Goeiemôre Almal. Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!
Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..![]()
"en vyande"
Môre Johann
dankie dat jy ook aan my dink in jou groet.
Ons gaan vanoggend so stadig om die dam ry. Eers winkels in Schoemansville, dan Jasmyn toe, dan Broederstroom verby, Pecanwood oor Pampoennek huistoe.
Reen oppad
Middag vriende
Lyk my ons gaan die komende week reen kry. Dit sal darem heerlike verligting wees.
Wessel ek hoop jy is reg,…
Wessel ek hoop jy is reg, die hitte hier is erg, en die grond is droog.
Dagse maters. Moet vertel…
Dagse maters. Moet vertel van die heerlike reen wat ons gistermiddag laat hier gekry het. Groot gerammel, maar dit was koel hier, lyk of daar 2 stelsels was wat hier bokant ons slaags geraak het. Die brande daar in Noord Kaap, Noord Transvaal, en die Kgalagadi is kwaai. Mooi dag, en mag die reen spoedig val vir julle.
Brande
Môre vriende
Nog geen reen in Brits, net slegte winde gehad Saterdagaand.
Ek twyfel of dit werklik weerlig was wat brande begin het. Die patroon is te naby aan verlede jaar se verwoestende brande daar.
Uitstappie om die dam was lekker. Verstom my elke keer aan die vreeslik Sondagverkeer om die dam. Die "bikers" is so woelig soos 'n omgekrapte byenes.
Geniet julle week. Die weer…
Geniet julle week. Die weer lyk belowend hier by ons in Roodepoort.
Dalk vandag
Môre vriende
Hopenlik kry ons darem vandag 2 dinge;
1] reën vanmiddag
2] munisipale water in ons pype. Ons het vanaf Sondag alweer nie water nie. Die redes is lagwekkend, beklaenswaardig en afgesaag.
Goeiemôre Wessel en almal. …
Goeiemôre Wessel en almal. Julle moet 'n lekker dag hé. Ons het darem 'n bietjie reën gekry deur die nag - so 1mm. Die wêreld voel vars vanoggend en daar is duidelik nog reën in die lug...
Môre sê vriende, lekker ou…
Môre sê vriende, lekker ou Dinsdag vandag, die naweek kry ook nie klaar nie![]()
Wessel hier belowe die weer ook al vir meer as 'n week reen, maar vandag hoop ek hulle raai raak.
My geyser het "gebars", dit lek stadig water en die solar manne kom dit vandag vervang.
Ek lees die week dat SARS nou van 1 November, by or thambo, dan stadig aan by al die internationale lug hawens, 'n nuwe "travel clearance certificate" vereis. Die ding is 'n aanlyn aansoek en 'n sertifkaat word ge-epos wat jy moet toon by vertrek en ariveer, wat nou nog?
Ons vlieg 3 Januarie en moet dus in besit wees van die dokumente. Hoe hulle regtig valute vloei gaan beheer, ek weet nie.
👋🏻 Dag sê, geniet jou ☕🫖 ...
Die ys is gebreek of Oom Paul se vejaarsdag het geskuif, ons het ook 1mm 🌧 gekry. Nou is dit reg maak vir die naweek se kerk kamp, Surette het besluit ons gaan nie met die 3B by Badseloop kamp dié naweek nie. Sal seker die waantjie moet hak om die vooraad te help vervoer. 🤷♂️
Julle moet dié dag geniet.
Ouskool
Môre vriende
Ek is seker maar konserwatief, ten minste ry ek 'n wit Hilux, met 'n PW hoedjie, maar ek verkies steeds km/l as eenheid vir brandstofverbruik.
Dis net makliker om te skat hoe vêr kan mens nog ry met res van brandstof in die tenk. Gelukkig kan my Hilux gestel word om dit sodanig te toon.
Wat ek ook weet, die geraamde afstand volgens Grompie se rekenaar is meestal verkeerd. Blykbaar is dit net korrek as hervullings plaasvind, naby aan leë tenk, en dan "kanselleer" van rekenaar.
Silikon vs silikoon
Môre Anton
Ek moes seker onraad vermoed het toe ek die trokkie so goedkoop bekom het.![]()
Net ter inligting, indien dit nie 'n vingerglips was nie;
Silikon is die halfgeleier materiaal wat in elektroniese komponente gebruik word. Terloops, dit was een van my projekte by Necsa om die elektriese weerstand daarvan te verander deur bestraling met neutrone. Tonne gedoen vir buitlelandse mark.
Silikoon is nou 'n ander tipe produk, dit het heeltemal 'n ander karakter, vind toepassing in kosmetiese mark, speelgoed vir volwassenes, en vele ander produkte.
Daar leer ek iets
Dankie Wessel
Ek moet erken ek was onder die indruk dat Silicon Valley dalk verwys daarna dat almal daar half van plastiek gemaak is omdat hulle so materialisties is (of omdat meeste vroue daar sakkies silikoon permanent in hulle dra).
Mens is nooit te oud om te leer nie.
mmm...Wessel
Nou hoe bedoel die Oom dan nou? Speelgoed vir grootmense? Hoe lyk dit? ![]()
![]()
Goeie môre Kampforum vriende…
Goeie môre Kampforum vriende, geniet die week breker en braai aand en die heerlike reen weer, hier het dit laas nag so stof nat makertjie geval.
👋🏻 Dag sê, geniet jou ☕🫖 ...
geniet die week breker en braai aand en die heerlike reen weer, hier het dit laas nag so stof nat makertjie geval.
Hier het niks gereën nie ☹ kom ons hoop die voorspelling is waar al is daar geen wolke vanoggend nie.


Altwee wys daar is hoop. 🤞





Goeie môre Kampforum vriende…
Goeie môre Kampforum vriende en vyande, geniet die Sondag.
Die mense wat vandag terug ry, ry veilig en kom vertel waar julle gekamp het, die wat soos ek met skoon familie op gekeep gesit het, dankie tog hulle ry ook vandag