6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -10 minutes ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -52 minutes ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago

Gypsy 5 tent

Bela bela
Submitted by Daan30 on

Ek soek asb raad, my Gypsy 5 se tent is besig om finaal in te gee. Ek het n volledige Jurgens Exclusive tent. Sal dit op die Gypsy pas ? 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/12/2025 - 06:08

Daan, ek twyfel of dit 'n perfekte passing sal wees, bloot omdat die waens se afmetings en sykante se profiele verskil.

Jy het die tent, ryg dit in en kyklaugh

Bela bela

Daan30

Sun, 14/12/2025 - 07:29

Hi Wessel. Dankie vir jou inset. Die probleem is dat ek permanent staan en die Jurgens tent is bietjie breer. Omte kan inryg moet ek my karavaan skuif, omdit te doen moet ek die hele struktuur vvan die skadunet bo oor verander. Aan die agterkant het ek diesefde probleem

Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/12/2025 - 07:40

Ek gesels nou saam, sonder om prentjie van jou kamp uitleg te hê.

Indien jou huidige tent nie gekoppel is aan die skadunet struktuur nie, verhinder dit mos nie 'n inryg proses nie. 

Al wat jy wil toets/vasstel is of die Jurgens tent voldoende inryg in die Gypsey se gleuf. Mis ek iets.

Jy sal dalk alles wat in jou tent is moet uitpak vir die eksperiment. 

Die verskil in hoogte van grond na die inryg-gleuf kan dalk ook 'n negatiewe invloed hê.

 

Bela bela

Daan30

Sun, 14/12/2025 - 07:54

Ek  besef alles wt jy se, het gehoop om die maklike uitweg te volg en dalk van iemand te hoor war dit reeds gedoen het. Nietemin, dankie vir jou insette

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus