Goeiemôre Almal. Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!
Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..![]()
Malaria
Dankie Chris vir die "grim" detail oor malaria.
Mens vergeet dat mens sommer al die 1ste dag dit kan opdoen, en 7 dae later is mens steeds in malaria-gebied. Dus, as iemand die simptome toon, laat toets dadelik.
Gelukkig is daar 'n kundige dokter in Skukuza. Bietjie vêr om te besoek as mens hoog op in wille tuin is.
Len: Marie het laasjaar vieslike allergie ontwikkel van malariapille. Gelukkig toe haar keel toetrek, en sy nie kan asem kry nie, was ons juis in Skukuza. Ons gaan volgende keer, met ons WINTER besoek, nie weer pille drink nie. Ons gaan mekaar net besmeer
met Tabbard, diesel, anti-snake, Lifeboy-seep en derglike lekkerruik goed. Dis wat die tannie-dokter aanbeveel het. Onthou die klem is op winter [droog] besoek.
Malaria ...
...het julle voor die besoek Malaria-pille gedrink ?
Len nee, ons het nog nooit dit gebruik nie, nog altyd net goed besmeer.
Die Dr. reken daar is nie voorraad pille vir kinders nie en dit maak die kinders ook baie siek, sy sê dan moet hulle eerder opgeneem word om binneaars medikasie kry.
Ons hou hom maar goed dop, gelukkig nog geen koors nie.
Bilharzia
Symptoms of schistosomiasis
- a high temperature (fever)
- an itchy, red, blotchy and raised rash.
- a cough.
- diarrhoea.
- muscle and joint pain.
- tummy pain.
- a general sense of feeling unwell.
Ek het dit as kind self gehad, maar dit kry jy net in stilstaande waters en ons was nie naby dit nie. Dit bly glo lewens lank in jou gestel (sluimerend ?)
Transmission: How do you get it?
Ralie kan ook nie…
Ralie kan ook nie voorkomende malaria-medikasie gebruik nie. "Siek soos 'n hond" is 'n baie ligtelike beskrywing van hoe sodanige medikasie haar affekteer. Gelukkig (vir haar) vind muskiete klaarblyklik haar bloed onsmaaklik en vlieg draaie rondom haar om my by te kom.
Ek word nie deur die voorkomende medikasie geaffekteer nie, maar drink dit slegs as ons die wildtuin in die meer tradisionele malariatyd besoek. Ons gaan gewoonlik wildtuin toe met 'n vrag Tabard room en wend dit mildelik aan voor sonsondergangtyd en eerste ding soggens as ons opstaan.
Ek kan my nie herinner aan 'n muskietbyt tydens enige van my vele wildtuinbesoeke nie.
Volgens medici is die voorkomende medikasie nie 100% effektief nie (soos ook produkte soos Tabard ook nie 100% beskerming bied nie). Maar medici beweer ook dat voorkomende medikasie kan bydra dat malaria nie so maklik in bloedmonsters opgetel word nie. Daarom word permanente inwoners in malaria-areas ontmoedig om voorkomende medikasie te gebruik. Die algemene aanbeveling is om insekafweerders te gebruik en onder muskietnette te slaap.
Sluiting van Numbi-hek
Ek lees in Maroela Media dat daar ernstige oorweging gegee aan die moontlike sluiting van Numbi-hek.
"Sorrie" - ek sien nou dat Wessel dit reeds hierbo genoem het.
Gelukkig............
............affekteer malaria-medikasie nie vir my of my wederhelfte nie en ons drink die pille getrou as ons jaarliks Wiltuin toe gaan - dis egter baie duur en skaars hier in die Kaap en ons bestel maar vroegtydig. Toegegee, in die herfs en winter maande is muskiete redelik skaars, maar ons gerbruik maar die medikasie tesame met aansmeer en-spuitmiddels.
Sluiting van Numbi-hek
Ek dink dit sal 'n dom besluit wees dat die Staat hulle inderwaarheid laat afdreig waar toeriste aangeval sal word sonder om dit te kan hokslaan. Die Numbi-hek is die oudste hek van alle KNP hekke en is destyds vir jare as die hoofroete na Skukuza gebruik. Wat op dees aarde dink hulle gaan van die luukse lodges gerig op internasionale toeriste in die omgewing word ?
Die korrekte oplossing is om die pad te beveilig van skobbejakke en dit is tog die primêre taak van ons wetstoepassings-agentskappe.
Malaria poel
Wat mens moet onthou; is dat anopheles muskiete nie uitbroei met malaria in hulle nie. Hulle is net tussenin gashere (intermediate hosts). ‘n Malariamuskiet moet dus iemand met malaria steek ten einde die parasiet op te neem en ‘n draer te raak wat dit weer vir iemand anders kan gee, wanneer sy die teenstollingsmiddel inspuit wat keer dat die bloed stol voor sy haar vol gesuip het (en wat die gejeuk veroorsaak).
Toe ons in die Linyanti omgewing in Botswana gebly het, het daar niemand tydens die af seisoen oor Desember (eintlik teoreties die ergste tyd vir malaria) malaria gekry in die konsessie nie. Wanneer werkers terugkom van Maun en Kasane af het van hulle malaria saamgebring wat hulle in die dorpe opgedoen het waar daar ‘n poel malaria is wat die muskiete van een mens na ‘n ander kan oordra.
Meer dig bevolkte gebiede waar mense min of geen voorsorg tref nie is dus baie hoër risiko as ‘n plek soos bv Letaba. Al word dit nie wyd verkondig nie, spuit ons aan die SA kant van die grens ook nog DDT, wat die anopheles muskiete drasties verminder. Solank mens dus jou Tabard smeer en binne slaap is die kanse dat jy malaria gaan kry in die Kruger wildtuin bitter skraal.
Die korrekte oplossing is om…
Die korrekte oplossing is om die pad te beveilig van skobbejakke en dit is tog die primêre taak van ons wetstoepassings-agentskappe.
Stem 100%.
👋🏻 Dag sê, geniet jou ☕🫖
Sien gisteraand sê die TV weer gaan Pta. Vrydag & Saterdag nog steeds by 35°C draai. Die reën wat YR voorspel het vir Sondag het nou verder versprei en verswak 🤔

Julle moet dié dag en res van die week geniet.
Geniet en 35C
Môre Willem
Jy moet asb nie die terme "geniet" en "temperature bo 35C" saam gebruik nie.
Hoe ouer ek word, hoe meer allergies is ek vir sulke warm toestande. Dit is asof ek 'n uitklik-skakelaar het, gestel op 25C. sodra die kwik bo dit styg, skakel ek af.
Dus, woonagtig in Brits, is my uitset vanaf middel September tot middel Maart uiters beperk.
Môre al die maters, ek gaan…
Môre al die maters, ek gaan liewer nie waag om te sê geniet die dag nie, ek voel soos Wessel wat die hoë temperature betref. Dankie tog ek bly nie nog nader aan die ewenaar nie.
Dit is asof ek 'n uitklik-skakelaar het, gestel op 25C.
Goeie môre !
Ons temperatuur op die oomblik is 16º en die voorspelling vir vandag is maksimum 21º.
Julle ou klompie warmbloediges moet maar Kaap toe trek !
Goeie môre mense, geniet die…
Goeie môre mense, geniet die dag en jul naweek, amper kersfees en nuwe jaar, dan begin als weer van vooraf.
Kaap toe trek
Môre Len
Dankie vir die uinodiging. Julle lot daar onder moet oppas, soos die Transvalers nou hervestig in julle provinsie, gaan die HNP die volgende verkiesing wen.
Daar is 'n ou FAK liedjie;
"En hoor jy die magtige dreuning" en al die opruiende woorde wat daarna volg.
My woorde is;
....die magtige dreuning van Grompie wat beur deur die Karoo
dit is die klank van 'n aircon wat waai
dit is die geluid van wiele wat draai.
dieselprys
middag vriende
Ek lees nou Chris se inset onder Len se wildtuin gesprek, en ek raak sommer bemoerak.
Dit vat my 6 jaar om myself te oortuig daar is voordele in 'n diesel Hilux, koop ene, en nou is diesel al R2.40/l duurder as petrol.
Grappies op 'n stokkie, wat gaan aan. Is hierdie dieselprys korrek of opgeblaas,
om Eskom te subsidieer,
die arme boere verder te verarm
of beweeg die taxi's terug na petrolenjins.
Laasgenoemde se voordeel is dat Hiluxe en Fortuners dan minder gesteel sal word.
Blameer .....
Ek sien nou in die BusinessTech 'n berig, die sondebok vir die prys is;
Putin en onstabiliteit in Oekraine
die naderende winter in noordelike halfrond.
Dan natuurlik seker ook die Arabiere wat snoep is met olieproduksie, hou die prys lekker hoog.
Reën ...
Ja Anton, dit sou aan die begin van die week vandag begin reën het en nou het dit geskuif na volgende Vrydag, wonder tot wanneer gaan dit uitskuif ? Hulle sê mos dit begin met Oom Paul se verjaarsdag reën "maar nie hierdie jaar nie"

En dit word nie koeler nie.






Numbi hek
Middag vriende
Ek sien nounet daar word op hoge vlak bespiegel om Numbi-hek te sluit. Dit is die een voorstel van ons toerisme minister, me Sisulu om die aanvalle te voorkom.
Dit skeel my min, want ek maak nie van Numbi gebruik nie, maar dit beteken dat die rampokkers nou maar net hulle bose aktiwiteite gaan verskuif na die ander hekke toe. Kruger- en Phabeni-hek sal seker volgende geteiken word.
Dit is darem moeilik om wetteloosheid hok te slaan, sonder om jou kiesers te benadeel.