Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -4 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago

Roemenië - 2022

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Dit smaak my Roemenië kan dalk vir die Bouchers realiseer. So pas met ons dogter gesels en dinge klink heel positief dat ons voorgenome besoek dalk kan gebeur. Ai, my vroutjie-lief sal haar spreekwoordelike agtertande gee om by haar dogter en kleindogter (en natuurlik ook skoonseun) te gaan kuier. Moet darem sê - ekself ook. 

My dogter stuur intussen die uitnodiging (wat nodig is vir visums). Ek het verlede week gekyk na vlugkostes. Tussen verlede week en nou is daar reeds R1000 verskil (duurder).

Dus - ons hoop maar dinge realiseer. Indien wel, hoop ons om vanaf vroeg Julie tot mid-September te gaan kuier. Ons sou wat wou gee om haar 45ste verjaarsdag môre met haar te kon deel.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/08/2022 - 17:32

Ons het nou weer 'n lekker lang stap agter die rug. En om dit af te sluit met drie verdiepings se trappe klim om uiteindelik by 'n gemakstoel uit te kom, vra vir 'n yskoue goue.

My dogter het my gister oorreed om meer as een soort bier te koop sodat ek die onderskeies met mekaar kan vergelyk. Ek het nog altyd vasgehaak by Bucegi. Vanaand het ek egter laasgenoemde blind geproe teenoor "Ciuc". Maar Bucegi loop nog loshande voor. Môre-aand sal ek weer 'n ander bier met Bucegi vergelyk.

Calarasi

Tydens ons stap vanaand het ons hierdie uitgesproke taxi gesien.

Calarasi

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 11/08/2022 - 18:49

Miskien verstaan hulle dit nie of anders het dit 'n ander betekenis 🤷‍♂️😉

Soos die Nederlanders en 'n kat 🤷‍♂️😉

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/08/2022 - 19:07

... ek dink daardie term word grootliks oor die hele wêreld erken, maar ek dink tog dat weinig Roemeniërs in Călăraşi dit verstaan - want hier praat en verstaan seker minder as 5% Engels.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 11/08/2022 - 19:49

Met die uitsondering van die heel klein dorpies, is daar in al die groter dorpe en stede die tipiese ou kommunistiese woonstelblokke. Hier in Călăraşi is woonstelblok op woonstelblok - en my dogter-hulle se woonstel is ook in só 'n blok.

Calarasi

Die boonste foto is van my dogter-hulle se blok. Die een lyk soos die ander. Hulle is gelukkig dat 'n Duitser ('n staatsaanklaer van Freiburg) het hulle woonstel vir hulle gekoop en dit op hulle naam geregistreer. Jy kry nog goeie mense! Dit was om my kinders te help om permanente verblyfreg te bekom deur te bewys hulle beskik oor eiendom in Roemenië.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/08/2022 - 20:04

Hello ChrisB

Dit lyk mos nou na 'n skoon rustige buurt waar kinders nog buite kan speel. 

Jou kinders is voorwaar geseend.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 12/08/2022 - 06:50

Hello Chris. Nou verstaan ek hoekom vleis braai nie geskik is nie. Sjoe, dit sal neef so beklemming gee om so te bly, maar, mens moet aanpas by wat jy het en gelukkig wees daarmee.

Wat doen die klomp oor naweke. Ek hoor hulle is drawwers,  is daar n stukkie water naby vir swem  in die hitte.

Geniet al die bier, sien dit lyk soos half liter blikke, en hoe smaak die wyn.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 12/08/2022 - 07:44

Hier is 'n mens geensins bang om enige tyd van die dag of nag rond te loop nie - hetsy vrou-alleen of jong kinders. Die polisie, alhoewel hulle nie met wapens toegerus is nie, is alomteenwoordig en beheer enige afwykende gedrag met 'n ysterhand. Trap net in jou spoor en alles verloop "honky dory".

Om Neef se vraag te beantwoord - Călăraşi (uitgespreek: Killerash) is op die oewer van die Donourivier - eintlik 'n sytak wat bydra tot 'n groot eiland in die rivier. En op dié eiland is 'n sogenaamde "beach" - 'n groterige "sandstrand" wat jy per "ferry" bereik. Ons was nog nie by die rivieroewer sedert ons Dinsdag hier arriveer het nie, maar ek verstaan a.g.v. die droē omstandighede in Europa is die watervlak tans baie laag.

Hulle bier is in 500 ml blikkies, maar selfs in 2 liter plastiekbottels ook beskikbaar. En die Roemeniërs is baie trots op hulle wynbedryf. In die verlede kon ek nie regkom met hulle witwyne nie alhoewel hulle rooiwyne van goeie gehalte is. In die geval van witwyn, glo ek dit was hulle cultivars asook styl van voorbereiding. Dit het egter dramaties verander. Ons het o.a. gisteraand 'n baie lekker sauvignon blanc gedrink. Ek het juis die bottel se etiket afgeneem sodat ek dit makliker kan onthou as ek weer in die supermark kom waar ek dit gekoop het. 

Calarasi

Vir vanaand het ek 'n ander witwyn in die yskas gesit. Maar dit sal vreklekker moet wees om lekkerder as gisteraand s'n te wees.

Calarasi

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 12/08/2022 - 18:51

Ek het op 'n later stadium in my lewe 'n allergie vir katte ontwikkel. Katte en hooikoors het vir my sinoniem geword.

So by so kry my dogter eendag twee pasgebore katjies in 'n plastieksak by hulle "dump" - en natuurlik word hulle aangeneem en grootgemaak. M.a.w. daar is nou twee opgeskote katjies in hulle woonstel - te pragtig en vol lewe. Ek kan my verkyk aan hulle manewales - maar o wee, foeter hulle my op.

My dogter het vooraf aangeraai dat ek 'n kortisoon neussproei begin gebruik sowat 2 weke voor ons hier arriveer. Ek doen dit steeds elke oggend en drink ook 'n antihistamien tablet. My dogter het gister vir my antihistamien druppels gekry wat twee keer per dag saam met 'n bietjie water gedrink word.

Ek kry nie die tipiese hooikoors-simptome wat ek vroeër van katte gekry het nie. Maar ek kan my oë uit my kop uit vryf - dit jeuk en traan baie erg. Ek gebruik Allergex oogdruppels elke 4 uur - met min sukses.

My bors trek semi toe - van só 'n aard dat ek saans met 'n fluitbors gaan slaap. Sedert gisteraand gebruik ek ook 'n asmapompie  - wat lyk of dit help.

Tensy daar verbetering intree gaan dit 'n uitmergelende 6 weke van katkaskenades wees wag voorlê. Nietemin - ek geniet nog elke oomblik, katte met hul nagevolge ten spyt.

En Ralie, wat 'n katmens is, geniet die katte terdeë - met min simpatie vir haar man.

Calarasi

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 12/08/2022 - 21:37

Mens raak na n ruk "de sensitised",of so iets. Ek gebruik ook n pompie vir vreemde katte.

Jy is my hero dat jy met die ongemak kan saamleef ter wille van die familie.

Die een katjie lyk regtig net soos my Peanut, ai ek mis haar.

Lekker kuier !!!!

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 13/08/2022 - 07:40

Ek weet nie of dit die Roemeense lug is nie, maar ek slaap soos 'n klip snags 

 Ek dink dit is al die spanning van die reis wat nou agter die rug is.  As mens eers op die vliegtuig sit en voel hoe hy opstyg voel dit soos 'n berg wat van jou skouers af is...    Geen meer bekommernins oor visa's en vlug vang ens. nie.    

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 13/08/2022 - 08:58

Tydens 'n laatmiddagstappie gister, het ek sommer 'n paar foto's geneem wat ek hieronder plaas.

Călăraşi was in die kommunistiese tyd grootliks 'n nywerheidsdorp met 'n groot staalfabriek - wat nou nie meer die geval is nie. Dit is die hoofdorp van die Călâraşi "judeţ" (basies soos 'n 'county' of provinsie). Dit is een van die armer dele van Roemenië en beskik oor die grootste sigeunerbevolking in die land.

Toe my dogter-hulle 19 jaar gelede besluit het om hier onder die sigeuners te kom "werk" - en ek dit aan my Roemeense kollegas noem, was die reaksie van ons maatskappy vir wie ek gewerk het se plaaslike  "country manager": Călăraşi?? Why Călăraşi? It's bad place!

Sy het uiteraard gedink aan die groot sigeuner-bevolking in dié area. Sigeuners word deur die deursnee met redelike afsku bejeën - alhoewel, hier in Călâraşi is 'n baie groot verdraagsaamheid teenoor die sigeuners.

Toe ons in 2005 die eerste keer kom besoek aflê het, was die bome langs die strate nog onlangs aangeplant. Ek en Ralie het dit baie geniet om sommer die daaglikse wandel en handel van die inwoners bo van die woonstelbalkon dop te hou. Hierdie bome het intussen só groot geword dat ons beswaarlik enigiets in die strate kan sien. Dit het intussen in 'n mooi boomryke dorp ontwikkel - daarom 'n paar foto's.

Die belemmerde uitsig wat ons nou vanaf die balkon het.

Calarasi

En dan enkele foto's in die strate.

Calarasi

Calarasi

Calarasi

Calarasi

Die tipiese woonstelblokke vanuit die kommunistiese era.

Calarasi

Calarasi

Oral in die woonbuurte is klein winkeljies en apteke versprei. Dan vind jy ook kuierplekke waar veral die mans na werk saam 'n bier geniet - soos hierdie een, 'n klipgooi van ons af.

Calarasi

Klein vrugtestalletjies, met vrugte wat nou in seisoen is, kry jy oral op straathoeke.

Calarasi

Roemeniërs koop ook graag blomme - met die gevolg dat blomstalletjies ook populêr is.

Calarasi

Die midde-dorp, oftewel die Piaţa, is 'n populêre en bedrywige bymekaarkomplek. En is hierdie mense trots op hulle vlag - jy sien dit orals wapper, selfs voor privaat wonings en op voertuie.

Calarasi

Calarasi

Calarasi

Calarasi

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 13/08/2022 - 10:05

Dankie Chris, baie interessante vertelling van 'n wêreld onbekend aan ons.  Die boom-rykheid is indrukwekkend.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 13/08/2022 - 12:29

Het jy met die ou van Stellenbosch gaan gesels. Ek sien die kar voor die blommestalletjie kom uit Skelmboschlaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 13/08/2022 - 14:39

Seker 9 uit 10 voertuie wat hier in Călăraşi ry kom van Stellenbosch af - CL die registrasienommer vir die Călăraşi "provinsie".

Alhoewel Roemenië 'n baie bekostigbare land vir ons Suid-Afrikaners is, het ek vanoggend gesien dat hier kan jy (altans ek) nie "rib eye steak" bekostig nie. Wel, in SA kan ek dit ook nie bekostig nie, maar die plaaslike prys van R420 per kg plaas dit heeltemal buite my bereik. "Rump steak" is ook 'n onbekostigbare R350 per kg. Hier eet jy maar vark en hoender waarvan die pryse vergelykbaar is met SA s'n.

Lamsvleis is vir alle praktiese doeleindes onverkrygbaar, met klaarblyklik die enigste uitsondering rondom Paastyd (wat verskil van die res van die Westerse wêreld s'n, maar gewoonlik sowat 2 weke later volgens die Ortodokse kerke se Paastyd). Skape word grootliks aangehou vir melk-doeleindes vir die maak van gesogte en duur skaapkaas.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 14/08/2022 - 08:08

.....geredelik bekombaar en bekostigbaar daar.

By gebrek aan 'n stukkie goeie vleis, kan mens seker vis dan eet. Of is die hoender 'n plaasvervanger daarvoor?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 14/08/2022 - 09:33

Om een of ander rede, seker maar fiemies, eet ek nie varswatervis nie (met die uitsondeting van gerookte forel). En die plaaslike vis is bykans uitsluitlik varswatervis.

'n Klompie jare gelede het ons die Donou-delta besoek - en gesien hoe kommersiële vissermanne vragte vis aan wal bring. Sommige soorte van die mees onaansienlike visse wat ek nóg gesien het. Die hotel waar ons oorgebly het, het tydens hoofmaaltye (buffet) altyd 'n verskeidenheid van vis gehad. Ek het vir daardie twee dae so te sê in 'n vegetariër verander.

Ek was gister saam met my dogter in 'n supermark waar bevrore vis in deursigtige plastiek vakuumverpak was (kom ek noem haar 'n slag op haar naam - Nelia - dan hoef ek nie elke keer te praat van "my dogter" nie). Sy't toe aan my genoem dat dit slegs na vis lyk, maar nie proe soos sy vis uit SA ken nie.

Dus Wessel, ons hou maar verby die vis - behalwe as dit uit 'n tunablikkie kom. Ek sal maar weer my vistande terugplaas wanneer ek weer tuis is.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 14/08/2022 - 09:46

Ek het myself vanoggend 'n slag vroeg uit die vere gesleep om saam met Nelia na die park te gaan waar sy soggens draf. Sy't haar drafsessie ingekry terwyl ek 'n lekker gemaklike stappie ingepas het.

Dié park is op die oewer van die Borcea, 'n syloop van die Donou. Oorkant dié park is die "beach" op die eiland waarvan ek vroeër gepraat het. Die volgende foto wys die "beach" aan die oorkant en die "ferry" (die groter boot) aan die duskant.

Calarasi

Net nadat sy klaar gedraf het, sien ek nood mediese personeel, brandweer en polisie naby ons voertuig stilhou. Nuuskierigheid kry toe die oorhand en ek en Nelia gaan kyk wat hulle kom doen. Nogal "grim" gewees om te sien hoe haal hulle die lyk van 'n man uit die water wat tussen die vasgemeerde bote gedryf het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus