Goeiemôre Almal. Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!
Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..![]()
Môre sê mense, geniet die…
Môre sê mense, geniet die dag voluit🥩
Anton geniet die mooi van die wes kaap, ai ek verlang soontoe![]()
Julita Kok Kleinmond
Middag Chris B
Ek neem aan julle ken die dame van julle dorp wat Afrika alleen plat gery het. Ek het nounet haar verhaal/getuienis op Maroela media gelees.
Ek haal my hoed af vir haar. Ek twyfel of ek alleen so 'n tog so aanpak.
Olie-diesel-petrol
Om nie Willem se gespreklyn verder te besoedel nie, moet ons liewer hier verder gesels oor die tekorte.
Len, ek is in die war. Ek dog ons voer ru-olie in, wat dan plaaslik geraffineer word tot diesel as byproduk, met eindproduk petrol.
Daarom verstaan ek ook nie dat as ru-olie se prys op of af gaan, dan moet diesel en petrol se prys ooreenkomstig dieselfde fluktueer, want dit kom uit dieselfde vat ru-olie. Verlede week is aangekondig dat petrol afkom, maar diesel duurder word.
Wat mis ek???
Ek is agter die klip
Middag Chris B
Dankie, nou is ek ook by. Slaan my met 'n pap snoek, wat is oor in die land???
O ja, slaggate, bedrog, korrupsie, swak bestuur.
Dit is wat oor is van die…
Dit is wat oor is van die land.
Johann......
......verduidelik 'n bietjie hoekom sê jy dit is iewers in die Wes-Kaap.
Ns. verskoon as ek "toe" is.
Len, daar is geen slag gate…
Len, daar is geen slag gate in die pad nie😂
Numbi hek skietvoorval
Môre vriende
Ek sien nounet daar was gistermiddag helder oordag, weer 'n aanval op toeriste voor Numbi-hek. Die keer was dit Duitse toeriste wat voorgekeer was. Een is doodgeskiet, en niks is geroof nie.
Wat 'n VIESLIKE berig wat teruggaan Duitsland toe. Ek hoop net dat die buiteland langs die weg kennis neem van wat terplaatse aangaan.
Wat 'n VIESLIKE berig wat…
Wat 'n VIESLIKE berig wat teruggaan Duitsland toe. Ek hoop net dat die buiteland langs die weg kennis neem van wat terplaatse aangaan.
Baie hartseer maar die wêreld moet kennis neem.
3 boere ook in plaasaanvalle dood die laaste week in Mpumalanga
Omsetting van eenhede
Môre vriende
Ek plaas sommer vir kennisname die omsetting van brandstof swawel inhoud. Moontlik is almal vertroud hiermee, maar dalk werp dit lig vir die ander wat wonder.
50ppm swawel inhoud beteken in afrikaans 50dele per miljoen dele [dpm] Uitgedruk as 'n persentasie, word dit dan 0.005%
500ppm = 0.05%
10ppm = 0.001%
Ek merk op dat koerantberigte die persentasie formaat gebruik, maar ons ken die ppm formaat by die pompe.
Dit laat 'n mens al hoe meer…
Dit laat 'n mens al hoe meer dink om maar eerder weg te bly vandaar waar jy inderwaarheid graag wil wees. Ons hier in die Wes-Kaap leef geensins onder die illusie dat ons omgewing veilig is nie - allermins. Maar ek voel net 'n bietjie veiliger om hier in die platteland rond te ry.
Daar is ook paaie wat ek vermy - soos bv die N2 tussen Somerset-Wes en Kaapstad. Ek moes my seun-hulle die afgelope Saterdag lughawe toe neem en het geensins gemaklik gevoel om alleen terug te ry nie. Eerskomende Saterdag moet ek hulle weer gaan haal op die lughawe. Indien hul vlug enigsins vertraag is, sou dit dalk beteken ons moet in die donker daardie pad ry - gevaarlik!!
Kan 'n mens dan só blasé raak dat jy maar bykans gelate aanvaar dat die abnormale nou die normaal is?
Kan 'n mens dan só blasé…
Kan 'n mens dan só blasé raak dat jy maar bykans gelate aanvaar dat die abnormale nou die normaal is?
Nee Chris. Ek weier om dit net as die normale te aanvaar. Iets moet drasties gedoen word. Hoe lank is die polisie al bewus van die insidente by Numbi hek. Ek kan nie hier sê wat ek sal doen eas ek so 'n voorval voor my sien gebeur. Ek is ten alle tye voorbereid vir so iets.
Numbi-hek
Dis tragies. Ek het die laaste paar weke op FB opgemerk reisigers moedig mekaar aan om maar weer daardie Numbi-pad te gebruik want dit is glo " deedae veilig".
As ek weer Wildtuin toe gaan, sal ek maar eerder Malelane-hek, Krokodilbrug-hek of Phalaborwa-hek gebruik.





More forum
More kampforum geniet julle dag geniet die weskus Anton