Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kampeerplek-foto's Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -19 minutes ago
Aaaa! Dankie Padlangs Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof vergelyking Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof !!!! Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Brandstof prys Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Brandstofheffing Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

KOFFIE ASB!

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie draad!

k

Vir toegang tot die 1ste koffie draad, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

Waar my wa staan

Arie

Sun, 01/10/2017 - 15:12

Franslab se bike storie baie geniet!

Freda, nee ek is nog hier rond. Ons het net vinnig verdwyn Kosi Baai toe vir n paar daè, sommer weer n slag my off road 4x4 skils gaan toets.

Die weer hier is weer puik, so ek sal meer op die strand rondlê en die natuurskoon bewonder, dit is mos skolvakansie en al die jong mooi mammas is op die strand.

Mens kan nou duidelik sien die ekonomie druk kwaai, daai bikinis raak al hoe skrapser!

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 02/10/2017 - 04:56

Julle moet n awsome dag he die wat kamp geniet hom die wat werk soos ek geniet ons beurt kom die wat net lekke rus rus lekke die koffie loop soos stroop

0
Centurion

Dusty

Mon, 02/10/2017 - 05:06

Goeie more shaun en die res.

Dankie, jy  moet ook 'n lekker dag geniet. 

Die nuwe week het begin en is terug op kantoor.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 02/10/2017 - 05:29

More Shaun en Dusty.   En almal wat nog gaan inloer.   Ek hoop die koffie/tee is smaaklik.

Ai, Dusty, jy het my volle simpatie.   Dit is aaklig om, na 'n week se lekker kamp, Maandag terug te gaan werk toe.   Of, so was dit altyd vir my.   Van more af sal dit beter voel.

Nouja, julle moet jul dag geniet.   Ek moet vandag winkels toe en wil  "book swop" toe gaan.  Ek vergeet van tyd as ek boeke uitsoek.

 

 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 02/10/2017 - 06:52

Goeie more en 'n goeie week aan almal!  

Dit is aaklig om, na 'n week se lekker kamp, Maandag terug te gaan werk toe

Ja dit is swaar Freda -   Ek het 5 werksdae en dan is dit ons beurt, maar nadat ek laas week ervaar het hoe vinning Dusty se tydjie verbygeloop het, voel ek sommer klaar depressief met die wete dat ek sal moet oppak en terugkom werk toe -  

0
Meyerton

Segekok

Mon, 02/10/2017 - 07:30

More Almal. So het die mooiste maand van die jaar aangebreek. nog net 44 dae dan vertrek ons MOZ toe.  Kan nie wag nie.

Mooi dag vir almal.   Gaan Groot

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 02/10/2017 - 10:24

Laat more aan almal, ek was buite in die tuin heel oggend, koffie was lekker dankie.

Dit is waar, dit is een van die mooiste maande van die jaar.

0
Centurion

Dusty

Tue, 03/10/2017 - 05:28

Goeie more almal.

Lekker gereen verlede nag. sien die pad is nat tot by die kantoor.

Tee gemaak en so ook die koffie.

Lekker dag vir elkeen

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 03/10/2017 - 06:50

More Dusty en al die ander kampeerders, mooi dag aan almal.

Ons het gisteraand 5mm reën gehad, druppels het 5mm uit mekaar geval. My broer in Orkney se hulle het 'n wolkkbreek gehad.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 03/10/2017 - 09:06

Gister aand so 5 mm reen in Secunda gehad kleindogter wat jaar oud is het hoe koors gekry opgeneem in hospital maar vanoggend gaan dit beter. Lekke dag vir almal en die koffie loop soos stroop

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 03/10/2017 - 09:19

Hoop dit gaan goed met ieder en elk vanoggend.  Jammer om te hoor van jou kleindogter, Shaun, hoop sy word gou beter.   Die klein goedjies kan soms so skielik koors kry en dan kom dit soms skielik weer reg ook.   Dit klink nou naar om te sê,  Mammas skrik as die kleintjie begin opgooi van die koors, maar dit is eintlik die liggaam se manier om van dit ontslae te raak.  Maar hospitaal is die regte plek as die koors baie hoog is.

Ek is jaloers om almal wat so reën kry.  Ai, dit is alweer droog by ons en ons kan doen met lekker reën.    Ek is nou so vies, ons tuinman was veronderstel om vandag te kom werk en nou nog nie opgedaag nie.  Ek het vir  hom kos gebêre en alles reggekry vir wat hy vandag moet doen.

0
Centurion

Dusty

Tue, 03/10/2017 - 10:06

Shaun, ek glo dat sy nou gaan gesond word.

Freda, my tuiningenieur het sommer net gedros. Niks laat weet nie, net weggebly. dit is nou al 3 maande en ek doen die tuinwerk nou self

0
Fochville

FransLab

Tue, 03/10/2017 - 10:35

Goeie More

Ek, Frans en my vroutjie Theunisia is nou die nuwelinge op die forum en wil net dankie se vir die toelating. Darm nie nuut in die kamp bedryf nie en ons kamp gereeld sommer so oral oor. Ek glo ons sal die nuus en al die ander inligting oor kamp baie geniet. Reeds`n paar goeie  wenke opgeraap.

Groete en kamp lekker en wees veilig.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 03/10/2017 - 10:49

Baie welkom Julle -  nuwelinge.

wink    en lekker saam kuier!

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 03/10/2017 - 10:50

Hallo Frans, baie wekom hier by ons geselsers op Kampforum.  Dis lekker om kennis te maak want so baie ouens registreer net maar gesels nie saam nie.  Laat weet gerus 'n bietjie meer van julle kampeerdery, waarvan hou julle die meeste (en sommer ook van die minste)  -  veral 'n foto of wat van 'n onlangse kamp of gunsteling kamp.

0
Centurion

Dusty

Wed, 04/10/2017 - 04:57

Goeie more op hierdie week breker.

Dit word nou elke dag meer warmer en die landskap meer groener.

sit reeds en tee drink en die koffie masjien is klaar aan die gang.

Lekker dag vir elkeen en lekker braai. Ek dink ek gaan wors braai vanaand

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus