Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -3 minutes ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -32 minutes ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -53 minutes ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -55 minutes ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago

Strydoms se 2023 toer-idees

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Môre vriende

Na aanleiding van Len se opmerking dat kampeerinsette min is, deel ek sommer my kampeer/toer idees met julle. Dit is nou, as dit ons beskore is.

Plan 1: Blommekyk gedurende Augustus/September. Om die gewraakte Vryburg mis te ry, oorweeg ek dit om via Aldam, Mokala-NP, Upington, Augrabies tot in Springbok te sleep. Dan ondertoe na Van Rhynsdorp, en terug oor Calvinia tot in Upington. Vandaar terug in my spore huistoe. Dit sal so ongeveer 3770km se sleep wees.

Plan 2: Blommekyk net tot by Springbok. Neem dan maar die N14 die kortste roete oor Vryburg, en draai in Springbok om, met N14 huistoe. Benaderde afstand is dan slegs 2850km.

Plan 3: Om soos tevore genoem, die meeste van Kaapse SANPARKE te besoek. Ry dus via Aldam, Bloemfontein na Mokala. Vandaar af na Karoo-NP, dwars na Camdeboo, en Bergkwagga by Cradock. Dan terug via Gariep met N1 tot in Brits. Dit is dan 'n benaderde afstand van so 2600km. 

As mens net vooruit weet of daar wel blomme gaan wees. Ek hou nie daarvan om sonder enige besprekings rond te sleep nie. Ek is bekommerd dat teen die tyd dat mens wel weet dat dit 'n mooi blomme jaar is, mens nie meer kampeerplek in Sprinbok, Kamieskroon gaan vind nie. 

Hierdie idees is natuurlik aanvullend tot ons reeds bespreekte toet van bo tot onder in Kruger-NP, gedurende Junie'23. 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/01/2023 - 06:01

Môre vriende 

Volgens die meerderheid mense wat al gaan blomme kyk het, wil dit voorkom of die laaste week van Augustus tot middel September, die mees aangewese tyd .

Herman, jy moet nou net by Armond uitvind of die ergste koue in Augustus al gewyk het.

Hoe lank voor die tyd moet mens bespreek in Namakwa omgewing se oorde vir blommetyd.??    

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 07/01/2023 - 06:10

Hello Wessel. Sy antwoord sal seker wees soos ek kan antwoord vir my kontrei. "Die enigste maand wat dit nog nie hier gesneeu het nie is Februarie". Augustus in die Karoo glo ek is meer geneig tussen bitter koud en winderig na mo&r koud en spierwit geryp.

Doen jou beplanning, van hier sal dit maklik wees om aan te pas met datums.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/01/2023 - 06:35

Dankie vir die weerverslag, synde dat Marie 'n erg koud sensitiewe mens is, sal ek seker moet kennis neem van daai m...r koud en ryp waarskuwing.

Ons was Meimaand 2021 in Twee Riviere, en die temperature was die hele termometer oor. Soggens vroeg begin op -3 C, dan teen 11hoo word dit 30C, om weer teen vroegaand vinnig te daal.   

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 08/01/2023 - 12:36

Middag vriende

Wie het ook onlangs by Ou Skip gekampeer. Ek sien Josef Willem was in 2021 daar, en het dit veilig en aangenaam gevind.

Van Zylsrus in Kuilsrivier is goed, maar ek het enkele dinge teen die plek,

1] die eenrigting paadjies na staanplekke

2] staanplekke is baie knap, maar baie skoon en netjies

3] ablusieblokkie, is klein, verbasend het ek nooit gewag vir 'n stort of toilet nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 13:17

Middag vriende

Julle 4x4 so lekker, dat ek maat weer moet vra, wat dink julle van Ou Skip woonwapark. Kan mens dit as veilig en netjies beskou??

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/01/2023 - 14:18

Ons was nog net een keer daar in 2018. Dis ‘n netjiese oord en die badkamers was skoon. Daar is ‘n reuse swembad wat ek nie seker is of dit oop is vir die publiek nie, maar dis geskei van die oord itv toegang (alhoewel dit toeganklik is vanuit die oord, as dit sin maak). 
 

Dis ‘n ent van die see af, as dit belangrik is. Ek ken Melkbosstrand nie so goed nie, maar tipies Weskus is die water koud en die een keer wat ons strand toe was het die wind laat loop. Dis lekker naby aan Koeberg vir ‘n afgetrede kernfisikus wink

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 14:28

Middag Chris S en ander

Ek beplan mos 'n blommekyk toer, en dan moet ek eintlik 'n draai by my suster in Bellville maak. Ek gaan dus Ou Skip bloot vir 'n staanplek en slaapplek gebruik.

Van Zylsrus is baie nader aan my suster, maar dia goed om 'n 2de oord in gedagte te hou. Die uitleg van Van Zylsrus is effe beknop vir my borrel. Dalk wen die nabyheid tog oor die beknoptheid.

'n Besoek aan Koeberg mag dalk 'n goeie idee wees.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/01/2023 - 14:49

Al ander kampeerplekke naby aan Belville is Hardekraaltjie en Kuilsrivier. Beide kry gemengde resensies op Google. Ou Skip s’n is beter, maar vanZylsrus s’n is die beste van die vier. 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/01/2023 - 14:55

By verre die grootste deel van die oord is permanente inwoners. Hoekom ek dit weet, is omdat Chris Jnr nie wou slaap een aand toe ons daar was nie. Ek het eers deur die hele oord met hom gery en toe al die pad tot by Koeberg se ingang en terug (maar hy was steeds wakker). Google Earth of die satelliet foto op Google Maps toon ook hoe groot deel van die oord uit permanente inwoners bestaan. Dis egter meestal huise, nie karavane nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 17:30

Chris, nou maak jy my bekommerd. Ek kan nie help nie, maar ek het altyd die ongemak oor "permanente" inwoners. 

Dalk is ek totaal verkeerd, en almal is sulke gawe mense soos ons vriend Arie.

0
Florauna, Pretoria

chris dupreez

Mon, 09/01/2023 - 18:00

Middag Wessel, ons was in Mei maand daar by Yzerfontein, my dogter bly in Blouberg en ons het spesifiek gaan kyk na Ou Skip om bietjie nader aan haar te kamp vir n paar dae. Ek was baie teleurgesteld in die plek en het dit maar gelos. Ek sal nie eers een aand daar oorslaap nie. Die plek was glad nie netjies en versorg nie , inteendel baie slordig. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 19:28

...baie dankie vir jou openhartigheid. Dis jammer, die waarheid maak maar seer, maar ons moet nie doekies omdraai en "polite" wees as dit kom by oorde se evaluering nie.

Julle spaar my nou baie verdriet, ek beplan om so 3 tot 4 nagte in Bellville omgewing te wees. 

'n Ander opsie is om êrens omliggend te gaan staan waar suster relatief goedkoop in 'n huisie/chalet kan oornag. 

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 09/01/2023 - 20:45

Dit is een van die netjieser munispale oorde, en ons het nog elke keer lekker daar kampeer. Hulle het ook huisies, maar ek weet nie hoe dit binne lyk nie. 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 10/01/2023 - 06:08

Chris,  ek en my vrou het juis gister gesels oor al die kampeerplekke wat ons laasjaar besoek het.  Yzerfontein is die een  wat ons die minste verkies.  

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 10/01/2023 - 06:53

Dalk omdat ons transvaalers is en graag die see wil sien en ook die son wil sien sak oor die see terwyl die braaivleis vuur brand.   Die geriewe is ook bietjie vervalle en daar is 'n "slordigheid" wat die kampeerplek versier.  

Let wel dat ek nie sê ons sal nooit daar kamp nie, maar wel dat ons Yzerfontein minder verkies en eerder by ander plekke in die omgewing sal kamp...

0
Worcester

Wildehont

Tue, 10/01/2023 - 10:47

Ons was taamlik lanklaas daar, maar toe was alles nog in redelik goeie toestand. Ons het maar elke middag die sonsondergang gaan kyk van die trappe oor die duin af. As mens verder van daar af kampeer is dit seker nie so maklik nie. Gee bietjie jou verkose alternatiewe aan die Weskus (ek praat nou nie van noord van Strandfontein nie). 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 24/02/2023 - 10:39

Môre vriende

Kyk om getroud te wees het sekerlik voordele, maar o genade, om vakansie-beplanning afgehandel te kry tot almal se bevrediging, is omtrent 'n sak sout.

Ek dog so ewe dat ons die keer 'n strand/see vakansie [paar dae] kan los, maar toe word daar mos geprosedeer en gegluur. Nou soos alle oud getroudes weet, mens soek nie onnodig moeilikheid nie, en mens is mos maar die minste. Dan gaan gooi mens maar so stilletjies die goed in die garage rond, gryp 'n vurk en dolwe 'n blombedding skoon.

Wel, daar is tans besluit dat ons hier sal afsleep via Aldam, dan na Riverside by Ritchie [of Sandgat by Van der Kloof] tot by KarooNP.

Daarvandaan nou eers na Jongensfontein vir aangename paar dae in korrosiewe omgewing, daar is darem 'n getypoel ook. Dan hopenlik na Van Zylsrus in Kuilsrivier. 

Vandaar gaan ons die pad vat Namakwaland toe, hopenlik is daar 'n paar veldblomme om na te kyk. Hopenlik kry ons plek by Rondeberg oord. Dan skuif ons nog hoër tot by Kamieskroon, gaan Kroon Lodge bespreek. 

Die pad terug huistoe is dan Sprinbok, tot by Augrabies. Van daar Kimberley se kant toe, hopenlik vir 'n paar aande in Mokala. Dan terug via Aldam  tot by Brits. 

Dis die beplanning, gedateer die hede, en besprekings sal volgende maand gedoen word. Dit gee die beterhelfte tyd om planne aan te pas.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 24/02/2023 - 11:17

.............betergeslag uitoorlê.  Ek volg die gebruik om ons toerprogram uit te werk en dan wag ek vir die TV-program Boer-soek-'n-vrou of die TV-sepie Binnelanders.  Sodra die program lekker aan die gang is, vra ek vir Annatjie of sy tevrede is en gewoonlik is die antwoord 'n vinnige "lyk goed" om nie die draad van die TV-proram te verloor nie.  Vir my werk hierdie metode heel goed.

0
Worcester

Wildehont

Fri, 24/02/2023 - 11:35

Mens kan nie ‘n ou hond nuwe toertjies leer nie. Eintlik moet mens net by die ou honde hulle slim toertjies leer. Oom Len se plan klink puik. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus