Klein Juweel naby Bronkhorstspruit
Kort anderkant Bronkhorstspruit lê daar n klein juweel van n kamp plek. Dit is die EZEMVELO NATUUR RESERVAATOngelukkig is die pad na die plek baie sleg en ek sal nie weer met my woonwa gaan nie. Hier is die GPS punt vir die hek van die reservaat.(S25° 42.501' E28° 55.800')
![]() |
![]() |
Soos ek gesê het die pad is nie geskik vir n pad woonwa nie. Ek het my woonwa daarheen gesleep maar teen n 20km/h. Vir die wat met tente en boswa kamp is dit n moet. Daar is lastige ape so hou maar altyd die kos goedjies dig toe. In die aande hoor jy die jakkalse roep en die rooi bokkies kom slaap in die kamp terein. Daar is heelwat wild en jy kan lekker stap, fietsry of selfs so n bietjie visvang.(catch & release)

Die tariewe is ook baie billik eintlik goedkoop. Die Ablusie blokke is baie oud en kort aandag maar was gereeld skoon gemaak. Opwas geriewe vir die skottegoed is by reg langs die ablusie blokke.
Elke kamp plek het n kraan en braai. Daar is ook krag en n gewone 3 punt sok word gebruik.
Hier is so nog n paar fotos..










Bydraes
DASSIE: Dankie Segekok mooi foto's maar jy moet nie so neerhalend van die opsigters praat nie .Wat is n kamp sonder n Kamp Kommendant
SEGEKOOK:
dassie het geskryf:
Daardie Kamp Kommendante maak tot die kratte oop.