Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -5 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -16 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -16 hours ago

Rugby Wêreldbeker 2023

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on

Ek weet nie of daar nog ander rugby-entoesiaste op hierdie forum is nie. Ons sal nie eens 'n rugbyspan kan volmaak met gereelde deelnemers aan hierdie forum nie - dit sommer net terloops.

Ons Bokspan vertoon goed in hierdie stadium. Nie net het ons met ons amperse B-span verlede Saterdag vir Wallis verniel nie, maar het ons gisteraand die magtige All Blacks behoorlik ore aangesit met 'n rekordtelling.

Mag ons manne so voortbou vanaf die afskop van die Wêreldbeker. Danksy 'n tydelike VPN-app kon ek beide genoemde wedstryde hier in Roemenië kyk. Maar die Wêreldbeker se wedstryde sal darem hier op plaaslike TV gekyk kan word, want Roemenië neem ook deel - juis ons tweede teenstanders. Die ongeluk is net dat die kommentaar in Roemeens sal wees. Solank ek net kan kyk - ek sal my eie kommentaar lewer.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 10/10/2023 - 14:39

Wat gebeur nou volgende met die wedstryde.  Daar is 8 spanne wat nog in is. En as ek reg het, "sudden death". Oom Wessel moet gaan lê en sy laphoedjie oor die ore trek en met siener van Rensburg gaan gesels. Miskien sien hy paar " upsetts raak. Ek, gegrond op wat julle ons hier vertel, dat ons het n 50-50 kans teen Frankryk en NZ slegs 40- 60 kans teen die Iere. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Tue, 10/10/2023 - 14:51

HAHA, goed gestel Herman.  Ou Siener is voltyds besig in Israel. Sterkte daar.

Ek dink altwee games kan enige kant toe gaan.  Dat dit wel goeie rugby gaan wees is 'n feit. Ek dink die span wat eerste die hardste gaan slaan staan 'n goeie kans om te wen.  'n Span wat nou gaan dobbel met verkeerde spankeuses is uit.   Al vier spanne kan vinnige rugby speel.  Die span met die minste foute en strafskoppe staan 'n goeie kans om te wen.  Alles oor dissipline.  Hou emosies in toom wat dit veroorsaak foute. 

 Sterkte aan die 4 spanne.  Mag goeie rugby wen.  

Wessel, jy moet 'n span kies al is dit net vir die lekker.  

Tip van die dag---Jy sien nie vetvlekke van ribbetjies op swart nie.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 10/10/2023 - 19:35

wat hier rondloop

Ek het verwys na my tuisdorp, nie die forum nie. Ek sal nie so lelik wees nie. Ons spot die Varingdraers hier ook lekker en dis alles in ‘n goeie gees.  

0

Ek lees toe mos nou gister raak dat Sir Clive Woodward reken dat die komende naweek se kwarteind wenners net gaan bestaan uit 6 Nasie spanne.  Mmmmmm... Wonder wat het hy in sy Ingelse tee gehad die oggend?

My opinie is daar kan dalk 2 van hulle deurgaan.  Nou hoop ek van harte dat daar geen van die 6 nasie spanne deurgaan nie.  Time will tell.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 11/10/2023 - 08:31

Misverstande is die eerste simptoon van Alzheimer's.

Het oom vergeet oom het my misverstaan? devil

0
Worcester

Wildehont

Wed, 11/10/2023 - 10:55

Ek sien Ben het al voorheen sewe wedstryde waarin die Springbokke gespeel het geblaas, onder andere twee teen Ierland wat ons albei verloor het. Ek lees niks in sy invloed op die uitslae nie, alhoewel hy baie goed misgekyk het aan weerskante in ons onlangse groepswedstryd teen Ierland. 
Van die sewe wedstryde wat hy geblaas het, het die Springbokke vier gewen, een gelykop gespeel en twee verloor. As mens glo die skeidsregter bepaal die uitkoms dan is dit seker nie slegte odds nie. Ons het darem die wedstryd teen Frankryk wat hy geblaas het gewen. Hopelik herhaal die geskiedenis. 
 

In ander nuus sien ek Oom Skerpioen se wens het nie waar geword nie. Die ondersteuners wat deur ons belastingbetalers geborg is met die 7-1 tande en huishulp kostuum wat al die Springbokke se wedstryde bywoon mag die vlag waai en ons volkslied wat begin op die wysie van Itsy bitsy spider mag gesing word Sondag. 
 

Ek moet sê, ek kan nie ‘n WB onthou waarin die kompetisie so straf was tussen die top 4 nie. 2019 het almal gedink Engeland gaan wen en toe verras die Springbokke almal. Ander toernooie verwag baie mense dat Nieu-Seeland sal wen en drie keer het dit gebeur, selfs twee keer na mekaar. Die voorspelbaarheid is maar vervelig. Dis baie moeilik om te voorspel wie hierdie jaar sal seevier. Dis net jammer dat twee van die kwarteind wedstryde eintlik halfeind wedstryde moes gewees het. 

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 11/10/2023 - 11:27

Ek wonder hoekom is die nuwe vlag en volkslied so belangrik vir huidig benadeelde minderhede?

Speel eerder Leon Schuster se “Hier kom die Bokke” en hys die Springbok vlag.  Dit sal ek aanvaar en tot saamsing.

Ek het so gehoop die ou SA Vlag word gewaai en DIE STEM word gesing.  Ek weet hier is moontlik 'n paar laaitjies wat nie die woorde ken nie maar die ouer garders sal opstaan en saamsing as hulle ook nie knieknakkertjies is nie.  Dit sou my dag gemaak het en ek sou uit volle bors gesing het terwyl ek salueer.  Maar nou ja ek en baie ander sal nie saamsing nie.

Oor die REFS.  Hulle het 'n werk om te doen net soos die spelers.  As elkeen hom bepaal by sy werk dan loop 'n game sommer seepglad.  Ondersteuners wat dink hulle is die REF loop hand aan hand met "Swak Sportmangees".  As die Bokke en hulle ondersteuners vooraf voel die Ref gaan hulle die game kos is dit hulle plig om te onttrek aan die reeks.  Dis so maklik soos dit.

Dis net jammer dat twee van die kwarteind wedstryde eintlik halfeind wedstryde moes gewees 

Ek stem 100% saam.    

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/10/2023 - 11:46

...ek sou selfs tevrede wees as ons kan sing----Ken jy die land, die land waar die boerevolk woon.....

Kan ek bemoerak raak as ek sien hoe mense deesdae sit/staan/neuskrap terwyl die land se saamgeflanste volkslied gespeel word, veral die 2de gedeelte.

Is die vierkleur ook 'n verbode vlag in die openbaar???

0
Worcester

Wildehont

Wed, 11/10/2023 - 11:53

Die Varingtruie is definitief duurder as Springboktruie, maar dit het ons reeds geweet.
 

Ten minste het ons die meeste ondersteuners van al die lande (soos dieselfde artikel bevestig). 
 

A

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 11/10/2023 - 12:03

Wessel

Is die vierkleur ook 'n verbode vlag in die openbaar???

Alles waaraan 'n wit Afrikaner vat is verbode volgens die ANC.  Hulle wil alles beheer.  Tot die taal wat ons nou hier praat word nie erken nie.  Ek dink nie die vlag is verbode nie want jy kan dit orals koop.  

0
Worcester

Wildehont

Wed, 11/10/2023 - 12:33

Ek hoor sopas op RSG dat ons Sondag in ons gewone Springboktruie speel, en Frankryk in hulle gewone blou truie. Wat het nou geword van die kleurblindes waaroor Wêreldrugby so bekommerd was in die groepfase?

0
Bloemfontein

Skerpioen

Wed, 11/10/2023 - 13:52

 

Sorry Hoor

Geen probleem Groot G.  Jy kla darem nie oor die skeidsregter nie. 

 

45% agter die Proteas staan----Die ander 55% staan bankvas agter die Mighty All Blacks

AggeNee.   Ek het nogal van die "maak my fris Checkers blou protea" truie gehou.   Onthou julle nog die ou padda in die warm pot water verhaaltjie?  Net so word die protea ondersteuners gewoont aan al die veranderings op die Checkers truie.  Daai ou klien verdwaalde springbokkie was al oral en is nou op die skouer as ek reg onthou.  Ek sal moet seker maak.  Volgende WB waarborg ek almal is daar springbokkie verder verdwaal af van die protea Checkers hempie.  Geniet hom manne terwyl hy nog daar is.  Tyd is nie aan jou kant nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus