Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -9 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -10 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -10 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/08/2023 - 15:57

Middag vriende 

so 'n paar bewysstukke dat ons wel daar was. Soos voorheen vermeld, was ons wild gewys baie gelukkig met wil die paar dae.

e

staan

skillie

klip

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 26/08/2023 - 16:32

Soos voorheen genoem is min besoekers aan die park beskore om die ou swartes te sien. Daardie staanplek wat jy gehad  het, was voor die plaveisel ietswat anders afgegrens. Daardie kareeboom was in die middel van 'n staanplek - ek dink dit was No 8. Toe ons die keer oor Kersfees/Nuwejaar daar gekamp het, was dit te mooi om die tiptolle dop te hou hoe hulle hul kuikens in 'n nes in daardie boom grootmaak. Op hierdie foto kan jy net-net 'n deel van die kareeboom aan die regterkant van die foto sien.

Karoo

Kyk hoe trek my hart nou met 'n punt daarnatoe.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/08/2023 - 16:46

Wat 'n dorp met 3 verdieping paleise. Pryse wissel tussen MR7 en MR17, sal maar verder soek in Orania. Hierdie dorp sal selfs plekke soos Glentana en Hermanus omgewing laat skaamkry.

Gaan maak ons mos woning op boonste terras, net voor die rietdak huisies. Kom gisteroggend uit die dorp, en hele tent leg plat, pale in die lug. boonop begin dit toe nog reen ook. Breek alles af, en bondel alles net in trokkie en wa. Skuif tot agter boonste ablusieblok, waar duin met bome skuiling bied. Slaan alles op, en breek alles na 'n uur af,  die tente wat aan die oopklap dak vas is, ruk die dak vreeslik op en af. Nou sit ons soos nat hoenders in toegemaakte wa. Die wind het nou effe bedaar, maar dit reen nog periodiek.

Die oord is baie netjies met dik gras, maar geen braaiers en toiletpapier word voorsien nie. Die lieflike gras bied ook geen byt vir selfs Maxconpenne in die erge wind nie.

Die 2 woonwaparke in Stilbaai oos, Die Preekstoel en Ellenrust lyk netjies en plat, en beide was dolleeg. Ek wonder hoekom, dalk omdat 'n seeuitsig ontbreek.

Die pad deur Meiringspoort bly maar natuurskoon mooi. Die hele pad van Oudshoorn tot in Beaufort is nuut oorgedoen, en is in heerlike toestand.

p3

p2

poort

see

staanpl  

 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 26/08/2023 - 17:13

Dit moet half moeilik wees om so in die toe wa te sit met die dak naby die kop. Kamp is lekker, maar só.... Ek kan sommer sien die Kavango gaan ander huis kry, en Wessel so lekker soliede dak waentjie. 

Die weer sal hopelik begin saamspeel op die volgende been. Hoop van harte dat dit so uitwerk. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 26/08/2023 - 18:03

Ai Wessel..................................jammer om te  lees van die weer en hoop dit verander gou. 

Groot askies maar sien in my gedagtes julle almal binne in die wa en moes bietjie lag. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 26/08/2023 - 19:00

.... gedeelte van die Strydom-trip klink vir minder lekker. "Let"s face it" - Augustus langs die Kaapse kus is maar 'n risiko. Ek vertrou dinge gaan verbeter.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 26/08/2023 - 20:29

.............slegter as dit kan dit nie gaan nie. (As dit nou ChrisB in hul tent in die Widtuin moet wees, waar gaan hulle sit/lê en wag vir die weer om te verbeter ? Maar in  Meimaand in die Wildtuin is daar darem nie wind en reën soos in Jongensfontein in Augustusmaand nie).

Ek is vol vertroue die volgende paar dae sal dit beter gaan.

Ns. Ek wonder of Herman se voorspelling hierbo nie gaan realiseer nie ?

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 27/08/2023 - 12:29

More Chris B

Dit is dieselfde Kareeboom. Ons het heerlik op nr 7 gestaan, en die boom staan by die kraan op die grens tussen nr 7 en 8. Ons het sy namiddag koelte waardeer.

Die park bly 'n uiters gewilde oornag staanplek, met so paar kampers wat 3 dae plus oorbly. Armond het kom groet en so rukkie lekker gesels. Hy was nogal verbaar dat ons die renoster raakgesien het.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 27/08/2023 - 12:46

Middag vriende

Net 'n regstelling, die wa se dak was opgelig terwyl ons soos nat hoenders plak. Ons het agterste bed as bed benut, en by voettenent gesit en eet/ speletjies speel op klein draagbare tafel. Gelukkig is dit net ons 2, dus kon ons so regkom.

Ek seg gisteraand vir Chris S dat die tente wat aan die opwipdak vas is, die sondebok in die wind is. Langs my het 'n Conquerer commander gestaan, en bly staan in die wind. Sy tente is nie aan sy opwip dak vas nie. Ek gaan 2 kort stelpaaltjies maak, wat ek tussen die dak en bokant van wa gaan uitskop. Dan kan die dak nie afgeruk/ondertoe geruk word nie.

