6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -4 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Bou van Katiba

Meyerton
Submitted by Segekok on
Forums
Bou van Katiba

KATIBA  is die Sesotho woord vir hoed

Hier is n paar fortos van die bou werk aan my "Off Grid Canopy"

Die raamwerk is van 25 X 25 staal wat toe met n rubber verf behandel is.

Staal Raam

Nadat die staal raam gemaak is het ek al die Alu Plaat 5mm op grootte gesny en die wat gebuig moes word gebuig

Plaat

Al die plate is met 6mm boute aan die raam vas geboud en met n verseëlaar verseël om water uit te hou. Die rede dat ek 6mm Boudjies gebruik het is dat as ek n paneel wil vervang of wil verander dit sonder baie moeite gedoen kan word.

SeelEn hier is hy........  

Amper daar

Toe is die tent gemaak.  Die dak is so gemaak dat dit met net 2 pale en 2 toue gehou word.

roof

Die sy kante word met "VELCRO" aan die dak vasgemaak en met ritssluiters aanmekaar geheg. Dit vorm dan die kombuis tent,. Die Kombuis is in die Kappie in gebou en het n gasstoof en n stel eetgerei vir 2 mense. Daar is n broodbord, n pan , ketel n pot en al die nodige lepels messe en ander goed.

Die tent kan ook reg om toe gemaak word wat dit dan n slaap vertrek ook kan maak waarin n dubbel bed met gemak sal kan inpas.

Die tent kan ook reg om toe gemaak word wat dit dan n slaap vertrek ook kan maak waarin n dubbel bed met gemak sal kan inpas.

Open Plan

Full

Daar is ook n venster met muskiet gaas, deursigtige plastic venster en dit kan ook heeltemal toe rits.

Window

Om die water te laat afloop as dit reen, laat sak ek net een van die pale om die dak n val te gee wat dan keer dat water op die dag op dam.

Die hele stelsel kan van die bakie af gehaal word en dan is die bakie weer heeltemal standaard. Niks is aan die baie vas nie.

Daar is n 5l gas geyser ook ingebou wat warm water voorsien as daar gestort moet word of skottelgoed gewas moet word.

Daar is n laai stelsel en n vals vloer in die bakie wat sorg vir die pak van goed in krate wat dan maklik verkry kan word en ook veilig is vir die vervoer van die goed.

Bakkie2

Dit is gebou om twee mense vir tot 10 dae in die veld te kan ondersteun.

Secunda

Sleep nou

Tue, 26/09/2017 - 07:13

Na ons onlangse gesels Deon het ek ook besluit soos genoem in een van my drade dat ek trailer gaan hou vir boskamp ek wil ook iets soort gelyk soos jou canopy op laat sit jou setup Deon is puik.

Dankie. Ons het juis weer die naweek n lekker boskamp agter die rug.  Mamma het warm water en kan stort. n Porta Poti en dan is sy gelukkig. soos hulle seg...  As mamma gelukkig is is almal gelukkig...

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/09/2017 - 09:56

Deon, ek aanvaar hierdie projekkie is al 'n rukkie terug gedoen want ek het al vantevore die laaste foto van die gelaaide GWM gesien.  Dankie vir die stap-vir-stap fotoverslag  -  knap gedaan.

Hoe vind jy daardie lemmetjie-groen kraggereedskap wat ek daar agter op die vloer sien ? Ek sien hulle adverteer dit nogal baie in die laaste tyd teen goeie pryse.  Ek het netso 'n blou kompressor soos jy daar in die agtergrond, miskien is myne net 'n raps kleiner model.

Meyerton

Segekok

Tue, 26/09/2017 - 10:03

Len Ja dit is n rukkie gelede.  Daardie gereedskap is net as jy nou regtig in die knyp is om iets te moet doen...  Sal dit nooit weer koop nie.

Net my sienning.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/09/2017 - 20:17

Dankie Deon, dan sal ek maar liewer verby hou.

Ek is maar 'n Black & Decker man, jy weet netsoos Ford by karre !  Ons gewone ouens koop dit mos, nie te duur nie, heel skaflik met net 'n rat of wat wat so dan en wan breek ! Goeie waarde vir geld.  Gelukkig nog nooit 'n brand veroorsaak nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 26/09/2017 - 20:23

So van die os op die jas Deon, wanneer ruim jy daar in die hoek van die garage 'n bietjie op ?  Jy is mos van die jonger geslag wat mooi netjiese kampgoed het.  Jy kan nie ons ouer toppies se gebruik nou al navolg nie soos wat André Smit reeds doen.  Jy moet eers die regte jare agter die blad hê voor jou garage slordig mag wees.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus