Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.
Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.
Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.
HAHA, goed gestel Herman. …
HAHA, goed gestel Herman. Ou Siener is voltyds besig in Israel. Sterkte daar.
Ek dink altwee games kan enige kant toe gaan. Dat dit wel goeie rugby gaan wees is 'n feit. Ek dink die span wat eerste die hardste gaan slaan staan 'n goeie kans om te wen. 'n Span wat nou gaan dobbel met verkeerde spankeuses is uit. Al vier spanne kan vinnige rugby speel. Die span met die minste foute en strafskoppe staan 'n goeie kans om te wen. Alles oor dissipline. Hou emosies in toom wat dit veroorsaak foute.
Sterkte aan die 4 spanne. Mag goeie rugby wen.
Wessel, jy moet 'n span kies al is dit net vir die lekker.
Tip van die dag---Jy sien nie vetvlekke van ribbetjies op swart nie.
Sal nie....
....verder deelneem nie. Julle spot met my laphoedjie![]()
Julle spot met my laphoedjie…
Julle spot met my laphoedjie
Solank dit net swart is.
All Blacks aanvaar enige iemand al is dit n laphoedtjie.
Dit het ek al baie gesien
All Blacks aanvaar enige iemand
Te oordeel aan van hulle ondersteuners wat hier rondloop is dit beslis waar.
Sies Wildehont. Net omdat…
Sies Wildehont. Net omdat ek n ander span as jy ondersteun.
Misverstand Sekelstert
wat hier rondloop
Ek het verwys na my tuisdorp, nie die forum nie. Ek sal nie so lelik wees nie. Ons spot die Varingdraers hier ook lekker en dis alles in ‘n goeie gees.
Is jy "OK" muishond? …
Is jy "OK" muishond?
Misverstande is die eerste simptoon van Alzheimer's. Jy is nog te jonk daarvoor
Ek lees toe mos nou gister…
Ek lees toe mos nou gister raak dat Sir Clive Woodward reken dat die komende naweek se kwarteind wenners net gaan bestaan uit 6 Nasie spanne. Mmmmmm... Wonder wat het hy in sy Ingelse tee gehad die oggend?
My opinie is daar kan dalk 2 van hulle deurgaan. Nou hoop ek van harte dat daar geen van die 6 nasie spanne deurgaan nie. Time will tell.
Alzheimer’s
Misverstande is die eerste simptoon van Alzheimer's.
Het oom vergeet oom het my misverstaan? ![]()
Het oom vergeet oom het my…
Het oom vergeet oom het my misverstaan?
Nice skerp Stinkhond. Jy trek nou 'n ANC of Protea move.
Die oogkundige, die vlag en die volkslied
Ek sien Ben het al voorheen sewe wedstryde waarin die Springbokke gespeel het geblaas, onder andere twee teen Ierland wat ons albei verloor het. Ek lees niks in sy invloed op die uitslae nie, alhoewel hy baie goed misgekyk het aan weerskante in ons onlangse groepswedstryd teen Ierland.
Van die sewe wedstryde wat hy geblaas het, het die Springbokke vier gewen, een gelykop gespeel en twee verloor. As mens glo die skeidsregter bepaal die uitkoms dan is dit seker nie slegte odds nie. Ons het darem die wedstryd teen Frankryk wat hy geblaas het gewen. Hopelik herhaal die geskiedenis.
In ander nuus sien ek Oom Skerpioen se wens het nie waar geword nie. Die ondersteuners wat deur ons belastingbetalers geborg is met die 7-1 tande en huishulp kostuum wat al die Springbokke se wedstryde bywoon mag die vlag waai en ons volkslied wat begin op die wysie van Itsy bitsy spider mag gesing word Sondag.
Ek moet sê, ek kan nie ‘n WB onthou waarin die kompetisie so straf was tussen die top 4 nie. 2019 het almal gedink Engeland gaan wen en toe verras die Springbokke almal. Ander toernooie verwag baie mense dat Nieu-Seeland sal wen en drie keer het dit gebeur, selfs twee keer na mekaar. Die voorspelbaarheid is maar vervelig. Dis baie moeilik om te voorspel wie hierdie jaar sal seevier. Dis net jammer dat twee van die kwarteind wedstryde eintlik halfeind wedstryde moes gewees het.
Ek wonder hoekom is die nuwe…
Ek wonder hoekom is die nuwe vlag en volkslied so belangrik vir huidig benadeelde minderhede?
Speel eerder Leon Schuster se “Hier kom die Bokke” en hys die Springbok vlag. Dit sal ek aanvaar en tot saamsing.
Ek het so gehoop die ou SA Vlag word gewaai en DIE STEM word gesing. Ek weet hier is moontlik 'n paar laaitjies wat nie die woorde ken nie maar die ouer garders sal opstaan en saamsing as hulle ook nie knieknakkertjies is nie. Dit sou my dag gemaak het en ek sou uit volle bors gesing het terwyl ek salueer. Maar nou ja ek en baie ander sal nie saamsing nie.
Oor die REFS. Hulle het 'n werk om te doen net soos die spelers. As elkeen hom bepaal by sy werk dan loop 'n game sommer seepglad. Ondersteuners wat dink hulle is die REF loop hand aan hand met "Swak Sportmangees". As die Bokke en hulle ondersteuners vooraf voel die Ref gaan hulle die game kos is dit hulle plig om te onttrek aan die reeks. Dis so maklik soos dit.
Dis net jammer dat twee van die kwarteind wedstryde eintlik halfeind wedstryde moes gewees
Ek stem 100% saam.
Skerpioen...
...ek sou selfs tevrede wees as ons kan sing----Ken jy die land, die land waar die boerevolk woon.....
Kan ek bemoerak raak as ek sien hoe mense deesdae sit/staan/neuskrap terwyl die land se saamgeflanste volkslied gespeel word, veral die 2de gedeelte.
Is die vierkleur ook 'n verbode vlag in die openbaar???
Daar klop die Springbokke die Varings
Die Varingtruie is definitief duurder as Springboktruie, maar dit het ons reeds geweet.
Ten minste het ons die meeste ondersteuners van al die lande (soos dieselfde artikel bevestig).

Wessel Is die vierkleur…
Wessel
Is die vierkleur ook 'n verbode vlag in die openbaar???
Alles waaraan 'n wit Afrikaner vat is verbode volgens die ANC. Hulle wil alles beheer. Tot die taal wat ons nou hier praat word nie erken nie. Ek dink nie die vlag is verbode nie want jy kan dit orals koop.
Oom Skerpioen, ek ontrek aan…
Oom Skerpioen, ek ontrek aan niks. Sorry hoor.
Nou hoe nou?
Ek hoor sopas op RSG dat ons Sondag in ons gewone Springboktruie speel, en Frankryk in hulle gewone blou truie. Wat het nou geword van die kleurblindes waaroor Wêreldrugby so bekommerd was in die groepfase?
Sorry Hoor Geen…
Sorry Hoor
Geen probleem Groot G. Jy kla darem nie oor die skeidsregter nie.
45% agter die Proteas staan----Die ander 55% staan bankvas agter die Mighty All Blacks
AggeNee. Ek het nogal van die "maak my fris Checkers blou protea" truie gehou. Onthou julle nog die ou padda in die warm pot water verhaaltjie? Net so word die protea ondersteuners gewoont aan al die veranderings op die Checkers truie. Daai ou klien verdwaalde springbokkie was al oral en is nou op die skouer as ek reg onthou. Ek sal moet seker maak. Volgende WB waarborg ek almal is daar springbokkie verder verdwaal af van die protea Checkers hempie. Geniet hom manne terwyl hy nog daar is. Tyd is nie aan jou kant nie.





Wat gebeur nou volgende met…
Wat gebeur nou volgende met die wedstryde. Daar is 8 spanne wat nog in is. En as ek reg het, "sudden death". Oom Wessel moet gaan lê en sy laphoedjie oor die ore trek en met siener van Rensburg gaan gesels. Miskien sien hy paar " upsetts raak. Ek, gegrond op wat julle ons hier vertel, dat ons het n 50-50 kans teen Frankryk en NZ slegs 40- 60 kans teen die Iere.