Forums
Mense vandag was weer n pragtige dag hier. Vanaand is dit windstil en jy sien net vure. Die kamp is 80% beset op die oomblik. Ons het gaan swem en die see was baie lekker. Selfs n ou soos ek wat bang is vir koue het dit vreeslik geniet. Chris ek het al baie by Dwarswegsrand gekamp en in die huisies gebly Ek deel jou sentiment. Pragtige plek , maar probeer Jongensfontein n slag. Die atmosfeer is fantasties. Maurits





Jongensfontein 2026
Hier op Jongensfontein se klein strandjie is honderde swart sakke vol rooi aas opgetel en met n laaigraaf weggery. Blykbaar is dit a.g.v die warm water wat ons die afgelope ruk beleef het. Maurits