Goeiemôre Almal. Julle moet 'n lekker dag, week en maand hé!
Ek drink nou my laaste koffetjie hier in Gordonsbaai voor ons oppaknen Yzerfontein toe ry..![]()
Anton, is daar nog iets aan…
Anton, is daar nog iets aan die gang by die lughawe?
Johann, Ja, daar is mense daar wat jobs het.
U eie keuse
Môre vriende
Voordat ons almal hopeloos neerslagtig raak oor die land se situasie, die dieselprys en al die dinge buite ons beheer, kom ons geniet die gratis kleinighede wat na ons kant toe kom.
Wie het verlede Saterdagaand ook geluister op RSG na die spesiale program," U eie keuse" van 2 ure se musiek. Dit was moontlik gemaak deur die Rupert-stigting.
Ek het net weer besef dat daar darem ongeloflike musiektalent is in onse land.
Môre Wessel en ander wat ook…
Môre Wessel en ander wat ook kom inloer, geniet die dag en week asof dit die laaste is, vergeet van die negatiewe dinge is die wêreld. Daar is baie positiewe dinge om te geniet.
Wie wil in elk geval nou goedkoop diesel in jou duur voertuig gooi?![]()
Absoluut korrek Johann! Het…
Absoluut korrek Johann! Het genoeg betaal vir my tipper om hom nou te wil opmors met goedkoop diesel...net die beste vir hom![]()
Môre Wessel !
Soos in 'n What'sApp boodskap Saterdag aan jou gesê, het ons die 85-jarige bestaan van RSG en hul program "U eie keuse" Saterdagaand geluister en baie geniet. Dis natuurlik nie net die musikante in SA wat briljant is nie, maar ook die duisende luisteraars wat nog steeds oor jare heen klokslag Saterdagaande hul keuse van musiek versoek.
Die "sente omdraai" storie. Nee Wessel, ek verwys beslis nie na myself, my forumvriende of ander vriende nie. Ek verwys eintlik maar na ouens wat vir jare 'n krip gehad het om rande uit te vreet, of ouens wat vir JZ R500 000 uit sy agtersak kan help om regskoste te betaal. Hierdie klas van ouens het nie nodig om hul sente om te draai nie.





Wessel, ken daai magtelose…
Wessel, ken daai magtelose gevoel as slegs die klank volume verander as mens daai pedaal intrap terwyl die snelheid dieselfde bly
My laaste (en enigste, dankie tog) Toyota was een van daai boksvorm Corolla's (die laastes met agterwiel aandrywing) rondom 1981. Die outjie nuut gekoop en moes nogal 6 maande wag voordat hy afgelewer is. Teen 120km/h het dit geklink of daai enjin wil uitval met die hoë toere teen daai snelheid! Maar ons dwaal nou af van die eintlike onderwerp...