Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het.
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier.
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie.

Wat die.....
.....Hilux verloor in beenspasie agter, maak dit op met dieselverbruik![]()
Chris, die dieselverbuik wat jy moet klop tussen Dwarswegstrand en Worcester is 9km/l met die Kavango, en spoedbeheer op 98km/hr GPs.
Onthou net, jy wil nie "sprint" van robot tot robot nie, jy wil heerlik bult op en af "cruise" met 'n woonwa op sleeptou, en met lekker baie pakplek vir kampgoete. Anders moet jy 'n Ford Mustang v8 aanskaf.
Sal nie naby kom nie
Chris, die dieselverbuik wat jy moet klop tussen Dwarswegstrand en Worcester is 9km/l met die Kavango, en spoedbeheer op 98km/hr GPs.
Ek sleep net op afdraende of gelyk pad met spoedbeheer met die Prado. Teen opdraendes trap die Prado se spoedbeheer die lepel plat en rat sommer af derde toe.
Ek twyfel in elk geval of ek eers naby aan daardie verbruik sal kom met die Ranger Wessel. Dalk sonder om te sleep teen 100kph GPS. Ek hoop vir 7km/l.
Brasso....
....sal onthou daarvan. Ek begin gewoonlik met gewone karpolitoer.
dieselverbruik
Chris, as ek StephanS se inset lees, kan jy dalk 'n goeie verbruik verwag. As jy tssen 9 en 11km/l met 'n Regal kon kry, behoort jy ook daar rond te kry.
Vra hom sy geheim![]()
Gebruik Cruise Control…
Gebruik Cruise Control afdraand en plat pad so op 105-110km per uur in gewone auto.
As die opdraand kom, Sport mode en kies maar die rat volgens revolusie
Baie ligte regter voet 🫡
Wessel dis maar my algemene sleep patroon, selfs nou met die Everest
Self ratte kies?
As die opdraand kom, Sport mode en kies maar die rat volgens revolusie
As ek reg onthou het Grootwind gesê mens sleep in Sport modus en laat die bakkie self kies watter rat dit wil gebruik. Soos iemand op die 4x4 forum egter gesê het kan sy bakkie nie ‘n opdraende sien kom nie, so hy kies self die regte rat.
Dis maar hoe ek met die Prado en ou Everest ook gesleep het, skakel overdrive af voor die opdraende begin en tel bietjie spoed op. Dan kan mens in vierde die bult uit en die sleepspoed van 100 GPS handhaaf.
Rat volgens revolusie
Stephan, dis dalk waar ek nog fouteer. Ek sleep platpad en opdraendes met spoedbeheer. Ek kies 98km/hr GPS om nie 00r 3000rpm te gaan nie.
Dalk moet ek ook eerder met opdraendes my spoed laat sak om binne wringkrag kurwe te bly. Hilux 2.4 se wringkrag is 400Nm tot by 2200rpm, en by 3000rpm is dit net 340Nm.
Ek vermoed dat my spoed dan effe aan stadige kant gaan wees.
2013 Ranger 3.2
Chris, maak net seker volgens my info is rat 5 en 6 snelratte vir jou model, met 'n baie sterk verhouding in 4de.
Die nuwer modelle [2.2 reeks] was die 5de rat nie 'n snelrat nie.
Teen Van Reenenspas op het…
Teen Van Reenenspas op het ek gewoonlik tussen 4de en 5de rat gewissel
Die Ranger se 6 spoed ratkas…
Die Ranger se 6 spoed ratkas is gebaseer op 'n ZF ontwerp en word onder lisensie deur Ford vervaardig, Ranger gebruik die 6R80 variant (6 ratte en maks wringkeag inset van 800Nm, ook basies dieselfde eenheid wat in die Mustang gebruik word maar die is effe versterk en kan 1000Nm hanteer) Die 3.2 enjin se uitset wringkrag van 470Nm is gemaklik binne die ontwerp spesifikasie van die ratkas (terloops die 4de rat is die naaste aan 'n 1:1 verhouding, 5de en 6de is effektief "overdrives" - waar my 2.8 Jeep Cherokee en die Territory mens toelaat om die "overdrive" af te skakel met 'n skakelaar laat die 3.2 Ranger dit nie toe nie,Ford beveel aan dat in Sport mode gesleep word wat basies die ratte langer in 'n rat hou voordat dit oorskakel (basies dieselfde effek deur die ratkas vinniger te laat reageer op bv. opdraandes - ek vind dit werk baie goed teen bv Van Reenens Pas asook daai steil opdraande by Pietrmaritzburg - as die ratkas na my mening nie vinnig genoeg reageer nie vat dit net so 'n vinnige pompie op die versneller (nee, nie daai soort pompie waaraan julle nou dink nie!) om dit te laat reageer. Ek sleep nie graag met "cruise control" nie...
In praktyk vind ek die ratkas met die Fleetline gehaak hou meestal self in 5de en reageer blitsvinnig deur na 4de te skakel as mens 'n opdraande ervaar. Nog nooit nodig gevind om met die hand terug te skakel nie, los dit vir die ratkas se rekenaar.
Kappie insulasie
Vandag is dit ek en die Ranger. Oor vyf slapies ry ons Dwarswegstrand toe. Hier staan tans ses karre voor in ons erf, en net drie daarvan is myne. Ek het vanoggend ‘n uur lank geskuur aan ‘n pot wat skoonsus laat aanbrand het. My duim is seer.
Maar terug na die taak op hande. Ek gaan by die plaaslike Builder’s insulasie borde kry om aan die binnekant van die kappie se dak te plak, en ‘n liggie in die kappie monteer. Dan gaan ek bietjie die Kavango regpak, en ek gaan Chris Boucher se kerrie sous maak vir sosaties.
So lyk die borde
Ek het opgelees en hulle R-waarde is geskik vir die Wes-Kaap se klimaat.

Hier staan tans ses karre…
Hier staan tans ses karre voor in ons erf, en net drie daarvan is myne. Ek het vanoggend ‘n uur lank geskuur aan ‘n pot wat skoonsus laat aanbrand het. My duim is seer.
Die frustrasie vlakke bereik nou breekpunt. Jou spasie is jou spasie en as daar ingemeng word is dit nie aangenaam nie.
Sterkte met die kappie se takie wat jy gaan aanpak.
Ek kan dink dat jy uitsien na hierdie alleen wegbreek saam jou onmiddelike familie.
My vorige (gesteelde) Ranger…
My vorige (gesteelde) Ranger het 'n ingevoerde kappie (uit Thailand dink ek) gehad wat nogals fensie was, o.a. was sy slotte gekoppel aan die bakkie se sentrale sluitstelsel en so ook sy binneligte (2x). Die gedoente se dak het ook 'n properse dak "lining" gehad. Aanvanklik gedink dis te grênd vir woorde totdat die praktiese implikasie begin sigbaar word het. Dis nou maar so dat mens 'n bakkie se bak gedeelte behoorlik gebruik...die dak "lining" moes met groot versigtigheid hanteer word aangesien kamp goete baie keer skerp hoeke het wat die "lining" kan beskadig. Die huidige Ranger se kappie is baie meer robuust en bedoel om gebruik te word. Punt is, as jy die isolasie borde monteer doen dit so dat dit maklik vervang kan word indien kamp goete die borde beskadig, maw wees maar lig met die gom (ek neem aan jy gaan die borde net vasplak Chris?). Ek het nie gebodder met isolasie met die huidige kappie nie, maar dan is die wit en ek het ook nie klein kinders wat agterin saamry nie
robuuste kappie....
werk perfek vir tuinvullis en boomtakke ook.
My kappie het nou nie eers meer venster wat gekrap kan word nie.
Sterkte met die plakkery, hoop jy werk onderdak
Om die 3.2 Ranger se…
Om die 3.2 Ranger se brandstof verbruik bietjie in konteks te plaas wys my dogter my gister die verbruik van haar Suzuki Ignis wat sy nuut in April aangeskaf het. Alhoewel slegs 'n 1.2l enjin is die gedoente se werkverrigting nogal goed en het al wat liggie, klokkie en vertooneenheid is....Suzi drink 'n hele 17km/l (volgens die rekenaar) ....genoeg om my 3.2 sulke vuil kyke te gee van my kant af! En dan is Suzi se klimaatbeheer boonop voltyds aan. Wonder hoe Suzi my Fleetline sal sleep....![]()






Dalk is dit turbo lag wat…
Dit is 'n gegewe dat die "throttle response" beter sal wees. Dit is 'n 4L ses silinder "normally aspirated" masjien. Die wringkrag van die bakkie behoort die sleep van die karavaan beter te maak. Ek weet nie of die dieselverbruik beter sal wees nie. Sover my wete, is die 3.2 nie so lig op diesel nie.