Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -5 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -5 hours ago

Ons Kgalagadi toer April 2023

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin maar die gesprekslyn, want die slapies raak nou min. Ons is twee gesinne wat saam toer. Almal ken my kombinasie van 2008 Prado en 2008 Kavango. Ons vriende Riël en Jacolien se kinders is byna presies  so oud soos ons twee, maar hulle het twee dogtertjies en sleep ‘n 2005 Penta met ‘n 2017 Everest 2.2. Vir die toer leen hulle ‘n vriend se nat nuwe Conquerer Commander. Hulle huur ook ‘n 4x4 Fortuner by Kgalagadi Lodge vir die eerste paar dae in die park. Hier is ons program:

31 Maart: Worcester tot by Oranjerus in vaste verblyf. ‘n Baie lang dag. 

1-3 April: Kalahari Trails Eco Camp kampering 36km buite Twee Rivieren hek. 


3-5 April: Polentswa kampering ‘n uur noord van Nossob. Die eerste dag ook ‘n lange

5-9 April: Rooiputs kampering. Die eerste dag ook ‘n lange. 


9 April: Vaste verblyf buite Brandvlei. Ook ‘n redelike lang dag.

10 April: Worcester. Omtrent ewe ver as die vorige dag, maar sonder om kamp op te pak die oggend. 

Worcester

Wildehont

Fri, 31/03/2023 - 17:27

Ons het so 45 min gelede veilig by Oranjerus aangekom. Dis lekker warm hier en windstil. Ek is ooklekker moeg.
 

Ons het goed gery, 21 minute langer as die 10 ure wat ek geskat het. Na Brandvlei het ek vinniger gery as wat ek op ander roetes sou. Die pad is baie stil en reguit. Ek het tussen 110 en 115 GPS spoed gery. Albei kombinasies was 100% stabiel, al is albei waens se watertenks leeg. Ek dink van nou af ry ek altyd so. Dit mag my beter brandstofverbruik verklaar ook. 120kg water is gelykstaande aan my gewig plus ‘n kis bier.
 

Gepraat van brandstofverbruik; Wessel wou weet wat die Everest lewer. Volgens die rit rekenaar 7,62km/l, maar in my ervaring is die rit rekenaars so optimisties oor brandstofverbruik as wat die spoedmeter oor snelheid is. Die Prado s’n is so 5km/h vinniger as GPS en Riël se Everest so amper 10. Uiteraard sal die Everest se verbruik aansienlik beter wees as die Prado, en hy het goed by my gehou behalwe op baie steil bulte. Interessant is die Conquerer heelwat hoër en breër as die Kavango. Nou gaan ek ‘n koue bier of twee sluk. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/03/2023 - 20:09

Stem saam met Len, ek ry lekker saam.

Die Conquerer is ook leeg reeds 230kg swaarder as die Kavango. Jou vriend sleep dus beslis swaarder as jy, breër, hoër gee meet windweerstand en dan nog swaarder in gewig ook.

Geniet daai bier, môre is 'n baie korter dag.

Jou vriend moet oplet na sy hak, drade en kabels, is bietjie laag en kan dalk hak aan middelmannetjies.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 01/04/2023 - 09:55

Jou vriend moet oplet na sy hak, drade en kabels, is bietjie laag en kan dalk hak aan middelmannetjies.

Die wa het ‘n lang kabel wat in ‘n huls is. Dit maak dit moeilik om dit te buig. Ek sal hom help voor ons die park binnegaan.
 

Die vrouens is nou besig met die laaste inkopies by die Kalahari mall voor ons pad vat Kalahari Trails toe. Ek was gou by Midas om snot proppe en soliede brons terminale te koop vir die Prado se battery. Ek is tans by ‘n plek wat dit gou vir my opsit. Dit was Hein se raad toe hy die probleem met warm aanskakel van die Prado aangespreek het. Ek soek nie ‘n herhaling daarvan in Kgalagadi nie. Dit is lekker warm hier.
 

Die probleem het nog nie weer kop uitgesteek sedert hy die aansitter nagegaan en die kabels daarna reggemaak het nie, maar toe ons gister in 32 grade by Oranjerus stop moes ek weer ‘n paar minute wag dat dit afkoel voor die aansitter wou swaai. Dis nou nie hoe mens in Kgalagadi wil werk nie! Gelukkig is ons in twee voertuie as die aansitter glad nie wil werk terwyl ons langs leeus afgeskakel is nie. Dit het darem nog nooit gebeur dat dit nie weer werk na dit afgekoel het nie. Ek wil nie heeltyd die Prado laat luier nie, al raas die enjin nie te erg nie. Hou maar duim vas dat die brons terminale die ding doen!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 01/04/2023 - 10:23

Lekker julle gaan dit meer as ons geniet wat staat maak op jou deeling met ons.

🏕🥃🔥🥩🍻

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 01/04/2023 - 11:56

................'n kansie het, vertel 'n bietjie meer oor die Prado se snotkopprop en soliede brons terminale probleme wat jy moes oplos. (Jammer as jy dit iewers anders vertel het wat ek gemis het).  Ek vra maar want dit is 'n ongekende probleem by Nissan.

Ns. Dit is goed om te weet van die Toyota- en Fordprobleme en hoe om dit te oorbrug want ons Nissan-manne weet nie van dié goed nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/04/2023 - 12:50

Middag Len

Ek is seker die snotstroppe is om papwiele reg te maak. Ouens met Toyotas en Rangers kry dit nodig, maar Nissans wat nooit van die teer afry nie, sal dit nie nodig kry nie.laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 01/04/2023 - 13:18

..................ek kompeteer nie met die ouens wat weet nie, maar my ou Pathfindertjie het darem al grondpaaie in die Kgalagadi en elke denkbare grondpad in die Kruger Wildtuin gery.

Ek spog nie, sê maar net om die verkeerde afleiding reg te stel.

Kom ons wag eerder vir Chris se reisverslag.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/04/2023 - 13:40

in my foto op Servaas [nuwe tweede handse woonwa] se gesprek.

Daai kombinasie van Padvinder en Penta kon net nie bo 100km/hr kom, sonder om vreeslik te begin swaai nie. Ons het selfs by Gariep die bal-hoogte verander, maar aikona.

My swaer het vas geglo dit was sy beste 4x4. Die 6 silinder petrol outomaties.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 01/04/2023 - 18:23

Ek het self 'n Penta vir 8 jaar gehad en het nooit soiets ervaar nie.  Destyds, gereeld gesleep vanaf Harare in Zimbabwe se vrot hoofpaaie tot in Suid-Afrika sonder ooit 'n geswaai.  Daar moes iets drasties fout gewees het met daardie swaaiende P/F-Penta kombinasie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/04/2023 - 19:19

Naand Len

Ek het eers in Oos Londen gehoor dat hy die suspensie gelig van die Padvinder gelig het. Dit was om by uitsondering,  soms 4x4 plekke te ry. 

Dit was so erg dat ek na 20 minute agter hom, hom gebel het en ingelig het, dat ek gaan verbykom en voor sleep. Ook dat ons nie nodig het om oor 100km/hr te sleep nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/04/2023 - 18:41

Naand Chris S

Julle moet lekker sleep môre. 

Jou vriend moet vir 'n eksperiment tot by Nossob in normale 4x2 sleep. Ek sal graag wil hoor of 'n gewone 4x2 bakkie met 'n woonwa dit sal maak tot in Nossob.

Jy is mos by om hom uit te help, sou hy vassit. 

Ek het sonder woonwa gery tot by Dikbaardskolk, en daar was kol-kol redelike dik sand dele.

Geniet julle vakansie. 

0

Ek wens ek was julle. Ek is so lus vir die Kgalagadi. Julle is sowaar bevoorreg. 

Ek het my Penta in George gaan haal. Ek sleep met 'n Chev Trailblazer. Ek moet sê dat die Penta meer stabiel op die pad was as my Romany. Ook geen swaai ervaar nie. Ek moes selfs so nou en dan myself bedwing of ek ry te vinnig. Ek hou nie daarvan om vinniger as 110 te sleep nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 03/04/2023 - 11:17

... te vinnig wink

Hierdie ouballie bly maar by sy 90 kpu (GPS spoed) - oftewel sowat 97 kpu op die klok van die Hilux.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 03/04/2023 - 15:29

Hierdie ouballie bly maar by sy 90 kpu (GPS spoed) - oftewel sowat 97 kpu op die klok van die Hilux.

My klok spoed en GPS spoed is slegs so 3kpu verskil. Ek het 'n 2017 Chev 2.5 Trailblazer. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 05/04/2023 - 15:39

Terwyl Chris nou so lekker met sy tone in die rooi sand sit.

Het nog net drie weke voordat ons beurt kom!! Was lanklaas so opgewonde, het al die olie afgetap, n hele 1500km te vroeg, al die nippletjies geghries.

Vandag die agtersitplek uitgehaal. Het daar n platform gemaak wat in plek vasbout en waarop die engeltjie staan, lekker by die deur vir n koue uithaal, en agter my word drie ammo kiste opgestapel. Een het al die proppe, pompe en handcleaner in. Die ander twee vir groente en whatever plek soek.

Dan het ek die twee kratte wat in Jurgie saamgaan. Vir houstskool, die effe kleiner een. die ander een effe groter met als in vir om die vuur.  n Klein 1,8kg gasbottel vir koffie, n broodoondjie op die vuur. Toeknyp rooster met staander, byl, grafie, blits potjie driehoek. Die twee druk stewig in tyssen die laaikas en yskas/ammoboks gaping, maar lyk nou nie te haaks  nie, sal myself oorsien die trip vir slapgat raak.

Die laaikas is saamgeflans van 18mm laaghout, en het al baie getravel. Die een laai is vir kos, die ander een vir die versterkings. Ek glo aan genoeg spasie vir die, en daar sal nie n droogbek aand wees nie.

Die sagte sakke met klere en linne word bo-op die laaikas gepak. Spasie langs die kas en bakwerk, pas n 5l kan drinkwater lekker in.

kas.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 05/04/2023 - 15:50

klink na baie werk, behalwe nou die ghries van nipeltjieslaugh

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/04/2023 - 16:15

Dan het ek die twee kratte wat in Jurgie saamgaan

Gaan Jurgie saam? 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 05/04/2023 - 17:01

Verkeerd gestel Chris, neef sou nooit n onderwyser kon word nie. verduidelik nie verstaanbaar nie...Die twee kratte maak deel van Jurgie se logistics ook. Ons bly in kampe met akkommodasie, beddens etc, al is dit tent kampe,

Waneer ons met net die Toyota toer en kamp, word dieselfde kratte op die dakrak gepak, en die spasie agter die Engel is net reg vir die tent. So met die luxury trip het nie n dakak nodig nie, en so die inpak anders.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/04/2023 - 17:33

Ek het die afgelope week in die media gesien dat koeie gee meer melk terwyl hulle luister na sagte, klassieke musiek. Nou sien ek weerskante in die laairuim twee netjiese luidsprekers  -  gaan jy ligte klassieke musiek speel om die regterkantse laaikas se inhoud (die met versterkings) 'n bietjie op te kikker, meer en lekkerder te maak ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus