Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -1 minute ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -13 hours ago

Manyane 2023..

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

My dogter-hulle gaan 2 tot 9 Oktober by Manyane kamp, en ons twee het besluit ons wil saam gaan.

Dit is wel hoog seisoen, en dus duurder, maar steeds nie onbekostigbaar nie. 

Ons beplan om vanaf Sasol / Vaalpark na Randfontein, Magaliesberg dan verby Rustenburg te ry, dit is wat my betref die beste pad.

Na Rustenburg sal ek maar die GPS se gids moet vertrou.

Twee staanplekke is reeds bespreek en betaal.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/10/2023 - 07:33

Goeie môre Kampforum, ons was toe by Manyani, dit was baie warm maar lekker. Die oord was nie baie vol nie, maar die atmosfeer was geselig en die mense ontspanne.

Instandhouding was goed, en die personeel vriendelik.

Manyani
Ons het op 25, en my dogter-hulle op 26 gestaan.
Manyani
Ons kon nie twee staanplekke langs mekaar kry met lekker koelte nie, en die son het ons gepeper.
Manyani
Terwyl ons opslaan, het die apies besluit hullle moet die bome inspekteur.
Manyani
Klein Armand is soos oupa, 'n groot voel liefhebber en het solank die wildtuin boek nader gesleep en besluit waarna om te soek.

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 12/10/2023 - 07:49

Ek kan glo julle het warm gekry, maar dis darem lekker vir ‘n klong om so kaalvoet en kaal bolyf buite te baljaar. En wonderlik dat drie generasies saam kan kampeer. Hoe was die wildbesigtiging?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/10/2023 - 07:52

Ons het nie na die verbrande chalets gaan kyk nie, dit sou te ontstellend wees.

Die veld en die reservaat is grootliks verbrand, maar die groen kom nou mooi deur, reen is nou dringend nodig om daai dieremen veld te herstel.

Wild was redelik volop en ons het baie gesien, maar geen predatore het kans gesien vir die erge hitte bedags nie.

Manyani
Die Zebras het ook swaar gekry in die hitte.
Manyani
Babas was nogal baie, lyk of dit 'n vrugbare jaar gaan wees
Manyani
Hierdie koei het bewys dat babas die jaar nie 'n skaarste is nie.

Die foto van die olifant met die drie kleintjies was so 15 meter van ons af. Die sorg-moeder was baie kalm en het ons net dop gehou, toe ek egter wil ry, kom daar 'n ander jong koei uit die bosse en wou die kar verwilder. Die getrompetter in my vrou en dogter se ore was erg, en ek moes maar vinnig pad gee, jy toets mos nie olifant se krag nie, of hoe sê ek Wessel😂

Manyani
Ons was baie gelukkig om heelwat (onthoringde) renosters te sien.
Dit is 'n hartseer saam dat mens sover moet gaan om die diere te beskerm teen geldwolwe

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 12/10/2023 - 08:04

Dit lyk of julle mooi wild gesien het. Ek het nog altyd van Pilanesberg gehou. Toe ons nog in Pretoria gebly het, het ons partykeer sommer vir ‘n Sondag daarheen gery vir ‘n wildrit en braai by die piekniekplek wat oor die dam uitkyk. Toe was brandstof egter heelwat goedkoper as tans. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/10/2023 - 08:12

Chris, ons was regtig bevoorreg om baie wild te kon sien, ongelukkig nie 'n enkele roofdier nie, maar net om so in die natuur te wees is heerlik.

Ons het wel van mense gehoor wat luiperds, leeus, jagluiperds ens gesien het, maar ons het dit gemis.

Manyani
Die diere het al wat koelte was gaan op soek
Manyani
Hierdie ou grote was ook naby die pad en kon ons darem 'n beter foto kry.
Manyane
By Fish Eagle uitkyk punt het ons so ou versnapperinkie gaan geniet.
Manyani
Bobejane was daar ook, maar ons weet mos, as jy nie by jou wa is nie, maak jy alles toe binne die wa en die dak moet sak.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/10/2023 - 08:34

Ek is bly dat julle Manyane en wildtuin geniet het. Ek is verbaar oor jou foto's, ek het net swart afgebrande veld verwag.Ek let nooit op na nommers daar nie, het julle dalk in laaste sirkel gestaan? Dan is mens reg agter die swembad en restourant. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 12/10/2023 - 08:38

Dit lyk juis of die een op die foto iets in sy bek het wat hy gebuit het. Dit kon seker erger gewees het. In Noord-Amerika moet mens goed in die bome ophang om dit weg te hou van die bere af. 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 12/10/2023 - 09:03

Ons wou ook soentoe gaan maar altyd uitgestel lyk regtig lekke daar ja hoop reen kom 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/10/2023 - 10:24

Wessel daar is groot dele, veral by die ingang en op na Bakgatla se kant toe wat erg verband is, maar die res was mooi, en dit het gelyk of daar ook areas is waar voorbranding gedoen is.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 13/10/2023 - 03:24

Ai, maak hierdie fotos en gesels my weer lus om te gaan inloer daar by Manyane. Dankie vir deel van ervaring. Hoe was die grondpaaie se toestand gewees binne reservaat?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 13/10/2023 - 05:45

Môre Geert, die grond paaie was maar sleg, selfs die teer paaie was nie oral nice nie, maar mens ry mos stadig in 'n reservaat. Met jou bakkie behoort jy meer plekke te kan ry.

In die algemeen sinkplaat maar rybaar tot hier en daar erg gate.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 13/10/2023 - 16:39

Baie dankie vir die lekker-lees verslag en fotos. As gesoute Kapenaar en oud-Gautenger was ek ongelukkig nog nooit by hierdie wildtuin nie ten spyte daarvan dat my vrou in daardie wêreld groot geword het, trouens haar oupagrootjie het een van die plase besit wat nou deel van die wildtuin is.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/10/2023 - 17:54

Middag vriende

Ek wil net herhaal wat ek tevore ook al genoem het, hierdie wildtuin is vir ons 'n lekker 2de prys op die KrugerNP.

Dis 100km van my huis af tot in Manyane, en ek is oortuig mens sien aansienlik meer wild as in Dinokeng. Ons was nog altyd gelukkig om elke keer so 4 uit van die groot 5 te siene te kry.

Johann het net weer my persepsie bevestig.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 13/10/2023 - 18:15

Ons was nog altyd gelukkig om elke keer so 4 uit van die groot 5 te siene te kry.

Wessel, stem saam...Definitief tonne beter as Dinokeng besigtiging. Die een wat ons gewoonlik die meeste sukkel van die Big5 om te vind is die buffel. Nog nooit wildehonde daar gesien nie. Ook vir my lekker om Springbokke daar te sien omdat dit nie in KNP is nie...iets anders. En dan die bruin hyena wat relatief baie is. So ver ek weet is daar net 1x gevlekte hyena?

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 13/10/2023 - 18:25

die grond paaie was maar sleg,

Die grondpaaie was in verlede baie nice gewees, tot paasnaweek laasjaar toe dit so verskriklik gereen het. Paaie het baie skade opgetel en is nooit herstel nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 13/10/2023 - 20:20

.... het ons die laaste paar kere omtrent elke keer gekry. Meestal op die Molopo roete, Narre pad en Sefara roete.

Ons het al 1 maal twee Dagga manne gekry naby Markowan dam, vanaf Mankwe se kant af. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 13/10/2023 - 21:44

Ons het twee keer wildernis staptoere gedoen daar in die deel waar toeriste nie mag ry nie. Slaap onder die sterre en stap twee keer per dag. Op ons laaste staptoer sien ons een dag ‘n wit- en swartrenoster onder in ‘n kloof wat mekaar staan en aanstaar. Ons het hulle van bo af dopgehou totdat die witte die aftog geblaas het. Toe stap ons af in die kloof en benader die swarte wat in die skadu lê van die wind af kant af. Ons het tot binne 20m van hom gevorder, en al was sy oë oop en het hy reguit na ons gekyk het hy nie geweet ons was daar nie. Dit was terselfdertyd vrek opwindend en vreesaanjaend. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus