Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
5.6kg Umfula Johann L -1 hour ago
Bo Umfula Johann L -1 hour ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
10 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
9 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
GOOGLE Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 27/12/2023 - 23:18

................alhoewel ek my nie nie aan sulke ingewikkelsde berekeninge steur nie  -  ek ry mos 'n Nissan en dié moet vir homself dink.  Ek hoop julle kamp en kuier lekker by die see en dat die wind gaan saamspeel.  Julle kampopset lyk lekker gesellig.  Kyk julle see se kant of kyk die wa se rugkant see toe ?

Ek wonder darem oor die Ranger se brandstofverbruik  -  enigste stukkie statistiek wat my interesseer.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/12/2023 - 06:23

Môre Chris, nou kan julle 4 Smalle lekker vakansie hou, so bietjie eie tyd.

Ek sal graag wil hoor wat Grootwind dink oor jou waarnemings, maar die volgende verbaas my;

1] dit nie so lekker die spoed hou as die Prado nie. Ek het die teenoorgestelde verwag.

2] Daai 40l/100km klink rof. Dit kan net wees omdat 4de rat so sterk is met 'n verhouding van 1.143:1. Ongelukkig het daai hele pad van Asthon tot amper op Albertinia 'n paar vieslike opdraendes wat krag tap. 

As die Ranger vanself terugskakel teen opdraendes, is dit tot in 4de of soms net tot in 5de? Wat was jou spoedbeheer sleepspoed.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 28/12/2023 - 06:56

Ek het min die spoedbeheer aangesit, net hier en daar op afdraendes. Ek het met die voet by 100 probeer hou waar verkeer dit toegelaat het maar meer gereeld effens vinniger gery - so 105. Die pad hierheen het baie opdraendes. My eerste sleep met die Prado was hierheen verlede Desember, en ek onthou ek was effe teleurgesteld. Dis omdat ek bang was vir die petrolverbruik. 

Ek het oppad terug baie lekker gesleep, want toe het ek die krag gebruik. Ek vermoed ek moet maar net dieselfde doen met die Ranger. Alhoewel ek gister nie teleurgesteld was oor die algemeen nie, het ek verwag dat dit makliker naby 100 sal bly teen steil opdraendes. Ek gaan hulle anders aandurf in die toekoms en kyk of ek self kan terug skakel na 4 voor die opdraende. Soos iemand gesê het; sy bakkie se rekenaar is slim, maar dit kan nie sien as daar ‘n opdraende voorlê nie.
 

Ek het wel teen die opdraende net na Gourtisrivier se brug waar daar twee bane is ‘n Prado 120 soos myne wat ‘n kleiner kampwa as die Kavango gesleep het maklik verbygesteek. En dis toe ek vergeet het om in Sport modus te ry. 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 28/12/2023 - 07:00

Môre Chris, dit lyk regtig baie lekker daar.

Al sien ek geen koelte daar nie, kan dit net lekker wees so met die netjiese opset van jou. (Sien jy het dieselfde stoel as ekyes)

Maak ek ook maar soos Len die laaste paar jaar, kyk nie meer met erns na die brandstof verbruik nie, kan nie meer ander voertuig koop nie.

Terug na jou onderwerp, julle moet dit geniet!!!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/12/2023 - 12:02

Chris, staan julle nou op 'n ander nommer as wat jy bespreek het vir 2024. Dit lyk nie na nr 33 nie, net te veel ander staanplekke agter jou.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 28/12/2023 - 14:07

Ons staan op nr 17. Ek was eers hartseer maar nou is ek bly. 30 (waar ons die laaste twee jaar gestaan het) is in die wind van die see af. En dit het maar lekker gewaai gistermiddag terwyl ons opgeslaan het. Ons kyk Oos. Dit beteken wel oggendson op ons sitkamer, maar ons het lekker privaatheid en ‘n mooi uitsig op ‘n duin met baie voëltjies.
 

As ons regs kyk sien ons die see tussen 29 en 30. En dis heelwat goedkoper. Ons was vanoggend op die strand en het nou kom vars goed kry by Grootbrak se SPAR, dan gaan ons weer terug. Dit bly maar ‘n lekker oord. Met die mooi dag en vol oord was daar vanoggend net 65 mense op die strand, ver uit mekaar met genoeg speelplek op die sand tussenin. Die badkamers is oorgedoen, maar werk nie meer met kodes nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/12/2023 - 15:56

...baie geluk, met meer sleeptogte gaan jy dalk nog beter doen. Is daardie syfer 'n bakkie-rekenaar syfer, of afstand gereis gedeel deur tenk volmaak syfer.

Het jy reggekom met handrat ry, sodat jy vooraf/betyds kan afrat 5 de toe. Tussen jou, die boekie, Grootwind en Stephan sal jy dit bemeester. 

Ongelukkig met my trokkie skakel ek direk na 4de toe, as ek dit uit Drive oorskakel na handrat. Ek moet in handrat-modus bly nadat ek dit gekies het, om dan beheer oor al 6 ratte te behou. Dan kan spoedbeheer nie gebruik word nie.   

0
Worcester

Wildehont

Thu, 28/12/2023 - 18:01

Die verbruik is km afgelê volgens die bakkie se afstand meter (wat reg behoort te wees want die spoedmeter is akkuraat) gedeel deur liters ingegooi sedert laaste volmaak die dag voor ons gery het in Worcester. As ek dit kon kry met al die gewig en die opdraendes het ek hoop vir die toekoms. 

0
Irene

Grootwind

Thu, 28/12/2023 - 18:07

Wessel, die groot voordeel van die Ranger se Sport Mode is die feit dat dit langer in 'n rat bly voordat dit na die volgende ene skakel (terloops die ratkas skakel nie noodwendig in volgorde tussen ratte nie, afhangende van 'n klomp inset parameters mag dit selfs ratte "spring" met beide op en afskakel). Ek vind met myne dat dit blitsvinnig skakel na 'n laer rat as mens 'n steil bult ingaan, sodanig so dat mens skaars agterkom dat die voertuig spoed verloor voordat dit afskakel na 'n laer rat). Nog nooit regtig gebodder om met die hand te skakel nie, nog nooit nodig gehad nie...terloops die Ranger se ratkas is ligjare voor die ene wat die Territory gehad het, die was partymaal geneig om redelik skielik te skakel, en dan was die skakeling nie te glad nie en gepaardgaande met 'n "stamp". Ranger se ratkas is in 'n ander klas...verstaan die nuwe 10-spoed eenhede is selfs nog beter. Terloops die Sport Mode verhoed ook grootliks sg. "hunting" tussen ratte waar die ratkas nie kan besluit watter rat om te kies nie en geneig is om willekeurig tussen ratte te soek.

Chris, die 40l/km syfer wat jy gesien het is nie ongewoon nie, selfs ligte motortjies soos Corolla's wys 'n skrikwekkende syfer as mens die pedaal skielik trap...meeste mense weet dit nie so dit pla nie. Daai syfer is 'n oombliklike syfer en is basies niksseggend...wat saak maak is die gemiddeld oor 'n afstand of tydperk. Stel voor jy kyk eenvoudig nie weer daarna nie!

0
Worcester

Wildehont

Thu, 28/12/2023 - 18:19

Daai syfer is 'n oombliklike syfer en is basies niksseggend...wat saak maak is die gemiddeld oor 'n afstand of tydperk. 

Ek weet dis hoe dit werk, en teen ‘n afdraende is die verbruik basies nul. Maar as mens ‘n roete ry soos die wat ons gister gery het en so gereeld die hoë syfers sien verwag jy die ergste by die pomp. My Ranger wys egter ‘n vol tenk op die meter totdat die tweede tenk se 40l klaar is en van die hoof tenk se diesel gebruik word. Ek het dus vir die joggie gesê ek verwag dat hy so 40l gaan ingooi, en dit was net onder dit toe die pomp afskop.
 

Ek gooi altyd net tot dit automaties afskop, want as jy die pyp ook volmaak en nie ver ry nie en die brandstof sit uit as die voertuig in die son staan dan stoot dit soms uit en bemors die voertuig. Terloops, die hedendaagse Fords het ‘n vreemde ontwerp met die klappie van die bradstoftenk wat nie kan sluit nie. Dit maak brandstof steel baie maklik.  Of is daar is siffie in die pyp wat dit voorkom?

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 28/12/2023 - 19:31

Eintlik moet ek nie saamgesels nie, want die Rangers is in 'n ander klas as die Hiluxe. devilEk vermoed dat die ratkaste en programering daarvan, ook moontlik hemelsbreed verskil.

Dus, sommer 'n los gedagte wat seker maar ook sal geld vir die Rangers, wat ek navolg;

1] ek sleep amper altyd met spoedbeheer, en skakel dit af teen afdraendes. Ek haat dit as die bakkie probeer rem en selfs afrat bloot om spoed te behou. Dis nou teen veilige reguit afdraendes wat dadelik opgevolg word met 'n bult.

2] Ek gebruik handrat uitsluitlik teen bergpasse af wat dit regverdig, as voorbeeld Magoebaskloof. 

Chris: 'n Windhoek draught sal lekkerder smaaklaugh

0
Worcester

Wildehont

Thu, 28/12/2023 - 19:55

Dit was my eerste sleep met die Ranger, so ek het dit self laat besluit. Ek het wel natuurlik vergeet om na Sport modus te skakel na die stop in Riversdale, maar ek vermoed die verkeer wat ons meestal beperk het tot 80 en die minder opdraendes het voorkom dat dit probleme veroorsaak het. 
 

Ek sal ‘n keer of wat kyk wat maak dit as ek probeer afrat na 4de voor die opdraende begin. Soos Grootwind verduidelik het is dit moeilik om te bepaal in watter rat die Ranger is. Myne wys in elk geval net D met ‘n klein s langsaan as dit in sport modus is. Net as mens die ratte self verander wys dit in watter rat die bakkie is. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 29/12/2023 - 07:02

'n Windhoek draught sal lekkerder smaak

WH was drie liter diesel ‘n kis duurder.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/12/2023 - 08:18

....sleep ek mos met 'n minder dorstige trokkie, en kan dus windhoek bekostig.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/12/2023 - 08:26

.....ook na amper 2 jaar om "power" = "sport" mode, te skakel. So teen die 2de steilte vang dit my oog op die instrumentepaneel, en dan druk ek maar die knoppie.

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 09/01/2024 - 06:59

Die Ranger is ‘n baie lekker sleepvoertuig. Die ratkas is slimmer as ek, en die enjin het meer as genoeg woema. Die verbruik is natuurlik heelwat beter as die van die Prado, en ry gerief is nie sleg as die bakkie gelaai is en die Kavango op sleeptou het nie. Die kombinasie is stabiel, ten spyte daarvan dat die bakkie gelig is, en die wa dus effe neus in die lug staan. 
 

Daar is net twee probleempies. Die Kavango se rem/parkeerligte is LED. Die flikkerligte het nog die ou gloeilampe. As mens die hoofligte aansit flikker die wa se parkeerligte aanhoudend. Die remligte en flikkerligte werk soos dit moet. Mens moet blykbaar ‘n trailer patch harness koop wat jy inprop tussen die bakkie en die wa. Dit sal die probleem oplos. Ek moet nog by Ford uitvind wat dit gaan kos. Voor ons weg is Dwarswegstrand toe, toe ek die probleem agterkom was Ford toe. 
 

Die ander probleem is by die kappie. Dit werk baie lekker en is ordentlik aanmekaar gesit. As die bakkie stilstaan in die reën, lek dit egter. Ons het in reën gery oppad terug eergister, en daar het nie ‘n druppel water ingekom nie. Ek vermoed dit lek aan die voorkant waar dit op die bak rus. Die sykante van die bak is ‘n mm of twee hoër as die voorkant. Ek dink die water wat daar afloop, loop in die bak in onder die kappie.
 

Wat my bietjie warm onder die kraag maak, is dat ek vir die installeerder gevra het of hulle dit nie gaan toets vir waterdigtheid nie. Hulle het die een wat hulle voor myne opgesit het getoets. Hulle sê toe dis onnodig want hulle het dit getoets op die bakkie waarop dit voorheen was. Nou moet ek teruggaan sodat hulle dit kan seël. Nie my idee van goeie diens nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 09/01/2024 - 07:37

Chris S, my vorige veselglas kappie het ook stilstaande gelek. Ek het die vermoede gehad dat die water afloop en by die voorste venster-rubber ingelek het. As jy ry, waai die water van die dak af, en weinig/geen water beweeg tussen kajuit en kappie af nie.

Dit kan dalk so iets by jou ook wees.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus