Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -26 minutes ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -21 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Koffie en Tee

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

DUSTY:  3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!

Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!

Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;

KOFFIE DRAAD 1

KOFFIE DRAAD 2

t

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 25/10/2017 - 20:53

Dankie ook vir die kort-kort skoonmaak van die elle lange Koffie-draad !

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 25/10/2017 - 20:57

Dankie ook vir die kort-kort skoonmaak van die elle lange Koffie-draad !

hehe  soos dit hier gaan sal ons een van die dae 'n hele coffe shop hier hardloop

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 26/10/2017 - 04:51

Goeie more.

Lekker om weer te kan gesels. Het almal se praatjies gemis. Sit reeds en tee drink. Koffie masjien is ook aan die gang.

Lekker dag vir elkeen

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 26/10/2017 - 06:48

Ja, dit is lekker om weer vanoggend te groet.  

Hier by ons het dit gisteraand klein bietjie gereën.  Vanoggend is bewolk en koel met nog 'n moontlikheid van reën vandag.  Maar daar word 'n sterk wind voorspel.no

Vriende van ons kom vandag op die staanplek langs ons intrek tot na die naweek.   Die vrou is allergies vir knoffel en kan nie eers 'n spesery eet wat moontlik knoffel bevat nie.   Veiligheidshalwe verkies hulle om hul eie kos te maak, so elkeen doen sy eie ding in daai departement.

Mooi loop en geniet julle dag!

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 26/10/2017 - 06:55

Die vrou is allergies vir knoffel en kan nie eers 'n spesery eet wat moontlik knoffel bevat nie.   

hehe -  o gats.   Moenie daai Weg Ry&Sleep knoffel-en-pestro broodjie hierdie naweek maak nie.    

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 26/10/2017 - 07:08

More sê,  my tweede kopie tee dankie, mag jul dag mooi loop.

Hier is dit lekker toe getrek, ek gaan dus dadelik aan die werk spring en die grassnyer besig hou voor die reen val.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 26/10/2017 - 07:14

Hi

Freda ek ook alergies vir knoffel, maak dit nogal moeilik want so baie goed het knoffel in!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 26/10/2017 - 07:26

So Arie, jy eet gereeld uit.  Is jy nie bang daar is knoffel in die kos nie?   As mens die fyndruk van bestanddele lees op speserye bevat die meeste van hulle knoffel.  Selfs Aromat.   Die mense het op 'n slag by ons kom eet en ek het beloof daar sal geen knoffel in die kos wees nie.   Ek was so versigtig, het maar net gehou by sout en peper.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 26/10/2017 - 08:22

Lê nog met ' lekker 2de beker koffie, lekker bewolk buite.

Die 3B is reg vir die naweek want die WilSur vriende sluit dié jaar vir die 3de keer af by een van sy lede se plaas naby Fochville.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 26/10/2017 - 08:46

Goeie môre uit Brackenfell !

Dit het pas saggies by ons begin reën en sal seker gister se 5mm 'n bietjie aanvul.  Niks verdere reën is voorspel vir die volgende klompie dae nie, maar ons is dankbaar vir dit wat geval het.

Nogal koud hier  -  16º !

Lekker dag vir almal.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 26/10/2017 - 09:12

Willem julle moet geniet hoop dit reen lekke Len johann en ander laat daai koffie loop soos stroop

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 26/10/2017 - 09:45

Freda, gelukig is ek nie so erg alergies nie, kruie en goed het my nog nooit gepla nie, net as hulle knoffel in die kos gooi!

Ek vra maar altyd vooraf, en party restaurante is heel behulpsaam, ek is byvoorbeeld baie lief vir slake en baie plekke sal dit spesiaal vir my maak sonder die knoffel.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Fri, 27/10/2017 - 05:02

Goeie more.

Sit hier in my sitkamer en koffie drink. Die huis is stil en ek hoor net die voelgesang buite.

Lekker naweek vir elkeen

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 27/10/2017 - 06:36

Dit het in die nag by ons begin reën, en reën nog steeds.   Nie vreeslik baie nie maar darem ook nie net liggies nie .  En dit is koud, ons moes weer 'n ekstra kombers oorgooi gisteraand.  Ons, en ons vriende, was 'n rukkie na 8 almal in die bed.

Dit is alweer Vrydag mense, nog 'n week het verby gevlieg.  

Lekker dag vir julle almal.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus