Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -2 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -12 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -14 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -15 hours ago

Oktober 2022 groet en koffie

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiemôre Almal.  Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!

Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai  voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..smiley

Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sat, 29/10/2022 - 11:20

Wessel, ken daai magtelose gevoel as slegs die klank volume verander as mens daai pedaal intrap terwyl die snelheid dieselfde blydevil My laaste (en enigste, dankie tog) Toyota was een van daai boksvorm Corolla's (die laastes met agterwiel aandrywing) rondom 1981. Die outjie nuut gekoop en moes nogal 6 maande wag voordat hy afgelewer is. Teen 120km/h het dit geklink of daai enjin wil uitval met die hoë toere teen daai snelheid! Maar ons dwaal nou af van die eintlike onderwerp...

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/10/2022 - 12:05

Middag GW

Moet nou nie 'n penvriendskap besoedel nie. As ek 'n grappie maak oor Grompie, moet jy nou nie growwe sout invryf nie.laugh

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/10/2022 - 06:01

Môre vriende

Voordat ons almal hopeloos neerslagtig raak oor die land se situasie, die dieselprys en al die dinge buite ons beheer, kom ons geniet die gratis kleinighede wat na ons kant toe kom.

Wie het verlede Saterdagaand ook geluister op RSG na die spesiale program," U eie keuse" van 2 ure se musiek. Dit was moontlik gemaak deur die Rupert-stigting.

Ek het net weer besef dat daar darem ongeloflike musiektalent is in onse land. 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 31/10/2022 - 06:29

Môre Wessel en ander wat ook kom inloer, geniet die dag en week asof dit die laaste is, vergeet van die negatiewe dinge is die wêreld. Daar is baie positiewe dinge om te geniet.

Wie wil in elk geval nou goedkoop diesel in jou duur voertuig gooi?wink

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/10/2022 - 07:34

Môre Len

Ek lees weer jou titel "ander wat nie hulle sente"

Nou weet ek nie hoe om dit te vertolk nie. Verwys jy na jouself of ander formlede, of ander vreiende van jou. ?? laugh

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 31/10/2022 - 09:35

Soos in 'n What'sApp boodskap Saterdag aan jou gesê, het ons die 85-jarige bestaan van RSG en hul program "U eie keuse" Saterdagaand geluister en baie geniet.  Dis natuurlik nie net die musikante in SA wat briljant is nie, maar ook die duisende luisteraars wat nog steeds oor jare heen klokslag Saterdagaande hul keuse van musiek versoek.

Die "sente omdraai" storie.  Nee Wessel, ek verwys beslis nie na myself, my forumvriende of ander vriende nie.  Ek verwys eintlik maar na ouens wat vir jare 'n krip gehad het om rande uit te vreet, of ouens wat vir JZ R500 000 uit sy agtersak kan help om regskoste te betaal.  Hierdie klas van ouens  het nie nodig om hul sente om te draai nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/10/2022 - 10:35

....wou net sekermaak of Volkskas dalk aandele aan jou uitbetaal het, vandaar die "geen sente  omdraai" misleidende titel.. laugh

Dit laat nogal 'n wrang smaak in die mond, die hantering van "verryktes".

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/10/2022 - 17:47

Het gou gaan loer na Lilydale se huisvesting. Julle gaan omtrent "in style" vakansie hou daar. 

Hou ons tog op hoogte gedurende die werk rit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus