Starre as bladvere opsie
Ek wil hoor of Echo my totale suspensie kan verwyder, en vir my ook die gewone bladveer starre as insit. Die 2 tipes was 'n opsie op 'n stadium, en is volgens hulle blad steeds beskikbaar.
Ek twyfel sterk of die algemene...............
...............bandplekke (soos TWT) die sporing kan stel. Deesdae se toertusting is gekoppel aan 'n rekenaar se sagteware stelsel en dié is gelaai met die spesifikasies van alle motorvoertuie. Jou betrokke motorvoertuig se modelnommer word ingesleutel en dan verskyn die korrekte sprsifikasies waarmee die sporing ingestel word.
Wielsporing stel kan gedoen…
Wielsporing stel kan gedoen word soos in die dae voor rekenaars. Wessel, vra rond vir n iemand wat ou motors restoreer, gewoontlik is die mense vriendelik en hulpvaardig. Ek dink om die suspensie te wil vervang omrede die vervaardiger nie die wielsporing kan stel nie is effe radikaal. Tensy daar n ontwerpfout ingesluip het wat nou begrawe word.
Ek het bygestaan toe Priclo…
Ek het bygestaan toe Priclo destyds my "ou lady" se wielsporing gedoen het. Ek kan nie meer die presiese detail onthou nie, maar daar is o.a. lyne op 'n teerblad voor hulle werkwinkel getrek en met behulp 'n groot passer en lang maststokke is hoeke gemeet en verstellings daarvolgens gedoen. Ek het met groot skeptisisme die spulletjie gadegeslaan, maar die resultaat, oor baie jare, was goed.
As ontwerp dit toelaat
Môre vriende
Ek is oortuig dat die ouer garde tegnici hulle gesonde verstand en wiskundige vaardighede meer ingespan het as deesdae. Ek vermoed dat deesdae so staatgemaak word op rekenaars en sagteware, dat as dit ontbreek, die mense verlore is.
Ek wil graag glo dat as Echo die kritiese komponent vervang, dat die sporing wel gestel kan word. Ek moet nou net geduldig wag tot môre om die volle detail te verneem. Dalk is Herman se spekulasie korrek.
Ek het `n Mini Cooper wat se…
Ek het `n Mini Cooper wat se sporing gestel moes word en dit was gedoen deur iemand wat so kontrepsie het waardeur hy kyk met `n spiël en en en. Verbasend dat die goed nog bestaan en gebruik word. Soos Chris noem die ou maniere werk nog steeds.
Al is dit hoe moeilik wag maar eers vir die uitkoms van die vervaardiger. Ek is dieselfde as iets gedoen moet word moet dit nou wees en soms dink ek ag hemel wat kan verkeerd wees en verwag die ergste dan is dit iets simpel wat amper niks kos om te herstel nie of die probleem is nie naastenby so erg as verwag nie
Sterkte
Die waterpas...
....gaan inspan vanoggend.
Sommer gaan kyk op Grompie se wiele, buurman se bakkie en Kavango s'n, met 'n waterpas vertikaal oor bande. Grompie se wiele lê met bokant effe na binne, buurman se bande so te sê 100% regop, en beide Kavango wiele dieselfde, met bokant effe na binne, maar nie meer as bakkie s'n nie.
Nou ja so speel ek om tyd om te kry.
Onafhanklik vs solied
Ek hoop Echo sorteer die besigheid uit sonder dat dit ‘n deposito op ‘n ander wa kos.
Hoekom wil jy wegbeweeg van onafhanklike vering na ‘n soliede as? My Kavango het nog die soliede as, en dit werk sover goed vir my. Sover ek weet is ‘n soliede as beter vir erg ongelyke paaie teen lae spoed terwyl onafhanklike vering beter vir algemene gebruik op padtoestande is.
Die meerderheid van jou gebruik met die Kavango gaan tog sleep tussen bestemmings wees op redelik ordentlike paaie. Selfs ek wat hou van bestemmings bietjie verder van die teerpad af, het nog maar baie min op erg ongelyke grondpaaie of oor klippe met die wa gery en ek sal ook nie bv ‘n Kaokoveld toer met die wa aanpak nie.
Die Ausie waens waarmee…
Die Ausie waens waarmee hulle bitter rowwe plekke ry, het onafhanklike vering.
Na Slowstrike van sy Mini gepraat het. Ek het n 19voetsek mini gehad met lug suspensie in die jare 60. Dit was regtig eenvoudig tog baie slim gewees. Waneer n wiel regs n knop oorgaan, word die lug saamgepers en na die teenoorgestelde wiel verplaas, wat dan ook oplig. As jy oor n spoedhobbel ry. Dan word die lug van voor na agter verplaas, en die kar bly waterpas.
Nou wonder ek of die lugsuspensie op die off- Road waens nie so sisteem gebruik op onafhanklike vering nie.
Menings verskil
Die Ausie waens waarmee hulle bitter rowwe plekke ry, het onafhanklike vering.
Die Aussies se menings oor wat die beste is vir rowwe paaie (solied of onafhanklik) verskil ook maar. Onafhanklik sal seker beter wees teen hoër spoed en die wa meer regop laat bly as dit horisontaal oor die “as” skuins raak. Ek het eintlik maar gewonder hoekom Wessel wil verander van onafhanklik na solied. Dit voel half soos ‘n stap terug veral vir hoe hy sy wa meestal gebruik.
Stem saam.
Stem saam Wildehont. Hopelik sal Wessel Worry met goeie nuus terugkom.
Goeie nuus
Middag vriende
Ons het vanoggend die wa na Echo geneem, en daar gelos.
1]Echo het inderdaad die ontwerp van die onafhanklike veerstelsel verander. Hulle gaan dus weliswaar 'n "square tubing" balk wat oor die hele breedte van die wa loop vervang. Die huidige twee onafhanklike vering komponente, wat die kronkelvere, skokbrekers en wiel komponente huisves, word behou en dit word aan die nuwe balk geheg.
Daarna is die stelling van die sporing wel moontlik, en sal my probleem opgelos wees. Die werkwinkelbestuurder het alles mooi stap vir stap verduidelik, en genoem dat die agent in Brackenfell elkgeval nie die wa se sporing sou kon stel nie.
Dit is dus nie nodig om 'n soliede as te laat insit nie. Ek het gedink dat dit 'n opsie kan wees om die probleem op te los.
2] Ek gaan ook vir my wa die dak knippe aan die buitekant laat aanbring. Dit vervang dan die knippe binne, wat met moeite oor die seilwerk van die opwipdak toeknip. Die huidiges het verbuig, en kon seker breek. Ek het so vinnig gekyk na ander waens daar, en dit wil voorkom of dit nou die standaard metode is.
3] Die geiser en die watervloei daardeur gaan hulle ook instel om 'n konstante vloei te verseker. Nadat ek 'n nuwe pomp ingesit het, voor die afgelope toer, kon die watervloei net nie regkom nie.
4] Die rollerstelsel waarop die koel/vrieskas in/uit beweeg kort ook aandag. Dit stoot moeilik terug.
5] Marie wil 'n beter lig in die dak hê, die bestaande se lig is flou, nou beweer sy ek verneuk met die speletjies omdat sy nie kan sien nie.
Gelukkig het ek 'n SARS terugbetaling gekry, wat hiervoor aangewend sal word.
Inderdaad goeie nuus Wessel…
Inderdaad goeie nuus Wessel.
Is altyd lekker as iets pla en dan uitgesorteer kan word al kos dit.
Klink goed
Ek kan hoor Wessel is sommer weer lus vir die Kavango nou. En boonop dek die belasting wat hy terugkry dit. Bonus!
Lus vir Kavango...
...eintlik baie meer 'n verligting dat alles kan regkom. Ek sien kans om met die wa my kampeerlewe klaar te maak, maar dan wil ek nie met klein jakkalsies sukkel nie.
Dis baie geld op my ouderdom om van woonwa te verander. Dan begin mens dink om maar eerder kampeer vaarwel te roep. Ten minste kan ek na die herstelwerk met 'n geruste hart verder kampeer, en hoef nie dadelik op te hou nie.
Bly vir jou part als werk…
Bly vir jou part als werk redelik goed uit.
Voorspoed
Heeltemal te verstane
Ek sien kans om met die wa my kampeerlewe klaar te maak, maar dan wil ek nie met klein jakkalsies sukkel nie.
En dit is maar net lekkerder as mens ‘n wa het waarin alles werk soos dit moet. Dan is kampeer ‘n plesier.
Ek sien kans om met die wa…
Ek sien kans om met die wa my kampeerlewe klaar te maak, maar dan wil ek nie met klein jakkalsies sukkel nie.
Baie bly dat daar 'n goeie oplossing is. Nou moet jy net die tent pale en tent uitsorteer soos Smalle.





Toe ek destyds (1998) my "ou…
Toe ek destyds (1998) my "ou lady" (1993 model) Priclo Gypsey in Milnerton gekoop het, het ek hulle versoek om toe te sien dat die wa se wielsporing reg gestel is, want ek sou nuwe bande opsit. Hulle het dit op (wat vir my gelyk het na) McGyver-manier gedoen. Maar ek het nooit probleme ervaar nie.
Toe ons egter by geleentheid in Addo gekamp het, baie jare later en seker twee stelle bande later, let ek op dat die linkerband erg afgeloop was aan die binnekant. Ek het met die terugkeer maar gou ander bande laat opsit in PE en so gou moontlik daarna die sporing laat doen by Cara-Camp. Met die groter (14") bande se opsit nadat die wa met "spacers" gelig is (by ons plaaslike SupaQuick) is die sporing weer nagegaan. "So far, so good".
Ek vertrou jou probleem word opgelos. Ek kan beswaarlik glo dat die vervaardiger nie die regstelling kan doen nie.