Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann.... Umfula Wessel Strydom -43 seconds ago
Lekker Umfula Goeie Hout -1 hour ago
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -2 hours ago
5.6kg Umfula Johann L -5 hours ago
Bo Umfula Johann L -5 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 14:36

Ook besoek gaan aflê by die dorp. Ons was op 'n gratis bemarkingstoer geneem. Ek is be-indruk met wat daar vermag is. Die plek beur vooruit, van industriele gebied, eie sonplaas, technikon, en vele woon uitbreidings. Hulle beoog om binne volgende 3 jaar hulle eie universiteit ook daar te vestig. As ek kyk na die agteruitgaan van vele klein dorpies in Wes Transvaal, die swak bestuur wat water en sanitasie aanbetref, kan Orania as 'n rolmodel geneem word. Die dorp is skoon, weliswaar baie grondstrate, en plekplek verwaarloosde erwe, maar oorwegend skoon. 

Daar is selfs 'n uitgebreide mediese stasie, oppad na volwaardige hospitaal, tandsorg geriewe en eie veiligheids stasie. Daar is seker 6 eiendomsagente, tot Tannie Pam. Wou liewer nie gaan navraag doen nie. Geen bedelaars, almal het werk, al is dit om petroljoggie te wees, of slote te grawe.

koek

orani

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 14:56

Dit was oorwegend 'n baie lekker toer. As mens veilig en ongedeerd terug by jou huis insleep, is mens baie dankbaar.

1] my moeilikste stuk sleep was deur Johannesburg se buitwwyke met R512. Hoofassaklik omdat die krag af was met die gaan en terugkom.

2] Die slegste stuk pad was beslis die pad tussen Hopetown en Orania. Die ander paaie is vodde, en ek het die langpad terug geneem, terug na Hopetown, Kimberley en toe na Bloemfontein.

3] Ek het lekker gesleep op N12 van Kimberley na Drie Susters. Die trokke is baie minder. Tussen Strydenburg en Kambro was pad erg grof, wilwil slaggate maak.

4] Die trokke op N1 tussen Bloem en Johannesburg pla nie baie nie. Hoewel baie trokke, is groot dele van N1 dubbeld.

5] Namakwaland is nie plat nie!!! Blik-sementemmer, ek het swaar gesleep daar. Dit voel aldie pad opdraende tot by Sprinbok. Ongelooflik mooi so tussen die berge deur, maar swaar op sous.

6] Ons het 5652km gereis, waarvan sekerlik 5200km met die wa was. Dit het my ongeveer R14000 aan diesel gekos. Brandstofverbruik was hoofsaaklik bepaal deur omstandighede en omgewing. Baie wind van voor gehad met die terugkom. Dit het gewissel tussen 7.5km/l en 9.5km/l.

7] Oranje Rus by Kanoneiland by Upington is ook skoon veilige oord vir oornag op die langpad.  

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 15:17

Soos genoem, het ons net onder die dam oorgebly by Sandgat. Die dam is amper 'n klein replika van die Gariep dam. Dit was eers bekend as die PK le Roux dam. Hier word ook hidro elektrisiteit opgewek, of die fasiliteite is steeds daar.

dam

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 14/09/2023 - 15:53

Net 'n vragie t.o.v. Sandgat. Hoe is die pad tot by die oord self? Ek aanvaar dit is gruispad, maar hoe lank is die stuk gruis (km - ongeveer) en kan dit gemaklik gedoen word met 'n padwa?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 16:14

Middag Chris B

Dit is op 'n groot kommersiele plaas, en die goeie breë gruispad is in beter toestand as  die teerpad vanaf Orania. Ek het dit nie gemeet nie, maar dit is seker minder as 7kmlaugh

Dit kan met gerustheid met 'n padwa gesleep word.   

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 14/09/2023 - 16:56

Is die oorsaak van die afloop van die Kavango se band al bepaal ?  Het die vervangende band ook afgeloop ?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 14/09/2023 - 17:09

Middag Len, nee die rede moet nog gevind word. 

Ek het in Beaufort Wes die band op die velling laat omdraai. Die afgeloopte kant is toe aan buitekant. Ek kon niks los vind nie, die wiellaers het koud bly loop, en daar was geen speling op die wiel nie.

Ek het so huistoe gery, en wa moet spoedig by Echo hoofkantoor onder hande geneem word. Ek vermoed dit is net sporing wat gestel moet word. Sodra die fout/sporing reggemaak is, sal ek die nuwe spaarwiel opsit, en die beskadigde band as noodwiel hou.

Met my geluk word ek dieselfde oggend afgetrek net voor de Rust. Die man wil toe graag die kombinasie deurkyk vir padvaardigheid. Ek klim toe uit met verskoning dat ek wil bene rek. So gaan rek ek toe bene by die gewraakte band. Een voet op wiel, en doen rek oefening, en wissel bene. Sodoende het beampte nie die band gesien nie. 

Ek vermoed dat ek verlede jaar met die slaggate en swaai oppad KarooNP toe moontlik die sporing uitgefoeter het. Ek het net nie die skeef afloop dadelik opgemerk nie.

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 14/09/2023 - 18:41

Sit ek hier in die sitkamer en reis met jan tuisbly se karrerjie sommer so twee heerlike toere en meemaak, een na blomme land, en een na Romenie. Sonder om 'n sent uit te gee, dankie vir die mooi fotos en vertellings, dit is mooi.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/09/2023 - 07:03

Môre vriende

Sit so en kyk na my vakansie fotos, en besluit toe om ook hierdie met julle te deel. 

die klipstapel was gebruik om roofdiere soos jakkalse en luiperds veral te vang en te dood. Binne was lokaas gesit, en as dier inkruip en begin vreet het 'n riem die hek voor laat toeval. Daarna is dit of doodgeskiet, of doodgesteek van bo af, deur 'n klein opening in die klippe. 

hok

skil

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 19/09/2023 - 12:07

Met die grasperke wat grotendeels in die Karoo Nas Park se kampeerterrein verdwyn het, behalwe vir die klein stukkie voor die ablusieblok, het die bergskilpaaie wat graag daar kom wei het, ook minder geword. Ons het vir party van hulle selfs name gehad - hulle was maklik herkenbaar. Die een ou mannetjie (ons het hom ou "Biggy" genoem) het graag tydens ons Des/Jan (2008/09) besoek, oor die middaguur kom skadu soek onder ons stoeptent. Dan moes ons noodwendig maar sommige van ons kampmeublement wegskuif van sy gunsteling lêplek af, anders het hy dit eenvoudig net vanself weggeskuif (en meermale omgestamp). En as hy sy middag "siesta" vat, word die kop en bene nie ingetrek nie, maar lê die ou met daardie liggaamsdele gemaklik uitgestrek.

Karoo

Oor die jare het ek heelwat videos geneem van hulle paringsgedrag - die voorafgaande (ongeskikte) hofmakery deur die mannetjies deur die wyfie om te rol op haar rug en weer op haar voete, die paring self en die jaloerse gevegte deur mannetjies met mekaar. Destyds was die TV-program op Kyknet (Kwêla) se jaarlikse kompetisie vir kykers se videos nog relatief nuut. Ralie het my meermale aangemoedig om dié videos in te stuur vir die Feite En Geite afdeling. In 2006 het ek toe 'n geredigeerde weergawe ingestuur, maar geen verwagting gehad nie.

Op 25 Julie 2006, bel 'n dame van Kwêla my toe en vra of ek al my videomateriaal vir hulle kan stuur. Kwêla maak toe hulle eie geredigeerde weergawe - en wraggies, daar eindig die Karoo skilpaaie se manewales toe onder die finale 10 waaruit 'n wenner gekies moes word. Ai - en het ek nie my tande geslyp vir een van daardie Echo kampwaentjies nie. Maar uiteindelik was my videos van "skilpad pornografie" nie só gewild om my onder die Top 3 te laat eindig nie.

Kyk net hoe lieflik het die grasstaanplekke eens gelyk. Hierdie foto is in Mei 2006 geneem:

Karoo

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/09/2023 - 12:41

Middag Chris, jis maar dis was mooi groengras. Vandag kry mens darem 'n plat plaveisel staanplek, met gruis om, indien jy gelukkig is. Ek kan nie onthou of al die staanplekke wel geplavei is nie..

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus