Dit smaak my Roemenië kan dalk vir die Bouchers realiseer. So pas met ons dogter gesels en dinge klink heel positief dat ons voorgenome besoek dalk kan gebeur. Ai, my vroutjie-lief sal haar spreekwoordelike agtertande gee om by haar dogter en kleindogter (en natuurlik ook skoonseun) te gaan kuier. Moet darem sê - ekself ook.
My dogter stuur intussen die uitnodiging (wat nodig is vir visums). Ek het verlede week gekyk na vlugkostes. Tussen verlede week en nou is daar reeds R1000 verskil (duurder).
Dus - ons hoop maar dinge realiseer. Indien wel, hoop ons om vanaf vroeg Julie tot mid-September te gaan kuier. Ons sou wat wou gee om haar 45ste verjaarsdag môre met haar te kon deel.
Chris het jy al hulle…
Chris het jy al hulle Facebook blad probeer?
Ek sien daar is 'n whatsapp skakel en messanger ook. EK het al in die verlede beter reaksie en informasie so gekry eerder as om die tel nommer en epos roete te volg...
Anton ....
.... dankie vir die voorstel, maar ek is ongelukkig nie op Facebook nie.
Vandag was dit steeds onverrigter sake. Dalk is ek té haastig. Maar steeds sou ek dink dat 'n konsulaat minstens hul telefoon beantwoord.
Ons gee dit nou kans tot Maandag. Dan sal my dogter iemand, wat haar in die onlangse verlede gehelp het met Jordaniërs wat hulle besoek het, skakel om te verneem of sy van hulp kan wees.
Ons bly hoop maar vir die beste.
Chris, weet nie of hierdie…
Chris, weet nie of hierdie dalk 'n impak op jou visums het nie, kyk maar.
Ek twyfel of Turkye se…
Ek twyfel of Turkye se wysiging t.o.v. Suid-Afrikaners iets te doen sal hê my frustrasies wat ek tans t.o.v. Roemenië beleef. Môre is dit 4 weke voor ons beplande (en betaalde) vertrekdatum. Dit is wel met Turkish Air, maar ons is darem net veronderstel om in transito te wees in Istanbul. Ek hoop maar ietsie positiefs gebeur dié week.
In transito
Middag Chris
As proffessionele reiserger weet jy dit seker, maar onthou om julle bagasie deur te boek tot by eindbestemming, anders moet julle bagasie opeis in Istanboel, en weer self inweeg vir einbestemming.
Hou net ingedagte dat as julle bagasie nie deurgeboek is nie, julle dalk nog visa[?] vir Turkye ook moet hê, al is dit net om bagasie oor in te weeg..
Ek het dit oorgekom op Charles de Gaulle dat ek nie toegang uit die lughawe kon kry nie, maar my bagasie is net aan die anderkant van doeane versperring [asof ek Frankryk wil ingaan]. Wat 'n groot gesukkel. ek moes aansluiiting vlug kry Algerie toe.
Wessel ..
.. ons boek maar altyd die bagasie deur tot by ons eindbestemming. Ons het eenkeer (Des 2013) sonder bagasie in Bucharest aangekom.
Ons het daardie jaar met Air France bespreek, maar laasgenoemde en KLM is mos maar inderwaarheid een maatskappy. Ons vlieg toe van Kaapstad met KLM via Schiphol na Bucharest. Met die terugkeer het ons wel met Air France via Charles de Gaulle gevlieg.
Nietemin, ons het beswaarlik 'n uur gehad om ons aansluitingsvlug by Schiphol te haal. Ons het letterlik gehardloop op die lughawe om ons volgende vlug se hek betyds te haal. Ons het dit gemaak, maar ons bagasie het nie. Dit was 'n eerste keer (van twee keer) vir my dat ek sonder bagasie by my bestemming uitgekom het. Maar die volgende oggend vroeg het hulle ons tasse by my dogter-hulle se woonstel kom aflaai.
Sedertdien is dit 'n ongeskrewe reël dat ons nie korter as 2 uur by ons transito-bestemming wil wees nie. Maar ook nie langer as 3 uur nie. Ons het met die terugkeer langer as 5 uur op Charles de Gaulle vir ons aansluiting gewag.
Maar so het ons ook by geleentheid langer as 7 uur op Zurich lughawe gesit. Jy weet later nie meer wat om met jouself aan te vang nie. Die langste wag was eenkeer op Weenen lughawe - 12 uur. Dit was saam met 'n kollega. Ons sou op 'n kort halfdag-stadstoer gaan, maar toe ons daar land, komende van Munchen, het dit swaar gesneeu. Toe besluit ons dat ons nie lus het vir koud kry nie. Ek wonder hoeveel whisky's ek daardie dag gedrink het om die tyd om te kry.
Forum-hulp
En kyk net hoe vinnig word ek toe gehelp by die Roemeense Konsulaat in Kaapstad nadat Anton vir my 'n WhatsApp kontaknommer stuur. Gou-gou het die konsulaat-generaal my laat weet dat hy's beskikbaar op sy foon. 'n Telefoniese gesprek het ons frustrasie gou-gou opgelos. Met die uitsondering van een dokument wat nie op Ralie se aansoek gelaai was nie (en nou gedoen is), is ons afsprake sommer reeds vir môre by die konsulaat gereël.
Wie moet ek bedank vir die uitstekende voorstel? Anton - ala Voortrekker. Groot waardering!!
Dit blyk dus dat ons wel (DV) op 8 Augustus Roemenië toe kan vertrek. 'n Groot stuk kommer is van my skouers af.
Whats aap!!!
Middag vriende
Sonder om afbreuk te doen aan die hulp van Anton, wonder ek;
Wat is so magies aan die "whatsup" nommer, waarom word reaksie daarop verkry??? Hoe moet die gemiddelde normale persoon, sonder dit, enigsins geholpe word.
Chris B, ek haal my hoed af vir jou as jy nie vir die generaaltjie bietjie aangespreek het nie. Ek kan mos nie sulke swak diens hanteer nie, lig ons in oor sy verskoning waarom jy nie met gewone eposse en telefoonlyne geholpe kon word nie.
Ek maak maar die afleiding…
Ek maak maar die afleiding dat hy vir die week uithuisig was. Waarskynlik sou ek hom telefonies bereik het sonder die voorafgaande WhatsApp - ek spekuleer maar.
Ek voel net dat hulle dan minstens 'n boodskap op die telefoon kon gee om die situasie te verduidelik. Ek sal egter nie kwassie met hom trek nie - ek's nog steeds verleë om ons visums te bekom. En inderwaarheid is hy eintlik 'n baie "nice" ou. Hy was saam met sy huisgesin op dieselfde vlugte as ons in 2018 via Istanbul na Bucharest en ons het toe lekker op die vliegtuie en lughawens gesels.
Nietemin - ons afspraak is vir 10:00 môre-oggend by die konsulaat in Rondebosch om ons paspoorte en gepaardgaande nodige dokumente te gaan inhandig. Maar joe - om 'n visum te bekom is nie goedkoop nie. Behalwe vir kostes om twee keer vanaf Kleinmond na Rondebosch te ry (ons moet weer ons paspoorte gaan afhaal ook), kos dit R1 600 per visum - dus R3 200 later.
Maar wat sal jy nie alles doen om by jou kinders te gaan kuier nie.
Chris ek is baie bly jy kon…
Chris ek is baie bly jy kon toe nou reg kom na die senutergende gespartel, dit is nie veronderstel om so 'n merske issue te wees nie.
Ek vertrou julle is nou finaal geholpe![]()
Nietemin, ons moes ons paspoorte en "letter of appointment" en die Australia dokumente net saam vat Pretoria toe, ons is nou klaar met die proses. Australia het vanoggend laat weet hulle het die nodige ontvang, nou behoort ons binne kort die uitslag te hoor.
Ek voorsien geen probleme nie, Australia doen alles, net die biometrix moes hier gedoen word.
Chris ek is bly dat hullw…
Chris ek is bly dat hullw Whatsapp kontak darem die proses kon aanhelp. ![]()
Ek is oortuig dit was beslis…
Ek is oortuig dit was beslis van hulp Anton. Nogmaals dank.
Te goed om te glo
Ons moes vanoggend in die donker (te danke aan beurtkrag) opstaan, koffie maak en stort ten einde 08:00 in die pad te kon val om seker te maak ons is 10:00 by die konsulaat in Kenilworth. En hier sit ek nou met ons paspoorte, met die visums klaar ingeplak, in my sak.
My stres was verniet. Nou sien ons uit na 8 Aug om vanuit Kaapstad te vertrek - of liewer 9 Aug om in Roemenië te arriveer, want 10 ure in 'n vliegtuig (in "cattle class") is nou nie juis iets waaroor hierdie grootseun opgewonde raak nie.
Chris nou kan julle eers…
Chris nou kan julle eers regtig ontspan👍
Hoekom moet mens eers stress voor jy geholpe raak![]()
Volgens my dogter word ons visums elektronies aan die paspoorte gekoppel, jy laat my nou bekommerd raak![]()
Vas byt min tyd, dan vlieg julle, ons sit vir 10 ure soheen toe, en 11.5 ure terug in daai groot voël, eish dis rof in daai beknopte plek.
Jammer as ek jou gesprekslyn kaap, maar ek sal dalk as ons nader aan die tyd is, 'n nuwe begin.
En hier sit ek nou met ons…
En hier sit ek nou met ons paspoorte, met die visums klaar ingeplak, in my sak.
So julle het nie weer nodig om terug te gaan. Baie bly dat alles so vinnig in plek geval het.
Hennie ...
.... ja, ek is so dankbaar dat hulle sommer dadelik die visums verwerk het. Dit spaar ons 'n addisionele ry Kaaptoe en gee baie gemoedsrus. Die konsul-generaal was vir 3 weke op hul jaarlikse verlof Roemenië toe en het eers die afgelope Saterdag teruggekeer - vandaar die onbeantwoorde telefone (wat na my mening inderwaarheid eintlik swak is vir 'n diplomatieke missie se kantoor).
Maar ek het maar my opinie vir myself gehou - en nou't ek my visums (al wat saakmaak).
Praat van beknop....
....vlieg ek eenkeer terug van Munchen tot in Frankfurt am Mein, vir huiswaarts keer. Sit ek omtrent heel agter, met so 'n prikkelpoppie langs my. Ag mense die ou rokkie is so klein, dis net sitplekgordel onder en bo loer die ou mosbolletjies vir mens so net op oogvlak.
Bring die lugwaardin mos die drinkgoedjies, maar vliegtuig gee so 'n ruk en stik. Kantel die skinkbord en my bier val netjies bo by die bolletjies in, om onder uit te loop. Ek wou nog help afdroog [opslurp], maar toe gaan daai pruilbekkie oop en arme waardin kry 'n oorvol. Ek het maar my sakdoek gebêre en nog 'n bier gevra.
Ek het maar my sakdoek…
Ek het maar my sakdoek gebêre en nog 'n bier gevra.
NÊ





Visum aansoeke is altyd 'n…
Visum aansoeke is altyd 'n onnodige stres punt.