DUSTY: 3 April 2017 - Goeie more al die koffie drinkers en ook die wat tee drink. Die pad is redelik stil vanoggend. Het een karavaansleper op die pad gekry vanoggend. Seker is hy oppad kus toe. Lekker dag vir almal!
Welkom by Kampforum se nuwe koffie (EN TEE) draad!
Vir toegang tot vorige koffie drade, volg asb die skakel hieronder (-;
KOFFIE DRAAD 1
KOFFIE DRAAD 2

Middag almal, kort Vrydag …
Middag almal, kort Vrydag
Sterkte Willem?
Goeie more Shaun en die…
Goeie more Shaun en die ander.
Koelerig en bewolk vanoggend. Beker tee is ook lekker vanoggend.
Lekker dag vir elkeen
Goeie more julle. Yip,…
Goeie more julle. Yip, lekker koelerig vanoggend, ek wens net dit wil bietjie reen.
Ek sien een van die lede vra uit oor kampplekke naby Newcastle ![]()
Lekker dag vir almal!
Goeie More
Goeie more almal, mooi dag vir julle, tee het mooi geloop vandag.
Shsun sterkte met daai ouditeure, hulle kan 'n pyn raak.
Dusty hier is dit ook nie so warm soos Dinsdag nie, maar geen wolke nie?
Hi, lekker koel vanda hier…
Hi, lekker koel vanda hier tussen die berger.
isteraand het al die "ou" mense of dan lang staaners weer ons weeklikse saam braai hier by die kantoor op die stoep gehad. Bessie en Migael het soos gebruiklik saam gebraai en so nou en dan sluit Pieter en Marie [die eienaars] hier by ons aan.
Omdat die kamp nog betreklik leeg is het omns die jongeres genooi om saam te braai. Was daai klomp nou aangenaam verras! Willie het sy kitaar uitgehaal en ons het gesing en ge-twist en rock en roll, daai jong mense kon nie glo dat ons meer volwasse mense nog so tekere kan gaan op die dans vloer nie!
Die gesamentlike braaie is altyd die hoogtepunt van die week, lekker verby, en dan kom mens darem een aand in die week eeers na een in die bed!
Ma die voorspoed julle verveel!
Môre almal. Mooi dag vir…
Môre almal. Mooi dag vir almal.
Hier is dit ook so effe koel vanoggend.
Hulle wil ons wys maak dat die klein goedjies in die lewe mens nie moet pla nie... Wel so net voor 3 het daar n klein dingetjie vir my in my oor kom sing en aan die hand en oor gebyt. Ek het baie werk wat ek gou moet klaar maak voor ek kan ry MOZ toe, toe staan ek maar op.
Kry vir julle koffie of tee....
Net ter wille van deursigtigheid.... iemand wat sê dat mens nie deur die klein dingetjies in die lewe gepla moet word nie... het nog nie met muskiete in sy kamer geslaap nie...
Goeie more Deon en die res…
Goeie more Deon en die res.
Jip, wanneer iets jou pla dan word jy maar vroeg wakker. Die beste is maar soos jy gemaak het. Staan maar op en gaan aan.
Dankie die is is lekker.
Lekker dag en geniet vir MOZ.
Goeie more. Deon, lekker…
Goeie more. Deon, lekker man! Julle moet dit geniet en stuur groete vir Cecily!
Lekker dag vir almal
Goeie more.
Goeie more almal, tee was lekker dankie.
Arie, ek sien nou eers julle het 'n lekker Woensdag aand gehad, great, bly julle het dit geniet.
Deon, julle moet veilig ry en Moz geniet, ons wag in spaning vir die artikel!
Dusty, jy is "laat" vandag, wat gaan aan, het jy beter geslaap?
Almal moet 'n awsome naweek geniet, ek het gister die kar en wa se bande gepoleer, druk na gegaan en sommer so bietjie lekker ruik goed in die kar gesit. Ons ry mos Sondag Buffelspoort toe vir die week?
More julle almal
More julle glo gaan goed met almal kom ons almal chill. Die wat kamp die naweek of langer julle moet geniet ja ek stem Deon die dinge wat pla sort dit uit en gaan aan laat loop die naweek
Goeie more…
Goeie more.
Gaan nou koffie maak sommer so saam met beskuit.
Gistermiddag gedink dat dit gaan reen. Daar het so n paar druppels geval. Dit is taai om te reen. Ons moet begin dink aan n biddag vir reen.
Lekker Saterdag vir elkeen. Geniet hom tenvolle
More Dusty en al die ander. …
More Dusty en al die ander. Laat hierdie n dag van voorspoed vir almal wees.
Goeie more!…
Goeie more!
Lekker dag vir almal!
Haak, sleep, kamp!
So maak ons
Ketel gekook koffie loop weer soos stroop lekke dag vir almal maak n verskil vandag se vir jou maat i love you en gee haar n druk
Goeie more…
Goeie more.
Klink daar buite na n rustige Sondag. Dit is doodstil behalwe die gesing van die voëls. Nie n voertuig wat ry nie. Ampet soos die klein plekkie anderkant Brits waar ek as kind hebly het. Sondae was dit maar baie stil en rustig.
Sit nou in die sitkamer en koffie drink.
Geniet die Sondag en die wat terugkeer van naweekkamp, ry maar rustig en veilig
Goeie more Dusty. Goeie more…
Goeie more Dusty. Goeie more almal.
Bewolk en koelerig hier in Vrede vanoggend. Leeus het my wakker gebrul al vroeg.
Lekker dag vir almal!





Môre almal. Lekker dag vir …
Môre almal. Lekker dag vir almal.