Ek het al orals gesels oor die Silver Seil, nou het ek besluit om 'n draad te begin sodat ek die inligting op een draad kan hou vir almal om te sien.

Julle het die foto al 'n paar keer gesien, soos ons in 2013 Desember by die Eiland gekamp het.
Wilsur se Exclusive se...
Dankie Willem ![]()
Die opskrif moet lees "Wilsur se Exclusive se silver seil"
![]()
Dankie Willem, ek hou hier…
Dankie Willem, ek hou hier dop.
Hou baie van daai selfde twee wat jy verkies, Bennanta dink wel die "dowwer" seil gaan beter werk, maar ek sal besluit as jy die inligting hier plaas.?
DIE RIPSTOP-SILWERSEIL GAAN LANK HOU
Ek het my Boswa se voorseil van die Ripstop-silwerseil laat maak met 'n webbing deur die middel wat vas gestik is wat dien as stormband. Die voordeel hiervan is jy kan baie spanning op die seil sit sonder om bekommerd te wees dit sal skeur of afskilver. Al wat my pla is dat dit nie werklik so koel is as wat mens sou wou hê nie. Ek oorweeg ook om een te laat maak wat oor my Boswa kom, maar ek gaan dit ontwerp sodat mens op verskeie plekke studpunte het wat dit oplig van jou bestaande seil . Die stutpunte sal sorg dat lug onderdeur kan beweeg, want dit is al manier wat verkoelling werklik sal meebring. Ek het op my ou Boswa skadunet gehad en dit het uitstekend gewerk.
SORRY SO LYK MY VOORSEIL VAN TORA-2
Amper vergeet ek die voorseil van my Boswa lyk so van binne en buite. Die webbing kan mens sien aan die binnekant in die middel
Baie netjiese opset Tora?…
Baie netjiese opset Tora?
Ja, dit is noodsaaklik dat daar lug vloei tussen die tent dak, en die "oortreksel" is. Ek het aanvanklik pool noodles daarvoor gebruik, maar het toe gesien dat Willem addisionele pale gebruik, wat netjieser vertoon, het toe vir my ook pale op gemaak.
Die seil wat Willem daar gehad het, hy het heelwat samples gehad, het ek en my vrou baie van twee gehou. Een van hulle was juis 'n dun ripstop, dit blink minder as die ander, maar lyk baie duursaam.
Die persoon wat dit verkoop, maak ook volgens jou behoeftes die seil op.
Nou wat het van jou prentjie…
Nou wat het van jou prentjie geword?
My seil gaan so lyk.
Willem, jou laaste inset, …
Willem, jou laaste inset, soos ek dit aan gehaal het, wys net so blokkie.
Willem jou laaste inset het…
Willem jou laaste inset het jy n tekening op gehad met mates waar jou pale is, nou is daar net n blokkie en ons kan niks sien nie.
Hy wys reg hier by my en ook…
Hy wys reg hier by my en ook op Johann L de draad ?
Willem, hier is al wat ek…
Willem, hier is al wat ek kan sien, lyk my die probleem lê by my tablet?
Ja, daar sien ek dit nou?
Ja, daar sien ek dit nou?
Ek sien nou ook die eerste een?
Ek sien nou ook die eerste…
Ek sien nou ook die eerste een?
gebeur parykeer as al die data nie reg download nie, dan maak hy so n blokkie. Ding is, jou browser mag dit so onthou, so al refresh jy wys hy net die blokkie. Na 'n ruk, met n nuwe sessie kan ny weervreg vertoon.
Dankie Anton, ja ek het…
Dankie Anton, ja ek het gegaan en my blaaier, hoe is daai vir Afrikaans?, skoon gemaak.
Willem, het jy al enige…
Willem, het jy al enige terugvoer ivm die silver seil?





WilSur se Silver Seil
Soos ek genoem het was ek by All Out Gear (Leani) gewees en verlede week het ek 'n klomp materiaal voorbeelde by haar gekry wat ek die naweek saam gevat het na die Mabalingwe kamp toe. Daar is 'n voorbeeld van hoe ek die seil gemaak wil hê en dan is daar twee produkte wat ek baie van hou.
Ek moet nou die voor beelde vir haar terug vat en gaan vra dat sy elkeen op 'n raam sit wat dan in die Pretoria Noord son kan staan tot net voor ek my seil gaan laat maak vir Desember. Dit behoort my 'n aanduiding te gee hoe gaan die seile hou in die son en reën.