Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -43 minutes ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -1 hour ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -2 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -2 hours ago

"After market" installasies op jou karavaan

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

My ervaring is dat 'n tipiese woonwa-kampeerder verbeter maar voortdurend sy woonwa, meestal "doen dit self" maar soms is dit nodig om sekere dinge by spesialiste te laat doen.  Ek het talle verbeterings self gedoen, maar die volgende twee byvoegings het ek laat doen :-

Lugversorger : Die lugversorger in my wa is 10 jaar gelede in 2013 deur Jaco van den Berg van Pretoria-Oos Woonwakliniek teen R8450 geïnstalleer, insluitend die koste van die raam op die stert van die wa. !  Absoluut geen probleme tot dusver nie en dit was 'n uiters puik installasie.  Lank na hierdie installasie het ek wiellaers by hierdie onderneming laat vervang en was ongelukkig nie tevrede met die diens nie.  Ek is ook bewus daarvan dat Willem ook nie gelukkig was met 'n outomatiese water-vuller-installasie nie.  Ek weet egter nie wat die huidige vlak van dienslewering daar is nie want ek het nie weer van hulle dienste gebruik gemaak nie.

PowrTouch movers : My verskuiwers  is 7 jaar gelede in Januarie 2016 deur Pine Joubert van WC Caravan Fitment Centre in Brackenfell geïnstalleer teen 'n koste van R19785.  Dit was 'n uitstekende installasie en die stelsel werk steeds probleemvry.  Ek neem die wa so elke twee jaar na Pine net om die verskuiwers skoon te maak en seker te maak alles is nog in orde .

Ai, dis darem lekker om jou wa spesiaal te maak om aan jou behoeftes te voldoen  -  dit maak die kamplewe soveel lekkerder.

.

.

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/01/2023 - 10:30

Môre Len

Ek hou van daai  lugversorger se posisie. geen bloubaadjie [verkeersbeampte] kan met kamera jou nommerplaat lees nie. 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 03/01/2023 - 10:49

..............moenie dat die foto jou mislei nie.  Toe ek die betrokke foto geneem het, het ek te naby aan die karavaan gestaan  -  'n bietjie verder terug is die nommer volledig sigbaar.  Het gesien op 'n spoed-boete  foto wat van agter geneem is.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/01/2023 - 11:15

Middag vriende

Toevallig is ek besig om met my sonpanele die batterye te laai, toe kon ek gou 'n foto neem van die lekkerste plesiertjie wat ek laat aanbring het, die verbeterde laaistelsel. Tesame daarmee is daar twee 105amp.hr batterye ordentlik ingesit, asook 'n omsetter, sodat lae stroom goedjies gebruik kan word. Dit is gedoen deur PBE in Centurion. 

Ek het die gebruikte Kavango gekoop met 'n klomp ekstras, waarvan die volgende net voordelig is;

1] voorste neuskombers

2] lugreeling

3] ekstra koskas, regs voor

4] jerry-kanne agter langs noodwiel

5] ekstra veranda

6] sytent- en voorste bed- dakke in toeruig sakke,

7] Hilux bakkie vellings en bande

7] 12V aangedrewe neuswiel

Ongelukkig het ek ook 'n klomp onnodige pypwerk, vloeimeters en rekaanaarbeheer van watertenk laat uithaal. dit het net nie gewerk nie, en ek kon nie die handleiding kry nie. 

Hopenlik kry ek stawende foto's van sommige plesiertjies gelaai.

 

 

  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/01/2023 - 11:30

Middag vriende

Aangesien ons nou uitpak en " brag", nog 'n foto, met die 320watt panele. Ook kan gesien word die panele van ECHO om 'n vol [toe] tent te maak.

Ongelukkig staan my voltent nou NIE so mooi snaarstyf en perfek soos Chris S se Kavango nie.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 03/01/2023 - 11:31

Mooi so Wessel, hierdie "plesiertjies" soos jy sê,  is uiters bevredigend !

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 03/01/2023 - 11:38

Ek gaan nie die Exclusive se dinge weer herhaal nie.  Die beste was om daai rol deur by die kombuis uit te gooi en die wasbak vervang met 'n glas blad een en die "movers".

https://www.kampforum.co…

https://www.kampforum.co…

https://www.kampforum.co…

https://www.kampforum.co…

https://www.kampforum.co…

Die 3B het ek als self gedoen behalwe die nuwe stoep tent met kante wat ek laat maak het.

Ek het met hierdie kamp weer 'n lysie gemaak van goed wat ek wil doen.

Ek kon nie verstaan hoekom die water uit die kraan elke keer so spoeg nie, tot ek besef die water loop uit die pyp.  Gelukkig het ek by die huis een van daai eenrigting kleppies wat in 'n tuinslang pas, wat ek net voor die pompie gaan insit sodat as ek die pompie ontkoppel dan sal al die water uit die pype loop.

https://www.kampforum.co…

Ek dink dit is als van die 3B.

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 03/01/2023 - 12:29

Is so waar wat Len noem...................dat al die veranderings wat aan die wa gedoen is maak kamp lewe net geriefliker en lekker.

My laaste projek met die eethoekie se tafel is baie meer bruikbaar vir ons. Die meeste van wat Willem aan sy wa gedoen het, het ek ook gedoen behalwe dat ek nog die watertenk met tuinslang volmaak. Nuwe waterpomp soos Len onder die yskas geïnstalleer en nou maak ons heelwat gebruik van die stort.

My assuransie op die wa moet in Februarie hernu word en ek het slegs die standaard R30,000.00 inhoud versekering. Besig om alles bymekaar te têl want Carasure het my laat weet dat my premie nie verhoog word nie. Gaan inhoud aanpas. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 03/01/2023 - 13:27

...........Willem, dit was nie my bedoeling om alles te herhaal wat ons al voorheen bespreek het nie.  Ek wou net graag erkenning gegee het aan spesialiste wat spesialis-items  puik installeer wat vir jare probleemvry werk. Wessel het nou ook vertel van die uitstekende diens van Pieter Barnard wat sy hele kragstelsel vervang het.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 03/01/2023 - 14:43

👍 Len,  ek het ook in die begin baie van Jaco van den Berg gebruik gemaak.  Dit is juis hy wat die rol deur kas en wasbak verandering gedoen het en ook die water stelsel (waarvan ek die eerste keer als vir hom gegee het) hy het dit later net elektronies gemaak.

Miskien moet jy net erkenning in die hoof opskrif ook sit ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus