Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -4 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -5 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -5 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -6 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Worcester

Wildehont

Tue, 09/01/2024 - 08:09

Wessel, ek het self in die kappie geklim en Salomien laat water spuit met die spuit gestel op sproei. Die water het by die voorste hoeke ingeloop. Dis toe ek buite kyk en sien die sykante van die bak is ‘n mm of twee hoër as die voorkant. Ek het die boute op die hegstukke in die hoeke verstel om die rubber onderaan die kappie se raam te probeer kry om beter te seël maar dit het nie gewerk nie. 
 

Soos ek genoem het, moes ek wag vir hulle om klaar te maak met ‘n kappie wat hulle op ‘n Navara gesit het toe ek daar was, en ek het gesien hoe toets hulle dit vir water lek op dieselfde manier as wat ek en Salomien getoets het. Ek verwag dieselfde diens. Ek het aangedring op die standaard 3 jaar waarborg al was die kappie tweedehands en het dit gekry. Ek gaan dus terug. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 09/01/2024 - 09:21

Ek het aangedring op die standaard 3 jaar waarborg al was die kappie tweedehands en het dit gekry. Ek gaan dus terug. 

Goed so. Hulle moet regmaak. Dit is net die ongerief. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 11/01/2024 - 08:45

Hierdie week is heel party besighede nog gesluit hier. Die skole begin eers 17 Januarie, so baie mense is nog met vakansie. Dis die laaste keer wat die kus provinsies se skole later begin as die binnelandse provinsies. Van die Maart skoolvakansie af sluit en begin die hele land se skole op dieselfde datums. Ek dink dis ‘n fout. Dit plaas meer druk op die verkeer en paaie en ook op die vakansiedorpe en fasiliteite. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 11/01/2024 - 14:24

…vertel ek maar die brokkie nuttelose inligting. Ek was by Jaffe’s Ford om uit te vind oor die trailer patch control wat die flikker van die Kavango se LED ligte moet voorkom. Die verkoopsman het dadelik geweet waarvan ek praat, en een gaan haal om dit vir my te wys. 
 

Dis ‘n vroulike sleepwa sok soos die een wat agter langs ‘n voertuig se haak gemonteer word, met manlike prop soos die van ‘n sleepwa/karavaan wat by die voertuig se sok inprop aan die ander kant van ‘n kabel van omtrent 40cm. Dit moet by die Ranger se vroulike sok ingeprop word, en die Kavango se manlike prop by die sok aan die ander punt van die kabel.
 

Dis baie onprakties en kos R572. Die vroulike sok aan die een punt is boonop plastiek. Die manlike prop aan die ander punt is darem metaal. En dan sit mens met die ekstra lengte draad en ‘n sok wat in die lug hang tussen Ranger en Kavango. Anders moet jy die gedoente aan die Ranger se trekstang vasmaak, maar dan sit jy met ‘n plastiek sok waarby jou wa moet inprop. 
 

Ek gaan by Hein die auto-elektrisiën uitvind of hy nie die nodige resistors op die bestaande sok kan inbou om die weerstand reg te kry sodat die LED ligte van die Kavango nie flikker as ek die Ranger se hoofligte aansit nie. Die verkoopsman het gesê die regte auto-elektrisiën sal weet hoe om dit te doen. Ek is net bang dit beduiwel dalk die BCU se brein. Ek sal graag wil hoor wat Grootwind sê. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/01/2024 - 15:01

O gaats Chris, ek het vergeet die probleem was voorheen ook genoem. Dalk onder "Kavango probleme" waar ek gesels het oor my LED ligte.

Ek het verlede jaar my Kavango se ligte almal vervang met LED's. Ek het elke kant;

gele vir flikkerlig 

'n kombinasie lig met rooi vir rem, nog aparte rooi vir ryligte en 'n kleiner geel deel binne vir flikkerlig.

Uiteraard as ek dus 'n flikkerlig aansit, flikker daar 2 ligte, die groot aparte gele, en die klein geel deel in 2 de lig.

Ek het nog nooit werklik gaan kyk/toets of daar wanorde uitbreek as die hoof- ryligte ligte aan is nie. Ek gaan baie bemoerak wees, want ek het die 4 ou ligte vir 'n vriend letterlik geskenk.

  

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 11/01/2024 - 15:12

Wessel, ek dink dis dalk net ‘n Ranger probleem. Soos Grootwind verduidelik het, het die Ranger twee breine. Die ECU wat die enjin beheer en die BMU wat ligte en ander goed beheer. Kyk maar en laat weet. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 11/01/2024 - 17:24

Julle sleepgoed is te nuut en daarom ervaar julle sulke kar-brein-probleme.  My sleepkombinasie (Pathfinder 11 jr oud en Exclusive 19 jr oud) sukkel nie met ligte en sulke goeters nie.

.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/01/2024 - 17:36

...ek dog jou goed is so oud dat jy nog moet kerse opsteek vir parkeerligte en parafienlampe vir domp.laugh

Grappies op 'n stokkie, dis darem onverstaanbaar dat nuwerwetse voertuie se hoë tegnologie mens so kan pootjie.  

Hier by ons is ligte nie 'n prioriteit nie, ons ry nie meer in die skemer en donker nie. Ek het myne verkoop vir drankgeld, net flikkerligte gehou. 

0
Worcester

Wildehont

Fri, 12/01/2024 - 09:59

dis darem onverstaanbaar dat nuwerwetse voertuie se hoë tegnologie mens so kan pootjie.  

Hier by ons is ligte nie 'n prioriteit nie, ons ry nie meer in die skemer en donker nie.

Na my mening is dit ‘n ontwerpfout. Ford moes dit getoets het, en reeds die resistors ingebou het in die sok om te voorkom dat LED ligte flikker of nie reg werk nie. Die bakkie het met ‘n haak en sok vir sleepwa ligte uitgekom, dis nie na die tyd opgesit nie. Dit is dus Ford se fout, niemand anders s’n nie. 
 

Dit Ranger het soos meeste voertuie Deesdae running ligte voor wat nie afgeskakel kan word nie. Van voor af is dit dus sigbaar. Ek skakel egter my hoofligte aan op gedompte verstelling wanneer ek langpad ry. Dit doen ek in die dag ook, en ry ook sover moontlik net in die dag.
 

As die bakkie se hoofligte aan is, is die wa se parkeerligte ook aan en is dit meer sigbaar in toestande soos reën wat sproei veroorsaak wat deur die wiele en turbulensie opgegooi word ook nog. Die Kavango het wel weerkaatsers soos deur die wet vereis, maar as die persoon agter jou se ligte af is help dit niks. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/01/2024 - 15:14

Middag Chris S

Het die ouens al jou kappie se lek reggemaak.?? Sommer nuuskierig om te hoor wat hulle moes doen. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 07/02/2024 - 16:17

Ek gaan dalk pakslae kry hieroor, maar gegewe die Ranger se ouderdom het ek na aanleiding van Pierre Nolte se raad (wat bevestig is deur verskeie forums hier en in Australië en ander eienaars) besluit om die EGR en DPF te laat uithaal/omseil. Daar was al ‘n hele paar gevalle waar die verkoeler van die EGR op die voertuie opgepak het, en in sy ergste vorm lei dit daartoe dat jy water verloor wat die enjin (en in die outo se geval die ratkas) verkoel. Uiteraard kan dit tot groot en duur skade lei. Die uitlaatgas wat deur die enjin gaan kan ook lei tot die opbou van ‘n koolstof neerslag. 
 

Dis ‘n duur besigheid om dit te laat omseil, want op die 3.2 outo sit die EGR op ‘n baie moeilike plek en dit vat heel dag. Dan moet ‘n program gekoop en gelaai word om die ECU nie die voertuig in limp mode te laat plaas as dit agterkom die EGR werk nie meer nie. Dit kos altesaam R5000 waavoor ek glad nie begroot het nie.
 

Dan kom daar nog ‘n diens by met moontlik ‘n paar ander onderdele wat vervang moet word. Dis maar die ding van ouer voertuie. Gelukkig weet ek dan die voertuig behoort my so lank te hou as wat ek dit benodig. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 07/02/2024 - 16:35

Middag Chris S,

ek kan nie slae uitdeel nie, want ek het geen idee waarvoor die afkortings staan nie.

DPF = diesel particulate filter ???

EGR, sekerlik niks met katalisator te doene nie.

Jou voertuig mag oud wees, MAAR dit het mos MIN kilo's geloop. Rerig noual nodig. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 07/02/2024 - 17:14

My Toyota se Egr is binne die eerste week " ontkoppel" dit was n eenvoudige taak, ek het slegs die pypie wat vacuum verskaf om dit oop te maak, ontkoppel en toegemaak. Dit is nou as jou EGR staan vir exhaust gas recirculation. Dit het uit en uit te doen om ń hoeveelheid uitlaatgas te hersirkuleer. Morsige besigheid om vir ń enjin vuil uitlaatgas te laat inasem. My opinion.

DPF weet ek nie van nie, maar as dit n particle iets is, sal ek maar verbyhou met afblank.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 07/02/2024 - 17:22

EGR staan vir exhaust gas recirculation. Dit het uit en uit te doen om ń hoeveelheid uitlaatgas te hersirkuleer. Morsige besigheid om vir ń enjin vuil uitlaatgas te laat inasem.

Dis die ander rede om dit uit te skakel. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 07/02/2024 - 17:52

As alle Ford Ranger eienaars dit doen, gaan al hierdie Fords lekker skoon asem haal en ons mense in die omgewing gaan die vuil uitlaatgas inasem.

As Ford ingenieurs dit goedgedink het om hul enjins so te ontwerp dat dit minder skadelik is vir mense op ons planeet, haal ek my hoed vir hulle af en dink die betrokke instrument moet eerder behou word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus