Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -7 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -15 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -15 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -17 hours ago

Oktober 2022 groet en koffie

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Goeiemôre Almal.  Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!

Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai  voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..smiley

Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/10/2022 - 12:34

Middag Chris B

Ek neem aan julle ken die dame van julle dorp wat Afrika alleen plat gery het. Ek het nounet haar verhaal/getuienis op Maroela media gelees.

Ek haal my hoed af vir haar. Ek twyfel of ek alleen so 'n tog so aanpak.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/10/2022 - 12:54

.... ek ken nie die antie nie. Ek het ook gister van haar merkwaardige reis gelees.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/10/2022 - 17:41

Om nie Willem se gespreklyn verder te besoedel nie, moet ons liewer hier verder gesels oor die tekorte.

Len, ek is in die war. Ek dog ons voer ru-olie in, wat dan plaaslik geraffineer word tot diesel as byproduk, met eindproduk petrol. 

Daarom verstaan ek ook nie dat as ru-olie se prys op of af gaan, dan moet diesel en petrol se prys ooreenkomstig dieselfde fluktueer, want dit kom uit dieselfde vat ru-olie. Verlede week is aangekondig dat petrol afkom, maar diesel duurder word. 

Wat mis ek??? 

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 03/10/2022 - 17:49

.... die grootste gros van ons brandstof word deesdae as geraffineerde produk ingevoer. Ons raffinaderye in Durban en Kaapstad bestaan beide bykans net in naam. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/10/2022 - 18:02

Middag Chris B

Dankie, nou is ek ook by. Slaan my met 'n pap snoek, wat is oor in die land???

O ja, slaggate, bedrog, korrupsie, swak bestuur.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 03/10/2022 - 20:06

......verduidelik 'n bietjie hoekom sê jy dit is iewers in die Wes-Kaap.

Ns.  verskoon as ek "toe" is.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/10/2022 - 07:01

Môre vriende

Julle daar onder aan die kus, geniet julle koel weer. Ons lot hierbo gaan warm kry, blykbaar die hele week.

Ek dink ons kan voorberei vir 'n lang warm somer. Hopenlik reen dit binnekort en gereeld, anders gaan tuine sukkel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/10/2022 - 07:07

Môre vriende

Ek sien nounet daar was gistermiddag helder oordag, weer 'n aanval op toeriste voor Numbi-hek. Die keer was dit Duitse toeriste wat voorgekeer was. Een is doodgeskiet, en niks is geroof nie.

Wat 'n VIESLIKE berig wat teruggaan Duitsland toe. Ek hoop net dat die buiteland langs die weg kennis neem van wat terplaatse aangaan.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 04/10/2022 - 07:18

Wat 'n VIESLIKE berig wat teruggaan Duitsland toe. Ek hoop net dat die buiteland langs die weg kennis neem van wat terplaatse aangaan.

Baie hartseer maar die wêreld moet kennis neem.

3 boere ook in plaasaanvalle dood die laaste week in Mpumalanga 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/10/2022 - 07:28

Môre vriende

Ek plaas sommer vir kennisname die omsetting van brandstof swawel inhoud. Moontlik is almal vertroud hiermee, maar dalk werp dit lig vir die ander wat wonder.

50ppm swawel inhoud beteken in afrikaans 50dele per miljoen dele [dpm] Uitgedruk as 'n persentasie, word dit dan 0.005%

500ppm = 0.05%

10ppm = 0.001%

Ek merk op dat koerantberigte die persentasie formaat gebruik, maar ons ken die ppm formaat by die pompe. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 04/10/2022 - 07:38

Dit laat 'n mens al hoe meer dink om maar eerder weg te bly vandaar waar jy inderwaarheid graag wil wees. Ons hier in die Wes-Kaap leef geensins onder die illusie dat ons omgewing veilig is nie - allermins. Maar ek voel net 'n bietjie veiliger om hier in die platteland rond te ry.

Daar is ook paaie wat ek vermy - soos bv die N2 tussen Somerset-Wes en Kaapstad. Ek moes my seun-hulle die afgelope Saterdag lughawe toe neem en het geensins gemaklik gevoel om alleen terug te ry nie. Eerskomende Saterdag moet ek hulle weer gaan haal op die lughawe. Indien hul vlug enigsins vertraag is, sou dit dalk beteken ons moet in die donker daardie pad ry - gevaarlik!!

Kan 'n mens dan só blasé raak dat jy maar bykans gelate aanvaar dat die abnormale nou die normaal is?

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 04/10/2022 - 08:13

Kan 'n mens dan só blasé raak dat jy maar bykans gelate aanvaar dat die abnormale nou die normaal is?

Nee Chris. Ek weier om dit net as die normale te aanvaar. Iets moet drasties gedoen word. Hoe lank is die polisie al bewus van die insidente by Numbi hek. Ek kan nie hier sê wat ek sal doen eas ek so 'n voorval voor my sien gebeur. Ek is ten alle tye voorbereid vir so iets.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/10/2022 - 08:53

Dis tragies.  Ek het die laaste paar weke op FB opgemerk reisigers moedig mekaar aan om maar weer daardie Numbi-pad te gebruik want dit is glo " deedae veilig".

As ek weer Wildtuin toe gaan, sal ek maar eerder Malelane-hek, Krokodilbrug-hek of Phalaborwa-hek gebruik.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus