Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -5 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -10 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -11 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -12 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -13 hours ago

Oktober saamgesels

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

En so breek die maand Oktober ook aan - volgens Leipoldt die mooiste, mooiste maand. Mag dit vir elkeen 'n pragtige maand (in alle opsigte) wees.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/10/2025 - 13:33

Middag vreemdeling, genaamd Rona. goed om te hoor dat julle so halfpad op die been is. Moet nou net nie doelbewus ou Daan se ander been raakskop nie.laugh

Ek raai jy wil met 'n kampeer gelaaiede bussie die 4de November ry.

My buurman het laasweek Donderdag 'n pasaangeër gekry. Saterdagoggend het hulle die pad Kruger toe gevat.  So, wat is die probleem met 'n knie operasielaugh 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 17/10/2025 - 15:23

... skete en kwale deur het ons vandag besluit om wel aan die einde van November 'n kort (slegs 4 nagte) wegbreek te onderneem. Ek het 'n krediet by Sanparke a.g.v. die kansellasie van ons Karoo Nas Park-ekskursie (waar ons veronderstel was om op hierdie tydstip te wees). Ons vat 'n kans tussen al die dokters-afsprake en hospitalisasies in die komende weke en vertrou dat ons vanaf Sondag 23 November vir 4 aande Ebb-&-Flow toe kan gaan. Dit gaan weliswaar nie kamp wees nie, maar in een van hulle 'log cabins' - waarin ons al meermale gebly het. Met 40% gryskop-afslag bly daar nog steeds 'n bietjie geld op krediet oor.

Ralie word eerskomende Dinsdag opgeneem in die hospitaal vir haar rugprobleme. Omdat ek die volgende dag (Woensdag) geskeduleer was vir 'n kolonoskopie moes laasgenoemde noodwendig uitgestel word (tot 30 Okt). Ek kan nie waag om met die Picoprep-voorbereidings vir die kolonoskopie te ry nie (lees: "ver van 'n toilet af te wees nie"). Ek weet nie hoe lank sy in die hospitaal sal wees nie - die uitslag van 'n MRI "scan" sal dit grootliks bepaal.

Dan wag daar nog 'n afspraak by 'n uroloog op 13 November. Sou daaruit iets voortvloei (sy't al voorheen 2 dilatasies gehad) sal ons dit probeer skeduleer vir na 27 November.

Intussen gaan my linkeroog se herstel, na die katarak-verwydering, goed aan. My twee oë is nou net heeltemal deurmekaar. Ek sien baie goed ver met my regteroog deur my bril, maar die "nuwe" oog kan nie ver sien deur die bril nie. Die ideaal sou wees om vir tyd en wyl die bril se linkerlens uit haal, maar ongelukkig kan dit nie gedoen word nie omdat dit 'n raamlose bril is. En ek moet minstens 6 weke wag (na die operasie) alvorens ek vir 'n oogtoets kan gaan. Dit is eers vir 18 November geskeduleer. Intussen probeer ek maar so goed as moontlik aanpas.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/10/2025 - 15:58

Chris, jy moet so draai stap deur die woonwa-park en kom vertel wat jou indrukke is. Ons bedink nog die plekke waar ons volgende jaar in daardie kus-omgewing wil kampeer. die idee is om die kusstrook tussen george en PE vir Marie te wys.

Sterkte met al die mediese ondersoeke en gepaardgaande toetse. Julle het omtrent 'n besige tydjie voor. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 17/10/2025 - 20:16

Ons het destyds op forum lede se aanbeveling gegaan op Ebb en Flow se Noord kamp met uitsig....rivier front. Ons het dit baie geniet. Ek sal miskien nie meer oor n Desember soontoe gaan nie....was erg overcrowded 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/10/2025 - 06:14

Dankie Geert

Gelukkig kampeer ons omtrent altyd buite seisoen. Daar is soveel plekke om van te kies, mens moet dalk sommer 'n veerpyltjie na die landkaart gedeelte gooi. Ek dink die spreekwoord sê---mogge troffe!

Ons soek veilige staanplek om paar aande te staan en die omgewing te verken. dinge doen soos huise soek, koffie by Jan Meyer drink ensovoortslaugh

Ek is effe bekommerd oor wind by Stormriviermond, maar wil vir daguitstappie soheentoe ook gaan.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 18/10/2025 - 08:56

Lees dat julle beplan om by Ebb & flow aan te doen.

Sal plan moet  maak om om koffie of iets dergeliks saam te geniet.

Ons het lekker by Ebb & flow gekamp. Die noordkamp se ablusie bietjie oud maar skoon.

Het verlede somer baie van die dagbesoeker piekniekplek gebruik gemaak om te gaan roei op die rivier. Ebb&flow

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 18/10/2025 - 14:26

Ons het vanoggend ‘n sportdag in Wessel se geboortedorp gehad. Ek het oorkant die kerk parkeer, en spesiaal een keer om dit gery oppad huis toe. Een van die ander ouers het vir my gelag en gevra of ek nou in die rondte ry. 
 

A

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 18/10/2025 - 15:58

Dis n koel renige dag in Pretoria vandag. Dit maak my lus om n kerrie potjie te maak....gaan sommer bunny chows maak

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/10/2025 - 16:14

....ek voel sommer baie beter na die mededeling!!laugh

Afhangende waar jy parkeer, is jy veronderstel om, amper heeltemal of deels om die kerk te ry. In my dae was dit gereken as 'n volwaardige sirkel. Nogtans, jou bedagsaamheid word waardeer. 

Dis nog 'n tipiese outydse NG-kerk met massiewe gallerye, houtbanke met plek vir die nagmaalglasies, en 'n pyporrel. Ek moes baie aande vir my pa gaan help om die glasies uit te pak in die banke. dan kon die diakens net die broodbordjie rondstuur. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 18/10/2025 - 17:05

Dit klink heerlik Geert. Ek is stout vir kerrie. Deel bietjie die potjie se resep, ek het al gesien jy kan kosmaak.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 18/10/2025 - 17:07

Wessel, dan is ek twee keer om die kerk. Ek het van die Robertson pad se kant of ingekom, aan die Ashton kant parkeer en toe ek vertrek weer om gery en uitgegaan Robertson toe. So jy skuld my een devil

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 18/10/2025 - 20:07

..........ek het op die oomblik niks om oor te kla nie. Die feit dat ouens hierbo geen probleem daarmee het dat 'n mens jou sorge met jou forum-maters mag deel, maak die deur vir my oop om ook iets te sê, al is dit miskien die teenoorgestelde van 'n klagte, naamlik dankbaarheid.

Die afgelope week kom ek agter dat ek skielik ontspanne, gelukkig en tevrede is.  Ek wonder toe by myself hoe is soiets dan ooit moontlik as ek die liefde van my lewe drie weke gelede aan die dood afgestaan het ?

Ek kyk gisteraand weer deur die hordes fotos wat ek feitlik daagliks van Annatjie in die hospitaal geneem het en besef opnuut sy het deur die allerverskriklikste lyding gegaan die afgelope twee jaar, en veral die laaste 177 dae se hospitalisasie. Haar fisiese, pyn-lyding was erg genoeg, maar nie die ergste nie.  Die feit dat sy verstandelik oor die hele periode vlymskerp was, maar liggaamlik vas gekluister aan 'n bed was waar sy nie eers 'n been op haar eie kon beweeg nie, dit was 'n verskriklike lyding terwyl sy weet ons wil ons huis verkoop en ons het 'n huis in 'n aftree-oord gekoop, maar sy kan nie deel wees van die opgewondenheid wat met al hierdie dinge gepaard gaan nie. Dit was vir haar 'n uitmergelende lyding.

So, waar kom my ontspanne gemoed en my geluk en tevredenheid  nou skielik vandaan ?  Ek het die antwoord daarin gevind dat Annatjie uiteindelik verlos is van haar uitmergelende lyding en dit is wat my gelukkig maak.

Om my storie nog merkwaardiger te maak, luister hierna : 

Annatjie se internis het beplan om haar op Donderdag, 25/9 te ontslaan sodat sy per ambulans na die siekeboeg van ons beoogde aftree-oord oorgeplaas kan word.  Ek het die dokter gewaarsku dat sy vroeg ontslaan moet word want die siekeboeg ontvang nie pasiënte van buite na 12:00 Donderdae nie.  Op die betrokke Donderdagoggend het die internis 'n krisisgeval moes hanteer en hy kon eers by Annatjie in die middag uitkom wat toe te laat is om ontslaan te word.  Ons kom toe ooreen dat sy dan Maandag 29/9 ontslaan sal word. In die vroeë oggendure van Saterdag 27/9 kry Annatjie 'n massiewe beroerte-aanval en twee spesialiste deel my mee dat sy nie weer wakker sal word nie en sy sterf toe Dinsdag 30/9 net na 4vm.  Ek glo nie dit was "toevallig" dat die dokter te laat was om haar Donderdag te ontslaan nie. Luister nog na verdere "toevallighede".

Annatjie se gedenkdiens was Maandag 6/10  Op dieselfde dag sou ons aanbod vir die huis wat ons in die aftree-oord gekoop het verval.  Ek het die week vooraf (voor Annatjie se dood) probeer om die aanbod te verleng, maar die verkopers wou niks weet nie, veral het hulle later beweer, omdat daar nou 'n boedel betrokke gaan wees. Ek was op daardie stadium stomgeslaan en moedeloos.

Intussen kry ons nie ons huidige huis verkoop nie ten spyte daarvan dat huise in ons kompleks binne 'n week of twee verkoop word.

Ek sien 'n Hoër hand in hierdie gebeure, en beslis nie net toevallighede nie :-

  • Die dokter was te laat om Annatjie betyds op Donderdag 25/9 te ontslaan. Sou hy haar daardie dag ontslaan het, sou sy die beroerte in die siekeboeg van die aftree-oord gekry het.
  • Die feit dat ons aanbod om die huis in die aftree-oord te koop verval het, tel eintlik in my guns omdat ek nie verplig is om daarheen te trek nie.
  • Die feit dat ons huidige huis nie verkoop is nie, beteken eweneens dat ek nie na die aftree-oord of elders hoef te verhuis nie.

Jammer vir die lang storie, maar nou kan julle sien hoekom ek gelukkig en tevrede is en ek dank my Hemelse Vader dat alles  wat so duister gelyk het, beskik is om ten goede te verloop, vir my en ook vir Annatjie wat verlos is van 'n lang uitmergelende lyding.

Vir ouens wat nou bekommernisse het, hou moed, later besef 'n mens wel hoekom die lewe soms eers snaakse draaie loop.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/10/2025 - 20:22

...ek is dankbaar dat jy berusting en totale gemoedsrus het. Die almagtige Vader weet maar altyd die beste, en kan Hy voorsien!!!!

Ek vermoed baie forumvriende deel my gevoel-----Annatjie is verlos van haar lyding.

Jy het 'n ryke lewe met haar gedeel, en dit sal altyd met jou wees.

Sterkte vir die pad vorentoe. 

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 18/10/2025 - 21:38

Ek deel ook Wessel se sentimente en is baie bly om te hoor dat dit met jou goed gaan. Jou positiewe lewensuitkyk/ingesteldheid (wat ek op die forum ervaar het) is 'n groot bate en ek glo dit is wat jou deur die moeilike omstandighede dra. 'n Inspirasie vir my ook.

Gesels asb. alpad saam, ons luister graaglaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 18/10/2025 - 21:53

Ek dink by nou is jy alweer moeg gewerk, maar dankie vir die foto's van julle afgelope uitstappie. Dit lyk na 'n baie gesellige kampkuier. En dan is julle naweek by Bush 'n Buck ook net om die draai. Geniet die uitsien en beplanning.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 18/10/2025 - 22:45

Nadat ons bouery voltooi is was dit tyd vir tuinuitleg. Ons het o.a. ook besluit op 'n paar spekboompies as bydrae tot die ekologielaugh. Met liefde geplant en vertroetel het hulle gou begin rigting kry. Toe ons egter van Botswana af terugkeer was dit 'n hartseer gesig - almal was in hulle spore pikswart doodgeryp. Ek het ook gelees van hulle talle voordele, maar nouja, helaas nie mooi huiswerk gedoen nie - dit aard nie hier nie.

So 'n dag of wat gelede was daar iets in Daily Maverick wat my aandag getrek het - juis oor die gebruik van spekboomblare. As deel van 'n wynproe-platter: spekboomblatjang (skynbaar net uie, sout, peper en bietjie koljander bygevoeg), toegedraai in beef carpaccio (bedien saam met die landgoed se Merlot). Stel jou voor die lekkerte....

Gelukkige Kapenaars met die beste restaurante.....hier bo braai ons maar netlaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 19/10/2025 - 11:56

Dit klink heerlik Geert. Ek is stout vir kerrie. Deel bietjie die potjie se resep,

Ek het maar n baie eenvoudige resep gebruik...tog heerlik.

Bruin 1x groot ui in potjie 

So 800g hoender fillete in blokkies gesny

Pakkie "Curry cook-in sauce"

So 2 teelepel kerrie poeier

Prut stadig vir so 60 minute

Gooi 2x blikke kerrie groente in

Prut vir verdere 20 minute 

Hol halwe brood uit en vul met vulsel 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 19/10/2025 - 12:04

Ja....later die week is dit tyd vir Bush n Buck. Sien reeds uit. 2 forum lede....maar hulle gesels meer op die ander een gaan ook saam,  Leon en Jin (Chuck Norris). Leon se kinders gaan ook saam...hulle het 3x staanplekke geneem. 

Ons wou eers oorslaap Donderdag by n plaas naby Bush n Buck...hulle het klomp wilde diere daar soos Wildehonde, leeus ensovoorts. Hulle het juis n welpie wat 9 Oktober bebore is. Boer se seun trou eerskomende naweek, so hulle is bietjie besig....sal n ander dag daar kampeer.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus