ‘n week gelede voltooi het. Ek is ryklik geseënd. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/10/2025 - 09:46

dankie Grootwind, ek het gou gaan lees wat die planne is. Dit is voorwaar optimisties. 

Twee reaktor programme, 'n nuwe Veeldoelige reaktor, of in engels "Multi purpose reactor" [MPR] en verlengde lewe van SAFARI-1. Laasgenoemde is sekerlik om die internasionale mediese isotoop mark te bly bedien totdat die MPR aktief raak.

Dan boonop die herlewing van 'n vergange droom----die korrelbedreaktor en sy unieke brandstof "kugels"

Ek moet dalk sekermaak of hulle nog my kontakbesonderhede het. Dis darem letterlik net oor die bult.

Sommer vir die wat belangstel, die afkorting SAFARI-1 staan vir South African Fundamental Atomic Research Installation, die 1ste. die opening en hoeksteen wat bietjie Uraan bevat, was gelê deur Dr HF Verwoerd. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 17/10/2025 - 12:59

Dit gaan tans baie goed met die Du Plessis's. Daan is gister ontslaan na 'n knievervanging die afgelope Maandag en stap al heel flink met sy krukke. Hy moet die pamperlang geniet terwyl dit hou - my lysie van werkies wat agterbly raak al langer, so ook die kampeer-droogtewink. Ek het reeds 'n gedagte gehad om moontlik in Jan/Feb die weskus te besoek (dink ek het dit al genoem dat my hart daardie tyd van die jaar in 'n westelike rigting trek). Dit gaan waarskynlik nie gebeur nie - daar is 'n tweede knie wat dieselfde paadjie moet volg en hoe gouer, hoe beter.

Nelspruit. Tevore was dit ondenkbaar om tot daar te vorder en voor die wildtuin se hekke om te draai. Deesdae gebeur dit meer gereeld a.g.v doktersbesoeke. Ek kan nie aan die gedagte gewoond raak nie. 'n Opvolgbesoek aan die ortopeet is op die 4e November. Vir Daan se gerief dink ek ons moet hierdie keer met my bussie ry.........

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus