Ons is gereed om te vertrek op ons KNP trip. Dit gaan wees Krokodilbrug, dan Lower Sabie, dan Satara, dan Skukuza en laaste Berg en Dal.
Wat 'n olifant!!!!
Dankie Geert, julle het mooi wild beleef. Daai olifant met kleintjie is vreeslik groot. Gelukkig het ek nie sulkes in die pad gekry nie. Ek hoop dat julle veilig kon verbykom.
Ek hoop dat julle veilig kon…
Ek hoop dat julle veilig kon verbykom.
Ek dink hulle moes maar wag en geduldig wees.
Baie mooi "sightings" Geert
Daai mamma olifant is…
Daai mamma olifant is omtrent lief vir die kleinding. Kop so na die een se kant gedraai, jy kan sien sy loer uit die hoek van haar oog, en die slurp wat na die kleinding gehou word, amper soos handjies vashou.
Olifant boude is baie mooier as die voorkant, ek dink Wessel verkies dit ook dat hulle wegstap...
Hoe gelukkig kan een mens…
Hoe gelukkig kan een mens wees op `n vakansie wat nognie eers verby is nie. Ek was nog nooit so bevoorreg met van die sightings wat julle sover gehad het nie. Ek kan op my een hand die jere tel wat ek al `n luiperd gespot het en dan is dit gewoonlik moer en gone in `n boom waar net die lyf en bene sigbaar is.
Interresamt wat Herman noem van die ratels. Hulle is lief om die miskruiers de larwes wat in die bol mis wat begrawe is uit te grou vandaar al die snaakse gate wat oral langs die pad waargeneem word.
Dis nie ek wat so slim is nie ek het dit ook maar geleer by `n veldwagter by Sondela. My vroulike dele het my bederf met `n voëlkyk rit en dit was net ons twee saam die gids. Wat n uur lange rit moes wees het langer as 3 uur aangehou en ek het aan daai ou se lippe gehang met al sy veld kennis wat hy daardie dag met my gedeel het. O ja selfs die Dikkoppe wat ek graag wou sien het hy opgespoor.
Geniet die res van julle vakansie
Weer eens......................
................dankie Geert vir die mooi fotos wat ons instaat gestel het om saam op 'n wildrit te gaan.
Baie gelukkig hierdie jaar
Ons was nog nooit so gelukkig soos hierdie jaar met wildsbesigtings nie. Vanoggend het ons na Lower Sabie getrek. Oppad soontoe het ons op 2x luiperd sightings afgekom en 2x leeu sightings....beide was besig om n prooi te eet. Dan het ons ook op 3x troppe buffels afgekom en heelwat olifante. Vanmiddag het die geluk nie opgehou nie.. ...ons het Skukuza toe gery en op daai trip het ons 4x op wilde honde afgekom. Ons is baie verbaas, want ons het al hele paar jaar gehad dat ons geen wildehond gesien het nie. 2x van die sightings het wildehonde geslaap, ander was hul besig om hul vangs in rivierbedding te eet. Was lekker om te aanskou hoe hul heeltyd moes veg om aasvoëls weg te hou. Vir so 5 minute het wildehonde vangs alleen gelos en was verbaas om te sien hoe vinnig aasvoëls n bok kan opeet....toe daai wildehonde weer wou eet, was daar basies net bene oor en hulle het in bosse verdwyn. Ander sighting oppad terug was seker omtrent 15 wildehonde besig om bok te jag....ons het eind resultaat nie gesien nie, maar vermoed hulle het Rooibok gevang.....toe Rooibok verby ons was, kon mens sien sy is moeg en wildehonde was baie kort op haar hakke
Hyena foto
Gister oppad terug van Skukuza kom daar n hyena by die pad af gehardloop. Ek vra my seun om foto te neem sou hy stop. Maar hyena bly net hardloop. Toe druk my seun net die knoppie op selfoon in die verby hardloop en vang toe die hyena perfek in aksie op die foto....wat n gelukskoot
Weggespoelde paaie
Daar is 2x areas waar mens tydelike paadjies ry waar teerpad verspoel het tussen Lower Sabie en Skukuza. Hierdie fotos is van onder geneem.....blou wys waar pad geloop het. Ek het nie besef dis sò ernstig groot nie
Staanplek 3 by Lower Sabie
Ons het laasjaar op staanplek 3 gestaan en dit baie geniet. Gister by aankoms was daar mense wat begin oppak het op 3.....ons het besluit om maar te wag totdat hulle klaar opgepak het sodat ons weer ons lekker staanplek kon kry. Dis die naaste staanplek aan ablusie aan regterkant
Dankie Gert vir die deel van…
Dankie Gert vir die deel van die fotos, maak 'n mens skoon opgewonde om weer wild tuin toe te gaan. Julle moet elke oomblik daar geniet, ons beurt kom volgende jaar.
Ek sal maar....
....volgende keer saam met Geert moet wildtuin toe gaan. Lyk of hy 'n magnetiese persoonlikheid het, diere vind hom aantreklik.![]()
Dit kan nie die wit Hilux wees nie, want dan sal 90% van alle bakkies die diere so lok.
Môre Geert, goeiste julle…
Môre Geert, goeiste julle was omtrend gelukkig met wild, dankie dat jy dit ons tuis ryers (tuis bly toere) deel.
Ek neem vrymoedigheid om vir jou daai foto reg te draai.

Wildtuinkaart
My buurman by Krokodilbrug is ook groot aanhanger van wildtuin....het permanente KNP kaart op sy Bush Lapa aangebring. Lyk baie nice.
Ek het jare gelede só 'n kaart agter my toiletdeur gehad. Dit was in die dae toe die wildtuinkaarte nog sulke oopvou "modelle" was wat die suidelike deel aan die een kant gehad het en die noordelike deel op die rugkant. Ek het dus twee kaarte benodig om die hele wildtuin te dek.
Waar ander ouens sit en lees in die toilet het ek lekker in my verbeelding in die wildtuin getoer.
Geert, dis nou...................
...........wat ek noem deeglike Wildtuin-terugvoer medisyne vir Wildtuin-siek mense (soos ek) wat tans in die tuisbly-karretjie ry. Maar, jy het ons nou so opgesweep om werklik uit te sien wanneer ons aan die beurt gaan kom.
Baie dankie dat ons deel kan wees van julle baie suksesvolle wildbesigtiging.





Luiperd in boom
Fotos van kamera