Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -1 hour ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -12 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -16 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 day ago

Suid Afrika: Sinkende gevoel....

Irene
Profile picture for user Grootwind
Submitted by Grootwind on
Forums

Asof Eskom en De Ruyter se dinge nie genoeg is nie sien ek ons is nou op die internasionale grys lys geplaas wat oorgrens geld wassery en bedrog risiko's aanbetref. Die geldmanne reken dat dit gewoonlik tot verminderde buitelandse beleggings en uitvloei lei, nie verbaas nie aangesien ons nou saam met ons ou vriende in Mosambiek, Sirië, Jemen, ensovoorts op die lys is. Veel word wel gesê rondom ons "goeie" vordering die laaste jaar maar ek weet nie so mooi nie....dan begin dit al hoe meer lyk of heelwat van De Ruyter se beweringe wel water hou...Moet maar solank ons tjoepies opblaas sodat ons darem nie te diep wegsink nie...En dan begin die metro's nou ook een na die ander na 'n onheilige alliansie tussen die ANC en EFF neig, volgende om te val na Johannesburg is sekerlik Ekurhuleni gevolg deur Tshwanetoria...sal maar 'n vooraad prozak's moet aanskaf vir die depressie wat ek begin voel aankom!

Brits

Wessel Strydom

Mon, 10/04/2023 - 14:38

Middag vriende

Julle het seker die berigte gesien oor die groot kragtorings van Eskom wat oor die N4 geval het. Wat 'n gemord, gelei tot erge ongelukke.

Blykbaar is die massiewe strukture so gestroop van dele, wat as skroot verkoop word, dat die stormwind dit bloot laat omkantel het.

Niks word ontsien nie, alles moet soos nasionale sleutelpunte opgepas word. O gaats, word dit nog opgepas?? 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 10/04/2023 - 16:42

Ja Willem, en NIKS is aan daai probleem gedoen sedert daai beriggewing. Dit gaan so met alle herstelwerk. Wag totdat dit totaal in duie stort en dan word miljoene benodig .

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 10/04/2023 - 20:44

Dink mens moet versigtig wees om bloot op die sg. Okt 2022 foto en sosiale media berigte te reageer sonder dat mens direkte kennis het? Wat die bewerings dat "niks" gedoen is nie aanbetref, mag so wees, mag ook nie so wees nie? Terloops ek was betrokke by 'n projek rondom 2001 waar Eskom se torings ook deurgeloop het. Die probleem is nie nuut nie dit kom al 'n lang pad. In my eie omgewing (Irene) loop ons gereeld deur onder kabeldiefstal. Tans patroleer ons plaaslike sekuriteits mpy tesame met van die groter besighede in die omgewing die feeder kabel roetes wat ons bedien snags....dit werk maar dit kos ongelukkig heelwat om 'n paar km se ondergrondse kabel roete so te beskerm. kan die stadsraad dit doen? Sekerlik ja maar waar patroleer jy en waar nie en waar is die begroting? Pta se kabelnetwerk (ondergronds en bogronds) strek oor geweldige afstande...geen instansie kan bekostig om dit te alle tye te beskerm nie (en mens moet elke liewe toring deurlopend monitor asook alle ondergrondse roetes...terloops ons het destyds byna alles probeer, van uiters lae lig kameras tot swaai pendulums tot sonar ego's; die goed wat 'n lewe uit die steel van infrastruktuur maak kom vinnig agter iets is anders en dan steel hulle jou stelsels ook nog...). Gisteraand se wind wat die torings by die N4 laat val het het oor ons huis getrek en ek het op 'n stadium gedink of die dak of 'n klomp bome is daarmee heen...gelukkig toe nie, so ek kan dink dat torings soos die by die N4 maklik sal val as hulle boonop verswak is.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 14/04/2023 - 08:18

Ek lees in vanoggend se Vrye Weekblad 'n interessante en insiggewende artikel deur Max du Preez ("love him or hate him"), getiteld" Hallo duisternis, my ou maat". Hy eindig dit met die volgende sin: "Verruil maar jou seevakansie vir 'n dak vol sonpanele".

Ek weet ons kan nie almal 'n volle solarstelsel bekostig nie. Maar my opinie is dat as jy dink dat die elektrisiteitskrisis gaan binnekort verbeter, flous jy jouself. Die energie-kenners reken dit gaan nog verswak. 

Toe ek ondersoek ingestel het na die koste van 'n solarstelsel, het ek o.a. gaan gesels met my 86-jarige buurman wat só 'n stelsel het. Toe ek hom uitvra oor sy besparing t.o.v. elektrisiteitskostes, was sy antwoord dat hy nie eens aan daardie aspek dink nie. Dit gaan vir hom oor die gerief op sy oudag eb dat hy nooit die kostes van sy stelsel kan verhaal gedurende sy leeftyd wat nog oor is nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/04/2023 - 09:04

Ek sien juis die aantal klagtes oor geraas weens die gebruik van opwekkers, het die hoogte ingeskiet.

Ek kan nogal dink dat as almal in 'n kompleks 'n opwekker laat loop, gaan dit 'n moerse lawaai afgee.

Ek stem saam, dit is 'n kwessie van tyd, met elektrisiteit minister en al, voordat die donker letterlik toesak.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 14/04/2023 - 10:10

Die land maak nou goeie vordering, al die jare was Eishkom se baas bekend as die Prince of Darkness, het wel 'n tydjie geneem maar die politici het darem bygekom met die aanstelling van 'n Minister of Darkness, en die siel reken mos dat die ou Eishkom probleempie binne 6 maande deur hom opgelos kan word, hy is mos na alles 'n ingenieur (oops...vergeet hy is van die siviele soort en nie die elektriese soort nie...nou verstaan ek ook!) Maar wat, in ons straat hier in Irene gaan dinge heeltemal te jolig om oor nietighede soos generators wat raas te komkommer, Dinsdag nag 'n jong mannetjie van skaars 18 wat sy karretjie afgeskryf het deur 'n elektriese paal uit die aarde te ry en 'n kragonderbreking veroorsaak het (en sy bobeen sleg gebreek het), laas nag rondom middernag hoor ek 'n m*&rse slag voor my huis, ander mannetjie wat die melkplaas se ingangs muur met 'n caddy probeer skuif het, misgis hom toe ernstig met die sterkte van 'n natuurlike klip muur, sit toe mos op die grond langs die gebuigde Caddy en giggel terwyl hy vra wat dan gebeur hetlaughsurprise. Beide mannetjies volgens die insleep mense was terloops redelik onvas op hulle voete...brandewyn het mos nie brieke nie! Gisteraand se outjie is 'n gratis geleentheid gebied deur die SAPS agterin hulle vangwa. Kan seker alles sê van die land wat ons wil, maar nooit 'n vervelige oomblik nielaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/04/2023 - 10:36

Môre GW en ander

Ek sien juis vanoggend dat die minister 'n ommekeer gemaak het. Blykbaar het hy sy siening oor die Eskom omkeerplan verander, en die tydskale gerek.

Ek wonder wanneer gaan De Ryuter nou vir SKOOR of watter parlementere komitee te woord staan. Hy het ingestem daartoe, maar ek het nog niks verder weer gehoor daarvan nie.  

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/04/2023 - 10:36

Dis ou nuus dat ek my eie omsettertjie (inverter) het,  nou al omtrent 8 jaar oud is en waarvan die twee gewone sel-suur batterye na 7 jaar diens verlede jaar vir die eerste keer vervang moes word.  Beurtkrag soos dit tans toegepas word pla ons geensins nie, selfs Fase 6 waar ons elke derde dag tussendeur met 'n 4-uur  lange onderbreking geslaan word.  Ek het egter 'n handaksie wat ek moet toepas : twee muurproppe waar ek die sok uitprop by Eskom-krag en dit inprop by inverter-krag (die muurproppe is langs mekaar); wanneer die krag weer aankom, ruil ek die aksie net om.  Wanneer ons slaap of nie tuis is nie, word niks gedoen nie. Geen verlengkoorde wat die huis vol lê nie, alles netjies uit die oog bedraad.  Alles totaal en al afsonderlik van ons standaard huiskrag-bedrading.

Tydens beurtkrag het ons beligting in elke vertrek in die huis asook krag in my studeerkamer en sitkamer vir ons elektroniese toerusting, insluitent WiFi.  Ons het drie vrieskaste en twee yskaste wat sonder krag bly en nog nooit tydens beurtkrag ontvries  het nie, selfs tydens 4-uur onderbrekings.  Gelukkig het ons 'n gasstoof vir kookdoeleindes en ons het ook 'n mobiele gas-verwarmer vir die koue, nat winters hier in die Kaap. Ons geyser is elektries en/of sonpaneel gedrewe en ons sit nooit sonder warmwater nie.

Tot dusver het ons nie die duur sonpanele nodig om die omsetter se twee batterye te laai nie omdat Eskom-krag tussen beurtkragte voldoende is om die batterye te laai.  Veral in die Kaap met sy dae-lange winterreëns sal sonpanele nie van veel waarde wees nie.

Ek stem saam dat 'n mens iets moet doen om jouself te beskerm van hierdie langtermyn Eskom-probleem en elke ou probeer dit seker maar op die mees bekostigbare en mins ongerieflike manier doen.  Ek hoop nie ek moet ooit 'n kampvakansie afstel om te vergoed vir Eskom se flaters nie - gelukkig tot dusver was dit nie nodig nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 14/04/2023 - 10:59

Dinsdag nag word on wakker en die krag is af maar almal om my se ligte brand.  Kon niks doen want ek moes 06h00 by Unitas wees.  Ek sê toe Surette moet by die bure hoor sodat ons tenminste die yskas kan koud hou.  Ek het dit op ons groep van die DA aangemeld met verwysing, hulle het my geskakel toe ek by die hospitaal was. ☹

Gister net na ek terug was by die huis kom hulle hieraan, kry bo op die paal het hy getrip.  Hulle sit dit aan maar sê die skof ouens sal later kom, so teen 20h00 was hulle hier hulle sien toe die kabel teen die paal is op 2 plekke gekap wat seker die krag getrip het.  Ek stel toe voor hulle sit die kabel van bo tot on die grond in 'n water pyp dan kan hulle nie so maklik die kabel kap nie (dit is die kabel na my huis).  Hulle sê toe sal als reg kry en vandag dit kom doen.

So by 10h00 het hulle opgedaag en begin grou, die krag het hulle so 10h20 afgesit. 🤞🏻

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/04/2023 - 11:31

Ek het die afgelope 17 jaar vandat ons terug vanf Zimbabwe in die land is 'n Tracker-stelsel in my Pathfinder.  Tot dusver absoluut geen probleem nie, ek kry selfs periodiek 'n sms om te sê myne is rekenaarmatig getoets en is in 'n werkende toestand.  In my Mercedes het ek 'n Cellstop-stelsel wat meer gesofostikeerd is en waarmee ek ook geen probleem het nie. Kyk gerus op hul webblad :-

https://www.cellstop.co…

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 14/04/2023 - 14:00

Het ook n Tracker in die Toyota, en hulle bel gereeld, om te se die stelsel is nog ok.

Dan het ek oor die "failed State" iets te deel. Man wat by my werk se vrou word verlede jaar September met borskanker diagnoseer nadat n biopsie gedoen was, klein knoppie in die bors.

Staatspasiente, in hulle 40's, en bitter goeie, betroubare mense. So vra ek gereeld wat gebeur en word meegedeel dat hulle ingelig sal word waneer n spesialis beskikbaar is vir n afspraak. Sy sien n onkoloog eers n maand gelede en hulle gee een sessie chemo, dit is sowat 7 maande na diagnose. Sy word bitter siek, buik swel op, dreineer gee n bottel stroop vir pyn. Weer opgeneem, buik dik opgeswel, kry gister die nuus, sal nie voortgaan met chemo nie, die kanker het te ver gevorder. Lewer gee in.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 14/04/2023 - 14:05

Middag vriende

Sulke dinge maak my baie bekommerd. Ek verwys na Herman se mededeling oor die staatspasient behandeling.

Gaan dit almal se voorland wees as die regering die Nasionale Gesondheidsorg afforseer. Soos ek verstaan gaan die speelveld gelykgemaak word, en hospitale en diens soos ons aan gewoond is, gaan verdwyn. 

Of verstaan ek die voorstel verkeerd. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 14/04/2023 - 14:07

...............dis lyk vir my aan die orde van die dag  -  'n "failed State" in veral die Gesondheids Departement.

Hulle "fail" nog op baie ander plekke, maar by gesondheid en welsyn is die gevolge besonder tragies.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/04/2023 - 13:26

Middag vriende

Wat dink julle van die kinkel in die kabel, wat juis vandag op die lappe kom. Dis nou al die beweringe dat die forensiese ondersoek wat aan de Ruyter gelewer was, eintlik net klomp bollie is. Boonop aanmekaar geflans deur 'n apartheids-era spioen, met 'n wrok.

Pla my dat J Pauw ook hom skaar aan die kant wat die verslag in twyfel trek. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/05/2023 - 20:23

 Jacques Pauw is ook maar 'n eienaardige kalant.  Hier is sy verklaring nadat hy in 2021 in die tjoekie geslaap het oor 'n R1600 restourant rekening wat hy nie dadelik kon betaal nie.  Hy het in die media verklaar dat hy te veel gedrink het wat sy denke beïnvloed het toe hy die polisie beskuldig het dat hulle R1000 van hom gesteel het.

“I apologise to the restaurant, the V&A Waterfront and the police. I feel embarrassed about my conduct. In this era of fake news, propaganda and lack of accountability, I must publicly accept responsibility for my own actions and apologise for them.”

Ek glo eerder André de Ruyter en Jan Oberhoster en George Fivas se storie as die verdagmakery van Pauw.  Feit is, sekere bevindings is gemaak en wie en hoe dit gemaak is, is minder belangrik.  Dis nou vir die wetstoepassings-eenhede om dit te ondersoek., maar dit is waar die stuikelblok lê naamlik dat die oog op die bal verskuif om De Ruyter & Kie aan te val.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 12/05/2023 - 23:56

Daar gaan dadels van kom. Nes met enige ander ondersoek na kaders wat steel. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus