Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Geert - KNP Trip 2023

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Ons is gereed om te vertrek op ons KNP trip. Dit gaan wees Krokodilbrug, dan Lower Sabie, dan Satara, dan Skukuza en laaste Berg en Dal. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/07/2023 - 11:42

... herinner net weer 'n bietjie van julle datums by die onderskeie kampe. Ek sien uit daarna om gereeld van julle wildtuin-wedervaringe te verneem.

Ons was 2 jaar gelede laas in dié paradys toe ons van 1 Mei - 14 Junie 2021 daar was. O ja, darem nog een aand in Olifants ook gewees (28 Jul 2023) toe ons gou vinnig van Eiland Spa af net die verlange weer gaan stil het.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/07/2023 - 11:02

Middag Geert,

Hou ons agtergeblewenes tog ophoogte van julle Kruger-genot. Ek sal graag wil hoor hoe julle Onder Sabie as kampplek vind.

0
Pretoria

Geert

Wed, 12/07/2023 - 06:35

Ons het op pad KNP toe heelwat sneeu langs die pad gekry. Dit was absoluut pragtig skepping ook so te kon ervaar. 1ste sneeu was reeds in Witbank gewees. Dan was daar heeltyd sneeu gewees tussen Alzu en Milly's. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 12/07/2023 - 06:41

By Krokodilbrug aangekom het heel vlot verloop. Omdat dit nog skool vakansie is, is die rye by hek baie lank. Dankie aan die honorable rangers wat alles puik beheer....ons met bespreking kon toe verby alle karre ry in teenoorgestelde baan en was binne paar minute ingeboek en in die park. Die diens van personeel by ontvangs was maar opmerklik onvriendelik. Ons was gelukkig om n pragtige grensdraad staanplek te kry hier by Krokodilbrug 

0
Pretoria

Geert

Wed, 12/07/2023 - 06:47

Gister middag bietjie rondgery, maar diere het hul maar skaars gehou. Ons kon darem al 2 van Big5 sien....olifant en buffel. Hier is foto van Hippo pools. Daar was seekoeie wat met mekaar baklei het en is lekik beseer. Ek sal later fotos plaas wat ons met kamera geneem het wat kan inzoom....dan sien mens daai groot snye op hul lyf....was hartseer om te sien. Soos seekoeie mekaar op land jaag....nooit gedink hul is so vinnig nie

0
Pretoria

Geert

Wed, 12/07/2023 - 06:48

Vlakvarke is erger opsoek na kos hier in Krokodilbrug as die apies

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/07/2023 - 08:36

Môre, dankie vir fotos. Jislaaik daai sneeu fotos is rof. Ek hoop die weer klaar op, so effe warmer en windloos vir die res van vakansie

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/07/2023 - 10:23

............baie dankie vir die pragtige fotos waarmee ons tuisblyers kan saam-kamp.  Krokkies was nog altyd vir ons 'n baie spesiale kampie, insluitend die gebruiklike kuiers van van vlakvarke in die kamp. Wees maar versigtig vir die akrobatiese blouape wat selfs op lang kragdrade soos waffers tou-lopers rond baljaar.  Ek hoop maar die onvriendelike personeel was net tydelik weens die koue, want oor die algemeen gesels mense meermale op sosiale media oor die buitengewoon vriendelike personeel in die Wildtuin, van skoonmakers tot bestuurslede.

Geert ek neem die vrymoedigheid om jou te vra om van Herman se opmerking wat vir jou aanstoot gegee het, te vergewe en  te vergeet.  Ek ken Herman vir 'n geruime tyd (en het al saamgekamp) en ek kan jou verseker hy is 'n dierbare mens wat uit my ondervinding en ervaring werklik baie omgee vir sy medemens.  Hy sal nooit iemand opsetlik wil skade aandoen nie en ek is oortuig daarvan sy opmerking was tong-in-die-kies en hy het jou om verskoning gevra dat dit geïnterpreteer was nie soos hy dit bedoel het nie.  As jy teruggaan en kyk na Herman se verskillende bydraes op die forum sal jy sien hy het altyd iets humoristies om by te voeg om die gesels op te kikker.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/07/2023 - 10:29

..............op die een foto staan 'n sak houtskool.  Braai jy altyd op houtskool ?  Ek het verlede jaar vir die eerste keer net met houtskool gebraai vanweë die gevaar van die stompneuskewer  -  ons kom immers van stompneuskewer area.  Dit was toe nooit so erg soos wat ek verwag het nie.  'n Mens kan seker ook hout net buite die Wildtuin koop, maar deesdae is dit maar 'n gevaarlike plek om stil te hou.

Oops, ek sie nou eers op 'n ander foto daar is 'n hele klompie sakke hout ook !

0
Pretoria

Geert

Wed, 12/07/2023 - 17:51

Ons is tans by Krokodilbrug.....ons sou 3 dae hier staan, maar het gister n kanselasie gesien by Lower Sabie en hom gegryp....so gaan môre soontoe. 

0
Pretoria

Geert

Wed, 12/07/2023 - 17:56

Gewoonlik by die huis braai ons op n houtvuur. As ons kamp maak ons n vuur in die konka en braai dan gewoonlik op kole.....veral as dit koud is, dan werk dit beter. Ons het op n tyd net 1x vuur gemaak, maar as mens dan braai, kry mens koud. So tans braai ons terwyl ons steeds hitte van kampvuur in konka kan geniet

0
Pretoria

Geert

Wed, 12/07/2023 - 18:08

Vandag n gelukkige dag gehad waar ons 3x luiperd sightings gehad het. 1ste sighting het luiperd 100de meter kangs ons kar geloop. Ek weet nie hoe ver nie, want na n ruk het ons aangery om ander agter ons ook die geleentheid te gee om hom mooi te sien. Die volgende een was luiperd in boom besig om bok te eet. Ek kon nie mooi foto met selfoon neem nie aangesien dit so 120m ver was.....sal later plaas vanaf kamera. Oppad terug kamp toe, was daar luiperd wat lê en slaap het langs straat. Al 3 was op teerpad tussen Krokodilbrug en Lower Sabie.  Dan het pns op grondpad n mooi trop buffels gekry en vir die 1ste keer in my lewe het ons 2x ratels gesien in die wildtuin. Ons het nog geen leeus of renosters can die Big5 gesien nie

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 12/07/2023 - 18:24

...........wat julle wel gesien het hoef jy wraggies nie leeus of renosters te sien nie !  Maar ek is seker genoemde twee gaan nog aan die beurt kom !

Ek hoop Ondersabie het ook goeie selfoonsein want jy bederf ons lekker met fotos vanuit Krokkies.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 12/07/2023 - 18:25

Pragtige fotos Geert, en pragtige luiperd sigtings.

Ek hoop jy het spesiaal vir my die twee boom fotos geplaas. Wat se boom is die een wat so inmekaar gevleg is ? een of ander van die vy familie dalk. Dan die een wat so in die middel van die pad staan glo ek is n Hardekool. Ek weet nie of Kameeldorings in die Kruger park voorkom nie, kan dit seker ook wees.

Waneer jy weer n Ratel raakloop. Wees op die uitkyk vir n Bleeksingvalk, Pale chanting Goshawk, ek verkies die engelse name, en n Jakkals in die nabyheid. Die twee loop, en vlieg al agter die Ratels aan vir n optelkossie wat hy uitgraaf en miskyk. Groete.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 12/07/2023 - 20:17

skuins jaloers op julle geluk. 

Nou wonder ek oor Herman se opmerking van die valk, die jakkals en ratel. Sal dit beteken dat as mens 'n jakkals sien, dat daar noodwendig 'n ratel naby is???

0
Pretoria

Geert

Thu, 13/07/2023 - 04:03

wat julle wel gesien het hoef jy wraggies nie leeus of renosters te sien nie

Ek dink ook ons is baie geseend om reeds so baie van luiperd te kon sien. Laasjaar het ons 11 dae gesoek voor ons vlugtig n luiperd vir paar sekondes kon sien. My gunsteling dier is die luiperd...ek kan my verkyk aan die mooiigheid van daai dier.  Ek sê altyd vir my vrou ek sien liewer 1x n luiperd as 5x leeus of 5x jagluiperde. Sy is weer lief vir leeus. Ons is lief om Big5 op te soek, altans 4 van hulle (nie regtig olifant nie) ....gewoonlik las ons net 1x van hulle op n slag by die lys.....lekkerder om dit so aan te las en volledig te maak oor klompie dae as alles in een of 2 dae.

0
Pretoria

Geert

Thu, 13/07/2023 - 04:14

Wat se boom is die een wat so inmekaar gevleg is ? een of ander van die vy familie dalk. Dan die een wat so in die middel van die pad staan glo ek is n Hardekool. Ek weet nie of Kameeldorings in die Kruger park voorkom nie, kan dit seker ook wees.

My kennis ten opsigte van bome en grasse is bittermin. Gewoonlik as daar nie n naamplaatjie op boom is nie, weet ek nie watse boom dit is nie. Maar kan wel n mooi boom waardeer....veral daai boom wat so gevleg is, was vir ons baie spesiaal. 

Waneer jy weer n Ratel raakloop. Wees op die uitkyk vir n Bleeksingvalk, Pale chanting Goshawk, ek verkies die engelse name, en n Jakkals in die naby

Rakende die diere wat agter ratel aanbeweeg....dankie vir interesante feite, so leer ek weer iets. Weet nie if ek sommer gou weer geleentheid sal kry om uit te kyk vir die ander nie, aangesien dit die 1ste keer in my kewe is dat ek n ratel in die veld gesien het

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus