My dogter-hulle gaan 2 tot 9 Oktober by Manyane kamp, en ons twee het besluit ons wil saam gaan.
Dit is wel hoog seisoen, en dus duurder, maar steeds nie onbekostigbaar nie.
Ons beplan om vanaf Sasol / Vaalpark na Randfontein, Magaliesberg dan verby Rustenburg te ry, dit is wat my betref die beste pad.
Na Rustenburg sal ek maar die GPS se gids moet vertrou.
Twee staanplekke is reeds bespreek en betaal.
Baie dankie Geert, lekker om…
Baie dankie Geert, lekker om al die omgee te sien, ek besef dit is terwille van al die lesers👍
Goeie môre Kampforum, ons…
Goeie môre Kampforum, ons was toe by Manyani, dit was baie warm maar lekker. Die oord was nie baie vol nie, maar die atmosfeer was geselig en die mense ontspanne.
Instandhouding was goed, en die personeel vriendelik.
Dit lyk lekker
Ek kan glo julle het warm gekry, maar dis darem lekker vir ‘n klong om so kaalvoet en kaal bolyf buite te baljaar. En wonderlik dat drie generasies saam kan kampeer. Hoe was die wildbesigtiging?
Manyani.
Ons het nie na die verbrande chalets gaan kyk nie, dit sou te ontstellend wees.
Die veld en die reservaat is grootliks verbrand, maar die groen kom nou mooi deur, reen is nou dringend nodig om daai dieremen veld te herstel.
Wild was redelik volop en ons het baie gesien, maar geen predatore het kans gesien vir die erge hitte bedags nie.
Die foto van die olifant met die drie kleintjies was so 15 meter van ons af. Die sorg-moeder was baie kalm en het ons net dop gehou, toe ek egter wil ry, kom daar 'n ander jong koei uit die bosse en wou die kar verwilder. Die getrompetter in my vrou en dogter se ore was erg, en ek moes maar vinnig pad gee, jy toets mos nie olifant se krag nie, of hoe sê ek Wessel😂
Dit is 'n hartseer saam dat mens sover moet gaan om die diere te beskerm teen geldwolwe
Nie sleg nie
Dit lyk of julle mooi wild gesien het. Ek het nog altyd van Pilanesberg gehou. Toe ons nog in Pretoria gebly het, het ons partykeer sommer vir ‘n Sondag daarheen gery vir ‘n wildrit en braai by die piekniekplek wat oor die dam uitkyk. Toe was brandstof egter heelwat goedkoper as tans.
Manyani
Chris, ons was regtig bevoorreg om baie wild te kon sien, ongelukkig nie 'n enkele roofdier nie, maar net om so in die natuur te wees is heerlik.
Ons het wel van mense gehoor wat luiperds, leeus, jagluiperds ens gesien het, maar ons het dit gemis.
Lekke Johann
Ons wou ook soentoe gaan maar altyd uitgestel lyk regtig lekke daar ja hoop reen kom
Wessel daar is groot dele,…
Wessel daar is groot dele, veral by die ingang en op na Bakgatla se kant toe wat erg verband is, maar die res was mooi, en dit het gelyk of daar ook areas is waar voorbranding gedoen is.
Lyk nou lekker
Ai, maak hierdie fotos en gesels my weer lus om te gaan inloer daar by Manyane. Dankie vir deel van ervaring. Hoe was die grondpaaie se toestand gewees binne reservaat?
Môre Geert, die grond paaie…
Môre Geert, die grond paaie was maar sleg, selfs die teer paaie was nie oral nice nie, maar mens ry mos stadig in 'n reservaat. Met jou bakkie behoort jy meer plekke te kan ry.
In die algemeen sinkplaat maar rybaar tot hier en daar erg gate.
Middag Johann....
Baie dankie vir die lekker-lees verslag en fotos. As gesoute Kapenaar en oud-Gautenger was ek ongelukkig nog nooit by hierdie wildtuin nie ten spyte daarvan dat my vrou in daardie wêreld groot geword het, trouens haar oupagrootjie het een van die plase besit wat nou deel van die wildtuin is.
Manyane Pilansberg
Middag vriende
Ek wil net herhaal wat ek tevore ook al genoem het, hierdie wildtuin is vir ons 'n lekker 2de prys op die KrugerNP.
Dis 100km van my huis af tot in Manyane, en ek is oortuig mens sien aansienlik meer wild as in Dinokeng. Ons was nog altyd gelukkig om elke keer so 4 uit van die groot 5 te siene te kry.
Johann het net weer my persepsie bevestig.
Big 5
Ons was nog altyd gelukkig om elke keer so 4 uit van die groot 5 te siene te kry.
Wessel, stem saam...Definitief tonne beter as Dinokeng besigtiging. Die een wat ons gewoonlik die meeste sukkel van die Big5 om te vind is die buffel. Nog nooit wildehonde daar gesien nie. Ook vir my lekker om Springbokke daar te sien omdat dit nie in KNP is nie...iets anders. En dan die bruin hyena wat relatief baie is. So ver ek weet is daar net 1x gevlekte hyena?
Grondpaaie
die grond paaie was maar sleg,
Die grondpaaie was in verlede baie nice gewees, tot paasnaweek laasjaar toe dit so verskriklik gereen het. Paaie het baie skade opgetel en is nooit herstel nie.
Buffels....
.... het ons die laaste paar kere omtrent elke keer gekry. Meestal op die Molopo roete, Narre pad en Sefara roete.
Ons het al 1 maal twee Dagga manne gekry naby Markowan dam, vanaf Mankwe se kant af.
Wildernis staptoere
Ons het twee keer wildernis staptoere gedoen daar in die deel waar toeriste nie mag ry nie. Slaap onder die sterre en stap twee keer per dag. Op ons laaste staptoer sien ons een dag ‘n wit- en swartrenoster onder in ‘n kloof wat mekaar staan en aanstaar. Ons het hulle van bo af dopgehou totdat die witte die aftog geblaas het. Toe stap ons af in die kloof en benader die swarte wat in die skadu lê van die wind af kant af. Ons het tot binne 20m van hom gevorder, en al was sy oë oop en het hy reguit na ons gekyk het hy nie geweet ons was daar nie. Dit was terselfdertyd vrek opwindend en vreesaanjaend.





Golden leopard resorts
.