Help my asb. Ek lees op die FB groepe dat woonwa bande n "C" gradering moet hê.
My vraag is dus nou. Is dit werklik nodig?
As ek na n band kyk bv. 175/80/R14 88 T Gee dit vir my die volgende.
175 die breete in mm 80 die wand hoogte in % van die breete en dan die R wat aandui dat dit n "RADIAL" is en die 14 wat dan die "RIM" groote aandui. Die volgende is wat vir my hier belangrik is en waarom ek die vraag vra. Die 88 Gee vir my n draevermoë van 560Kg wat veilig is by die spoed van ( die "T") van 190km/h. met dan ook in aggeneem die maksimum druk.
Ek sleep nooit my wa teen daai spoed nie( dink nie die GWM gaan dit haal nie) ek laai ook nie my wa tot sy volle GVM nie en die bande is nooit so hard gepomp nie.
My wa se volle GVM is steeds onder die gewig wat die band kan dra.
Kolletjies
Die wit kolletjie is waar die band die ligste is, en word regoor doe klep gesit. Die rooi kolletjie dui aan waar die band se profiel die laagste is, en word regoor die hoogste punt op veiling, of rim?, gesit wat met n kepie of geel kolletjie gemerk word.
Die rooi merk kry voorkeur as jy dit kan gebruik.
Antie Google is darem maar n puik. Jy moet net somtyds versigtig sif met wat jy gebruik.
Plasing van band op velling
Môre Herman, dit is nou insiggewend!! Ek wonder of die gewone Sakkie en Gawie by bande plekke ook dit weet. Dalk word die konvensie darem in die monteeraanleg gevolg, waar velling en bande die 1ste keer ontmoet.
Woonwa bande balanseer
Môre vriende, ek is terug van die bande plek. Groot was my verbasing dat;
1] die linkerwiel wat in gebruik is vandat ek die wa gekoop het [2018], se balans uit was.
2] die "nuwe" ongebruikte spaarwiel, ook uit balans was.
Dit beteken net een ding----die wiele was vanaf aankoop nooit gebalanseer nie, of dan baie swak gedoen. Ek kan nog aanvaar dat die linkerwiel se baland versteur kon wees, weens onvoorsiene faktore, maar die spaarwiel se versteuring dui op my gevolgtrekking.
Kavango het nuwe bande
Vanoggend gou 2 nuwe bande laat opsit. Varser kan ek nie kry nie, Vrydag bestel, gister uit fabriek op Brits en vanoggend op die wa.
Ek het wa in 2018 gekoop, en vorige eienaar het die 3 bande met Hilux vellings by prys ingesluit, omdat hy sy Ranger en Cooper bande wou hou. Ek was dus heeltyd onder indruk dat die bande rondom April 2018 vervaardig was. Vanoggend gaan ek die vervaardigingsdatum na, en sien toe dis in week 41 van 2017 gemaak. Die bande was dus ongeveer 8 jaar oud, maar het net 24000km by my gedoen, indien die rakker vir my gebruikte bande, in plaas van nuwes gegee het.
Hopenlik verkoop ek die Kavango voordat ek hierdie bande moet vervang. Dalk net op 'n stadium die spaarwiel ook met nuwe vervang.
Volgens bande handelaar is die groot sondebok wat bande laat verouder, en gevaarlik maak, die son. Gelukkig maak ek die bande toe met skadunet en die woonwa oortreksel bedek al 3 die bande, as ons tuis is.
Reg of onnodig, ek voel meer gerus met die nuwe skoene op die wa.
Wessel, wat is die…
Wessel, wat is die vervaardigings datum op die nuwe bande.
Hennie....
...ek sal moet gaan kyk, ek hoop net dit is op buitekant gedruk, en nou nie aan kant waar mens nie kan sien nie.
Gou gaan oopmaak en gekyk. Vervaardig in week 6 van 2025. As dit varser was, was dit nog warm van die pers![]()
Gou gaan oopmaak en gekyk…
Gou gaan oopmaak en gekyk. Vervaardig in week 6 van 2025. As dit varser was, was dit nog warm van die pers
Ten minst weet jy dit is net 'n week oud. Die voriges wat opgesit was, het die man natuurlik laat "nuut" opsit maar die handelaar het net van die rak afgehaal. 'n Mens verwag mos nie "oud" nuwe bande nie.
Kolletjies en kleppe
Het jy opgelet na die kolletjies op die band, en of dit daarvolgens opgetrek is. Onthou die wit en rooi kolletjies op band.
Kolletjies se ....
.....betekenis is ge-ignoreer. Rooi en groen kolletjie bymekaar op band, en wit kolletjie is nie by kleppie geplaas nie.
Soos ek tevore opgemerk het, ek twyfel of die handlangers en hulle werkgewers deesdae van die protokol bewus is.
Dan is bande mos reg. Die…
Dan is bande mos reg. Die rooi kolletjie wordcregoor die geel, of merkie op velling geplaas.as voorkeur. Wit kolletjie en klep is 2de opsie.
Kolletjies en balansering
Ek het so bietjie gaan lees oor die kolletjies, en rol by balansering.
Ek is van mening dat as dit ignoreer word, is dit nie 'n ramp nie. Daar word net meer gewiggies op wiel geplak.
Dalk maak dit baie saak by resieskarre, maar op Grompie en karavaan gaan ek nie my kop daaroor breek nie.![]()
Kolletjies vs sterretjies
Kolletjies wat nie op die regte plek is nie het my laat dink aan manstydskrifte wat destyds sterretjies op foto’s gehad het. Daar was dit baie belangrik dat die sterretjie op die regte plek sit…
Don't care houding?
Neef kan nie glo dat onse Wessel nou so " don't care" is nie! Op ń ander dag het hy die Atome netjies in lyn gesit, en orde was die minimum standaard.
Welkom in die klub waar ons eerste die poeding eet, en laaste die blomkool.
Jy stel my teleur Wessel. Om…
Jy stel my teleur Wessel. Om darem jou wa op witstinkhout blokke te sit...eish! As 'n gebore Kapenaar moet jy darem minstens Knysna swarthout of stinkhout gebruik?
Wat nuwe bande aanbetref is ons Fleetline se Fong Kong (HiFly) bande nou 7 jaar oud en het maar sowat 7000 km geloop. Wik en weeg of ek moet vervang of eers oor 'n jaar....dalk maar nog 'n jaar wag en dan sommer die wa met 50mm lig en vir 14 duim gaan. Sal maar nog moet deurdink....
Grootwind...
... ek het kort nadat ek my Fleetline XL in 1995 gekoop het, oorgeslaan na 14 " vellings. Dit was net nadat die loopvlak van die 13" Firestone [kar ?]bande sommer net losgekom het.
Brits woonwaens se eienaar was my buurman, en hulle het toe sommer 50mm Al-spasieerders ingesit en die 14" vellings. Daarna nog lank met "regte" bakkiebande gery.
Ek moes ook op my 2001 model Palma spasieerders laat opsit, al het dit reeds uit fabriek met 14" wiele gekom. Daar was 'n effe ondeurdagte fabrieksflater met die suspensie. Soos wat mens die wa laai, sak die Alko as en die wiele beweeg letterlik effe na agter in die modderskerm. Dit het veroorsaak dat met 'n erge knik, of slaggat, die band aan die modderskerm raak, en die veselglas of plastiek stukkend ruk. 'n 25mm spasieerder was voldoende om probleem op te los.
Jy sal vind dat die Fleetline, nadat dit gelig is, nog meer gelyk staan agter die bakkie. Dit het ook geen negatiewe inpak op sleep stabiliteit gehad nie.





Die kolletjies ???
Nog nooit so opgelet nie, sal kyk of dit kan sien die week op die "nuwe" spaarwiel. Die pienk kolletjie is dalk 'n QA merkie, maar ek raai.
Wat wel die gebruik van die bande plek is, is om die band te merk waar die kleppie is. As hulle dan klaar die lek reggemaak het, word die band daarvolgens terug op die velling gesit. Nog nooit nodig gewees om dan te laat balanseer nie.
Terug na Herman se oorspronklike vraag, waarom uit balans gaan----ek het al gevalle gehad waar die gewiggie afgekom het.
Ek twyfel of mens gaan voel as 'n woonwa-band uit balans is. Dis selde dat mens 'n ongebalanseerde agterwiel van selfs die voertuig voel.