Herman se voorspelling; ek is effe teleurgesteld in die wa, veral die velgro prinsiep wat die sykante heg aan die tentdak gedeelte.  Dit het losgekom in die wind, want ek het onderkante met nr7 vorm penne vasgekap. Die ander probleem is dat my tent geen paalstruktuur het, waar pale in slopies aan die tent geheg is nie. Die tent bol dus vreeslik boontoe, om dan met moerse ruk afgeruk te kom. 

Ek het dus so 'n paar prioriteit kenmerke waaraan 'n volgende wa sal moet voldoen. Tent en pale struktuur is ene, en die hegting aan die wa 'n ander. Die tyd en fondesebestuurder sal leer wat gaan gebeur. Dalk voel ek beter nadat wa se sporing reggestel is, en ek vergeet het van die kuswinde. 

Ek het by die huis al vir Marie geseg dat die toer sal toon of ons nog wil kamp, met die wa wil kamp, of malperd opsaal en ander wa koop. As ek terugdink aan die absolute lekker wildtuin toer, dan behoort ek die wa te hou.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 27/08/2023 - 22:04

Wessel, ek het ook al sulke wind ervaar hier in die Wes-Kaap terwyl ek kampeer. Dis goor, om dit mooi te stel. Glo my, dit maak nie saak waarin jy kampeer as die wind so erg waai nie. My vriend met sy Tourer SW het al sy tent se raamwerk verloor (aan skade) in stormwind.
 

Ons het al daaroor gepraat elders op die forum, maar wat mens moet onthou van wind is die lig effek (daardie bol van die afdak). Dit is wat skade veroorsaak. Die wind wat oor die tent waai lig die pale van die grond af op en as jy weer sien “val” hulle om en is dit chaos.
 

Ek verstaan jou frustrasie met die opwip dak wat beweeg in die wind en die geluide wat daarmee saamgaan. Ek is egter nie seker dat dit agv die afdak is wat daaraan vas is nie. My afdak staan baie stewig vanwee die raamwerk wat deur slope in die seil loop. Die pale word in plek gehou deur ringpenne en Maxcon tipe veerpenne en ‘n stormnet. As die wind sy beste gee kreun my Kavango se dak ook sporadies.  Ek kan egter net twee aande onthou uit die klomp in die wa wat dit gebeur het, en albei was op die seefront. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 28/08/2023 - 10:06

ChrisS, ek stem saam dat die groot sondebok van wind wat tent beskadig, is wanneer die wind die tent effens oplig wat tot gevolg het dat die pale uitval.  Die slopies vir veral die middelste nok-paal is 'n noodsaaklikheid, maar as jy ook die onderstaande potjies gebruik waarin die stutpale staan, kan jy verseker dat die pale nie sommer sal uitval nie.  Hoe langer die potjie self is (boonste een op die foto) hoe minder is die kans dat die wind die paal uit die potjie sal oplig.

.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 28/08/2023 - 10:20

Ek gebruik ringpenne soos op die foto hier onder om te voorkom dat my tent se pale oplig en skuif en omval. Ek glo die potjies sal ook werk. Wat ek hou van die ringpenne is dat hulle lank is. Die ring staan ‘n goeie 15cm bo die grondvlak as die pen halfpad ingekap is en lekker stewig staan. Daar is nie ‘n manier wat die wind my tentpale hoog genoeg kan lig om uit die ring te glip aan die onderkant nie. 
 

A

0
Worcester

Wildehont

Mon, 28/08/2023 - 11:25

As ek reg onthou het ek dit by Camp ‘n Climb in Belville gekoop. Op hulle webwerf is dit R39/pen. Dis ‘n Tentco produk en werk bakgat. Ek gebruik dit al vir jare. 
 

Jammer Wessel vir die besoedeling van jou gesprekslyn. Hy het my s0 net na 11:00 gebel en laat weet hulle is deur Worcester oppad Kaap toe. Tot Vrydag lyk die weer darem heelwat beter as wat dit verlede week was. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 29/08/2023 - 08:46

Commander

Wessel, ek sien op gesigboek iemand wat 'n Conquerer Commander wil verkoop. Daar is 'n hele paar fotos van die wa. Lyk na 'n baie mooi wa. Nee, jy kry nie die Ford saam.

Christo Snyman

  · 

Een van my Oom's wil sy 2017 Conquerer Comander verkoop.

Hy gebruik hom nie.

Skakel my vir meer info.

0716117554

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/08/2023 - 19:12

Ek gebruik ook presies daai penne,MAAR luigat het dit nie by Jongensfontein gebruik nie.sad

Len:my tent is nie so gevorderd om slopies te he  niesad. Dis nou ook op prioriteit lys,

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus